Gaan na inhoud

Pous Gregorius XV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Gregorius XV
Geboortenaam Alessandro Ludovisi
Pontifikaat begin 9 Februarie 1621
Pontifikaat eindig 8 Julie 1623
Voorganger Paulus V
Opvolger Urbanus VIII
Gebore 9 Januarie 1554
Bologna, Italië
Sterf 8 Julie 1623
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Gregorius

Gregorius XV was die 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1621 tot 1623. Weens sy swak gesondheid stel hy sy nefie Ludovico Ludovisi aan as staatsekretaris en die regeer namens die pous.

Biografie

[wysig | wysig bron]

Pous Gregorius XV [1]is gebore as Alessandro Ludovisi op 9 Januarie 1554 in Bologna, Italië. Hy was een van die sewe kinders van Pompeo Ludovisi, graaf van Samoggia en sy vrou Camilla Bianchini. Hy ontvang onderrig aan die Collegio Romano van die Jesuïte in Rome en studeer kerkreg en Romeinse reg aan die Universiteit van Bologna. Op 12 Maart 1612 stel Pous Paulus V hom aan as aartsbiskop van Bologna en stuur hom op 13 Augustus 1616 as nuntius na die hertog van Savoje om te bemiddel tussen Charles Emmanuel I, hertog van Savoje en koning Philip III van Spanje oor die markisaat van Montferrat. Op 19 September 1616 stel Pous Paulus V hom aan as kardinaal. Ludovisi bly in Bologna tot die dood van Pous Paulus. Op 9 Februarie 1621 volg hy Pous Paulus V op en word gekroon op 14 Februarie 1621 deur kardinaal Andrea Baroni Peretti Montalto. Hy regeer tot sy dood op 6 Julie 1623 en word opgevolg deur Pous Urbanus VIII. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]

Pous Gregorius XV[2] word verkies deur die invloed van kardinaal Borghese tot 'n oorgangspous, weens sy ouderdom en sy swak gesondheid. Op die derde dag van sy pontifikaat stel hy sy neef Ludovico Ludovisi aan as kardinaal en staatsekretaris. Gelukkig vir die pous en die Kerk, het Ludovico hom goed van sy taak gekwyt, hoewel hy hom skuldig gemaak het aan nepotisme. Orazio 'n broer van die pous is aangestel as die aanvoerder van die pouslike troepe. Orazio is ook in die adelstand van Rome verhef en tot hertog van Fiano. 'n Ander broer word hertog van Zagarolo. 'n Tweede neef, Niccolò word prins van Piombino en Heer van Elba omdat hy trou met die erfgename op 30 Maart 1632.

Pous Gregorius XV met sy neef kardinaal Ludovico Ludovisi.

Behalwe vir sy ondersteuning van keiser Ferdinand II en die Katolieke Liga teen die Protestante, met een miljoen goue dukate en sy steun vir die Poolse koning Sigismund III Wasa teen die Turke, het die pous nie ingemeng in die Europese politiek nie. Op 20 Maart 1623 vaardig hy sy konstitusie "Omnipotentis Dei" teen towenaars en hekse uit. Dit was die laaste pouslike geskrif teen heksery. Sy bulle "Aeterni Patris" van 15 November 1621 en "Decet Romanorum pontificem" van 12 Maart 1622 reguleer pouslike verkiesings. Op 6 Januarie 1622 stig hy die "Congregatio de propaganda fide" (Kongregasie vir die voortplanting van die geloof) met die bul "Inscrutabili divinae providentiae".

Heiligverklarings

[wysig | wysig bron]

Pous Gregorius XV het ook Aloysius Gonzaga en Peter van Alcantara salig verklaar.

Bulle, Ensiklieke en Dekrete

[wysig | wysig bron]
  • 15 November 1621 – "Aeterni Patris" oor poulike verkiesings.
  • 6 Januarie 1622 – "Inscrutabili divinae providentia" stig die Congrgatio de propaganda fide.
  • 12 Maart 1622 – "Decet Romanorum pontificen" oor pouslike verkiesings.
  • 20 Maart 1623 – "Omnipotentis Dei" teen towenaars en hekse

Die Kollege van Kardinale

[wysig | wysig bron]

Pous Gregorius het elf nuwe kardinale (drie van hulle familielede) aangestel in vier konsistories.

Die konsistorie van 15 Februarie 1621

[wysig | wysig bron]
  • Ludovico Ludovisi, kardinaal-nepoot.

Die konsistorie van 19 April 1621

[wysig | wysig bron]
  • Antonio Caetani, aartsbiskop van Capua.
  • Francesco Sacrati, titulêr aartsbiskop van Damasco.
  • Francesco Boncompagni, kardinaal-nepoot.
  • Ippolito Aldobrandini, junior.

Die konsistorie van 21 Julie 1621

[wysig | wysig bron]
  • Lucio Sanseverino, aartsbiskop van Salerno.
  • Marcantonio Gozzadini, kardinaal-nepoot.

Die konsistorie van 5 September 1622

[wysig | wysig bron]
  • Cosimo de Torres, titulêr aartsbiskop van Adrianopolis.
  • Armand-Jean du Plessis de Richelieu, biskop van Luçon, Frankryk.
  • Ottavio Ridolfi, biskop van Ariano.
  • Alfonso de la Cueva-Benavides y Mendoza-Carrillo, ambassadeur van die Spaanse koning in België.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gregory XV. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Ott, M. (1910). Pope Gregory XV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Junie 28, 2010 by: http://www.newadvent.org/cathen/07004b.htm

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Saamgestel en vertaal uit die nl:Paus Gregorius XV, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Paulus V
Pous (Pontifex Maximus)
1621 – 1623
Opgevolg deur
Urbanus VIII
Voorafgegaan deur
Scipione Borghese
Aartsbiskop van Bologna)
1612 – 1621
Opgevolg deur
Ludovico Ludovisi