Pous Clemens XI
Pous Clemens XI | |
---|---|
Geboortenaam | Gianfrancesco Albani |
Pontifikaat begin | 23 November 1700 |
Pontifikaat eindig | 19 Maart 1721 |
Voorganger | Innocentius XII |
Opvolger | Innocentius XIII |
Gebore | 23 Julie 1649 Urbino, Italië |
Sterf | 19 Maart 1721 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Clemens |
Clemens XI was die 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 20 jaar, 3 maande en 25 dae, van 1700 tot 1721. Hy word veral onthou weens sy bul "Unigenitus" en sy betrokkenheid by die Spaanse suksessie-oorlog.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Clemens XI[1][2] is gebore as Gianfrancesco Albani (ook Giovanni Francesco Albani) op 23 Julie 1649 in Urbino, Italië. Hy is van Albanese afkoms uit die omgewing van die Kurbini-meer. Sy voorouer Michel Laçi, het Albanië verlaat met sy twee seuns George en Philippe wat is die leër van Skanderbeg teen die Turke geveg het. Hulle vestig hulle in Urbino en neem die naam Albini aan. George het twee seuns, Altobelli en Hannibal. Op sy beurt het Altobelli ook twee seuns, Horatius en Charles. Horatius trek na Rome en word benoem as senator deur Pous Urbanus VIII. Charles was die pa van Gianfrancesco. Gianfrancesco word opgelei deur die Jesuïte in Rome. Hy was 'n briljante student en het onder die aandag gekom van koningin Christina van Swede. Op 28-jarige ouderdom word hy prefek van Rieti. Vervolgens kry hy poste in Sabina en Orvieto. By sy terugkeer na Rome word hy vikaris van die Sint Pieterskerk en sekretaris van pouslike briewe. Op 13 Februarie 1690 word hy kardinaal-diaken van Santa Maria in Aquiro, maar word eers priester in September 1700. Op 23 November 1700 volg hy Pous Innocentius XII op. Hy was nie 'n biskop nie en word op 30 November 1700 biskop gewy en op 8 Desember 1700 as pous gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili. Hy regeer tot sy dood op 19 Maart 1721 en word opgevolg deur Pous Innocentius XIII. Die naam ‘Clemens’ beteken 'sagmoedige'.
Kerklike loopbaan
[wysig | wysig bron]- 10 April 1690 – Kardinaal-diaken van S. Maria in Aquiro.
- 22 Mei 1690 – Kardinaal-diaken van S. Adriano al Foro.
- 30 Maart 1700 – Kardinaal-priester van S. Silvestro in Capite.
- 23 November 1700 – Pous van Rome.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Na die dood van Pous Innocentius XII het die kardinale aanvanklik vir kardinaal Mariscotti verkies, maar Frankryk het sy veto gebruik. Die kardinale het toe kardinaal Albani verkies as Pous Clemens XI[3] Hy was 51 jaar oud. Sy pontifikaat is gekenmerk deur die Spaanse suksessie-oorlog. Karel V sterf tydens die konklaaf. Clemens steun aanvanklik Philippe V van Frankryk wat hom die gramskap van die Oostenrykers op die hals haal en ook probleme gee met investituur van die koninkryk van Napels en Sisilië. Die Oostenrykers onder leiding van keiser Joseph I, verower die noorde van Italië en die Franse kom nie die pous help nie. Hy word gedwing om Karel, aartshertog van Oostenryk as koning van Spanje te aanvaar op 15 Januarie 1709.
Clemens XI het twee bulle teen die Jansenisme uitgegee, "Vineam Domini" op 16 Julie 1705 en "Unigenitus" op 8 September 1713. Unigenitus het veral die Franse kerk getref omdat dit die 101 stellings van Quesnel as ketters veroordeel het. Hy het ook die fees van Maria se Onbevlekte Ontvangenis ingestel op 6 Desember 1708 en Pous Pius V heilig verklaar. In 'n brief van 23 April 1718 stig hy die pouslike akademie vir teologie in Rome.
Hoewel hy in Italië gebore is, het Clemens Albanië as sy vaderland beskou. Hy gee verskeie beurse aan Albanese om in Rome te kom studeer. Hy organiseer die konsilie van Merqine de Lezhe om die islamitiesering van sy land teen te werk. Hy het ook die beroemde "Illyricum Sacrum" laat opstel deur Daniele Farlati en Dom. Coletti. "Illyrium" was destyds die naam vir die Balkanstreek wat Albanië insluit. Dit is vandag nog een van die vernaamste bronne vir die studie van Albanië en omstreke.
Die familie Albani het uitgesterf in 1852 met die dood van prins Don Philippe, laaste seun van Horatius III.
Die kollege van kardinale
[wysig | wysig bron]Pous Clemens XI het 70 nuwe kardinale aangestel in 15 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.
Saligverklarings
[wysig | wysig bron]- 29 Desember 1700 – Jakov Varingez.
- 11 September 1702 – Peregrine Laziosi.
- 11 September 1704 – Johannes van Perugia.
- 11 September 1704 – Peter van Sassoferrato.
- 1 Maart 1710 – Lucia Broccadelli van Narni.
- 27 Augustus 1712 – Ceslas Odrowaz.
- 8 Julie 1713 – Pous Gregorius X.
- 1713 – Liberatus van Loro.
- 24 Mei 1716 – Johannis Frans Régis.
- 1 Desember 1717 – Die sewe stigters van die Orde van die Serviete (Alexis Falconieri, Bartholomew degli Amidei, Benedict dell’Antella, Buonfiglio Monaldi, Gherardino Sostegni, Hugh dei Lippi-Uguccioni en John Buonagiunta Monetti)
Heiligverklarings
[wysig | wysig bron]- 20 Mei 1705 – Theresa van Portugal.
- 13 Desember 1705 – Sancha van Portugal.
- 22 Mei 1712 – Caterina dei Vigri (Catherine van Bologna).
- 22 Mei 1712 – Felix van Cantalice.
- 22 Mei 1712 – Pous Pius V.
- 10 Junie 1712 – Andreo Avellino.
- 27 Januarie 1720 – Humility (Rosanna).
Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete
[wysig | wysig bron]- 16 Julie 1705 – "Vineam Domini" Teen Jansenisme.
- 8 September 1713 – "Unigenitus" Teen Jansenisme.
- 1715 – "Ex Illa Die" Teen die toleransie van Confusianisme.
- 8 September 1718 - "Pastoralis officii" Ekskommunikasie van die Jansenistiese Appellante.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.
- ↑ Clement XI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑ Loughlin, J. (1908). Pope Clement XI. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek: Januarie 29, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/04029a.htm.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
- Bulle 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
- VH Inskrywing in die Vatican History (in Duits).
- CA Inskrywing in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
- Inskrywing in die Catholic Hierarchy (Engels)
- Inskrywing in die Giga Catholic Information (Engels).
Wikimedia Commons bevat media in verband met Clemens XI. |
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Innocentius XII |
Pous (Pontifex Maximus) 1700 – 1721 |
Opgevolg deur Innocentius XIII |
Basis URL: fr:Clément XI