Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die T20I-wêreldbeker 2024 (Engels: 2024 ICC Men's T20 World Cup) is van 1 tot 29 Junie 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië beslis. Dit was die negende T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die eerste kriekettoernooi ooit in die Verenigde State, terwyl Wes-Indië voorheen die 2010-toernooi aangebied het. Daarbenewens was die Verenigde State die eerste medegasheer in die Amerikas buite Wes-Indië. Die vyf Karibiese eilandstate Antigua en Barbuda, Barbados, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadine en Trinidad en Tobago, asook Guyana en die Verenigde State het gesamentlik opgetree as gashere vir dié toernooi, meer as by enige ander T20I-wêreldbekertoernooi. Dit was ná die Krieketwêreldbeker 2007 en die T20I-wêreldbeker 2010 die derde vername kriekettoernooi in Wes-Indië. Die T20I-wêreldbeker 2024 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die 16 van die vorige vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 20 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die twee gashere (die Verenigde State en Wes-Indië), die agt beste spanne van die vorige toernooi (Australië, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 14 November 2022 (Afghanistan en Bangladesj) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. In Julie 2023 het Ierland en Skotland die twee Europese plekke bepreek, terwyl Papoea-Nieu-Guinee die Oos-Asiatiese-Stille-Oseaan-plek bespreek het. In Oktober 2023 het Kanada as Amerikaanse kwalifiseerder gevolg en een maand later Nepal en Oman as Asiatiese kwalifiseerders, asook Namibië en Uganda as Afrikakwalifiseerders. Engeland was die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2022 gewen het. Afghanistan, Engeland, Indië en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Suid-Afrika het Afghanistan geklop en Indië vir die verdedigende wêreldkampioen Engeland, waardeur Indië en Suid-Afrika mekaar in die eindstryd ontmoet het. Indië het Suid-Afrika in die eindstryd op die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados, met sewe lopies verslaan en sodoende ná 2007 sy tweede T20I-wêreldbekertitel ingepalm, waarmee hulle ná Wes-Indië in 2016 en Engeland in 2022 die derde span geword het wat die T20I-wêreldbekertrofee vir ’n tweede keer kon wen. Die gashere die Verenigde State en die tweemalige wenner Wes-Indië is in die Super Agt uitgeskakel. Namibië is ná een oorwinning en drie nederlae reeds in die eerste rondte uitgeskakel.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat die Franse stad Colmar in Elsas 48 jaar lank 'n Duitse stad was? Dit was van die Pruisies-Franse Oorlog in 1871 tot met die Verdrag van Versailles in 1919. ... dat 'n eland tot 1 000 kilogram kan weeg? Dit maak die eland die grootste van die boksoorte, alhoewel hy, nes die buffel, tot die subfamilie "beesagtiges" behoort. ... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie. ... dat daar absoluut niks tussen 3 en 13 September 1752 gebeur het nie? In hierdie maand is die Juliaanse kalender in Brittanje en sy Amerikaanse kolonies met die Gregoriaanse kalender vervang. Die nuwe kalender was 11 dae voor die ou een; dus het 14 September direk op 2 September gevolg. ... dat die "Kop"-paviljoen by Liverpool se Anfield-stadion vernoem is in eerbied van die Slag van Spioenkop? 300 Britse soldate het in die slag gesneuwel en 1 653 is gewond. Teenswoordig is dit die gewoonte in Engels om na enige steil paviljoen as 'n "kop" te verwys.
![]() Vandag in die geskiedenis
![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|