Pous Pius I
Pous Pius I | |
---|---|
Geboortenaam | Pius |
Pontifikaat begin | 140 of 146 |
Pontifikaat eindig | 157 of 161 |
Voorganger | Higinus |
Opvolger | Anicetus |
Gebore | Aquileia, Illyrië, Italië |
Sterf | 157 of 161 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Pius |
Pius I was die tiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Pius I[1] is in Illyrië gebore vermoedelik in die dorp Aquileia in Noord-Italië en oorlede in 157 of 161. Die naam Pius beteken “Die Vrome”. In 140 of 146 volg hy Pous Higinus op en word na sy dood opgevolg deur Pous Anicetus. Sy vader se naam was Rufinus en sy broer Hermas. Hermas was waarskynlik die skrywer van Die Herder van Hermas. Hermas noem homself 'n slaaf, dit versterk die vermoede dat Pius I self 'n vrygelate slaaf was.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Hy word beskou as die oprigter van een van die oudste kerke in Rome, die Santa Pudenziana. Hy het baie met die gnostisisme te kampe gehad.
Verering
[wysig | wysig bron]Pius I sou met 'n swaard vermoor gewees het. Hy word as martelaar en heilige vereer en word in die brevier genoem. Sy feesdag is op 11 Julie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Duchesne, (Ed.) Liber Pontificalis, I.
- Preuschen, (Ed.) Analecta I, Tubingen 1910.
- ↑ Pius I, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Pius I. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Higinus |
Biskop van Rome 140 – 154 |
Opgevolg deur Anicetus |