Gaan na inhoud

Pous Gregorius I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Gregorius I die Grote
Geboortenaam Gregorius Anicius
Pontifikaat begin 3 September 590
Pontifikaat eindig 12 Maart 604
Voorganger Pelagius II
Opvolger Sabinianus
Gebore ±540
Rome, Italië
Sterf 12 Maart 604
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Gregorius
Sint Pous Gregorius I
Gebore ±540, Rome, Italië
Sterfte 12 Maart 604, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Oosters-Ortodokse Kerk
Anglikaanse Gemeenskap
Lutheranisme
Heiligverklaring 1295, Rome deur Pous Bonifatius VIII
Feesdag 3 September (Rooms-Katolieke Kerk)
12 Maart (Oosters-Ortodokse Kerk, Anglikaanse Gemeenskap, Lutheranisme)
Beskermheilige Musikante, studente, onderwysers[1]

Gregorius I was die 64ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. In die Oosters-Ortodokse Kerk word hy Gregorius Dialogus genoem.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Gregorius I is in Rome gebore ongeveer in die jaar 540. Sy oupagrootjie se pa was Pous Felix III. Sy pa se naam was Gordianus en sy ma was Sint Silvia. Op 3 September 590 volg hy Pous Pelagius II op en regeer tot sy dood op 12 Maart 604. Hy word opgevolg deur Pous Sabinianus. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Pous Gregorius I was baie beïndruk deur die reglement van die Benediktyne-kloosterorde. Hy het 'n biografie van Sint Benedictus van Nursia die stigter van die kloosterorde geskrywe waardeur die orde nog meer populêr geword het. Hy was ook 'n aanhanger van Augustinus van Hippo.

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]

Gregorius staan bekend as 'n goeie administrateur en organiseerder. In 573 word hy prefek van Rome, maar besluit om monnik te word. Hy herorganiseer die finansies van die pousdom. By die invalle van die Lombarde het hy persoonlik na die verdediging van Rome omgesien en vir vrede onderhandel. Hy het Augustinus van Kantelberg as sendeling na Brittanje gestuur. Gregorius het die mag van die pous en die biskoppe uitgebrei. Hy lê die teoretiese basis vir die leiding van die kerk. Die Gregoriaanse Kerksang is na hom genoem hoewel dit reeds lank voor die tyd bestaan het.

Pous Gregorius I is bekend vir sy boek "Dialoog". Dit het die hagiografie (lewensbeskrywing van heiliges) lank beïnvloed. Die "Moralia in Job" oor die Bybelboek Job, is in die Middeleeue baie gelees. Van sy "Kommentaar op Hooglied" het ongelukkig net 'n klein deel behoue gebly. In die "Regula pastoralis" gee hy aanwysings vir priesters oor die uitvoering van hulle pligte. Gregorius I is een van die vier Kerkvaders van die Rooms-Katolieke Kerk.

Volgens 'n bekende legende voorspel hy die dood van die Heilige Serafina.

Verering

[wysig | wysig bron]

Pous Gregorius I is deur Pous Bonifatius VIII heilig verklaar in 1295. Sy feesdag is op 3 September in die Rooms-Katolieke Kerk en die Anglikaanse Kerk. In die Oosters-Ortodokse Kerk en die Evangelies-Lutherse Kerk in Amerika is dit op 12 Maart.

Pous Gregorius I is die beskermheilige van kerkskole, myne, koorsang, onderwysers, skoliere, studente, sangers, musikante, messelaars en knoopmakers. Hy word aangeroep teen jig en builepes.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "St. Gregory the Great" (in Engels). Website of Saint Charles Borromeo Catholic Church. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019. Besoek op 15 November 2016.
  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. bl. 62–63. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, bl. 47. ISBN 0-500-01798-0.
  • Joost van Neer, Anke Tigchelaar en Gerard Bartelink, Gregorius de Grote, Je borsten zijn zoeter dan wijn, Commentaar op Hooglied (Expositio in Canticis canticorum), Damon Budel 2007 – ISBN 978-90-5573-820-5

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedia.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Pelagius II
Pous (Pontifex Maximus)
590604
Opgevolg deur
Sabinianus