Wikipedia:Geselshoekie
- Wikipedia:Welkom nuwelinge wat veral op nuwelinge gemik is.
- Wikipedia:Gebruikersportaal vir nuttige skakels vir alle gebruikers.
- Wikipediabespreking:Geselshoekie vir bespreking van die toekoms van hierdie bladsy.
- Taalforum vir besprekings oor taalprobleme. Die juiste terme, spellings ensomeer.
Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die
Argief
| ||
---|---|---|
2004-06 | 2007 | 2008 |
2009 | 2010 | 2011 |
2012 | 2013 | 2014 |
2015 | 2016 | 2017 |
2018 | 2019 | 2020 |
2021 | 2022 | 2023 |
2024 | ||
Hoe word 'n argief aangelê? |
Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon () te kies op die redigeringskieslys.
Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.
Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.
Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans
Versoek aan alle gebruikers: AW Skryfkompetisie vir hoërskole 2024
[wysig bron]Beste gebruikers
Ek wil graag versoek dat u nie te vinnig sal wees om veranderinge aan nuwe artikels tot en met 15 Oktober 2024 te maak nie. Leerders het reeds en gaan nou al hoe meer hul artikels vir die skryfkompetisie oplaai en dit neem baie administrasie om per e-pos die proses met hulle te koördineer en te verseker dat ek hulle artikels met die Wedstrydsjabloon kan beskerm. Ek probeer sover moontlik met die skep van nuwe gebruikers wat deelnemers aan die kompetisie is, op hul gebruikerblad aandui dat hulle aan die kompetisie deelneem. Daar glip egter elke nou en dan wel 'n gebruiker deur.
Ek vra dus groot asseblief dat u geduldig sal wees gedurende hierdie tydperk en die nuwe onervare gebruikers, wat werklik entoesiasties is en 'n positiewe bydrae wil lewer, die kans sal gee om te leer en foute te maak.
Hierdie kompetisie kan net suksesvol wees met u, die ervare en getroue gebruikers, se ondersteuning.
Vriendelike groete Woordgenoot (kontak) 09:10, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Gebruiker:Aliwal2012 en Gebruiker:Rooiratel, kan julle asb die artikels Geslagsdisforie en Genderdisforie hetstel tot waar dit was vanoggend?. Die skolier Hierdie gebruiker is 'n deelnemer aan die Afrikaanse Wikipedia skryfkompetisie vir hoërskole 2024. se artikel is 24K-grepe groot, sover my kennis strek 'n nuwe skolerekord! Met hierdie standaard kan die artikel maklik in die top 10 wees! Ek het gisteraand vermoed dat sy 'n skolier is, maar kon dit vanoggend laat eers bevestig kry. Net haar werk moet beoordeel word! Ek weet julle bedoel goed! Ek is seker julle verstaan. Groete! Oesjaar (kontak) 09:25, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Jy is omtrent so effektief as die Amerikaanse Presidentskandidate! Praat van mostert na die maal... Aliwal2012 09:39, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Ongelukkig hou die kliënte my aan die hardloop! Onthou, hulle is altyd reg! Oesjaar (kontak) 09:58, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Ek het nou Geslagsdisforie herstel. Dit het ook die skryfkompetisie sjabloon. Ons kan die inhoud weer versmelt met die bestaande bladsy wanneer die kompetisie klaar is. - Rooiratel (kontak) 14:53, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Ongelukkig hou die kliënte my aan die hardloop! Onthou, hulle is altyd reg! Oesjaar (kontak) 09:58, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Jy is omtrent so effektief as die Amerikaanse Presidentskandidate! Praat van mostert na die maal... Aliwal2012 09:39, 1 Oktober 2024 (UTC)
- Dankie ek sien nou eers hierdie boodskap. Ek sal bewus wees daarvan, maar dit is moeilik om te weet watter artikels deel van die kompetisie, en watter nie. Is dit nie moontlik om vir al die deelnemers te sê voor hulle begin dat hulle moet die Wedstrydsjabloon aan die artikel byvoeg nie? Ek sal ook voorstel dat dit deel van die reëls van die kompetisie is. As die sjabloon nie op die bladsy verskyn nie, dan tel dit nie. Ek weet hulle is almal nuut, en gaan baie foute maak, maar dan moet hulle ons laat weet. Selfs as hulle net teks in die inleiding van hulle artikels plaas om te vra dat iemand die sjabloon in sit, sal dit almal help. - Rooiratel (kontak) 12:00, 1 Oktober 2024 (UTC)
- @Oesjaar @Woordgenoot lees asb. hierdie skakels : https://meta.wikimedia.org/wiki/CampaignEvents en https://meta.wikimedia.org/wiki/Event_Center/Registration
- Dit is 'n nuwe Mediawiki uitbreiding. (Soos die "AutoModerator" bo). Ek weet nog nie veel hiervan nie, en hulle dokumentasie het nie genoeg voorbeelde nie, maar as julle wil sal ek dit op ons Wiki aktiveer. Dit lyk as of dit baie kan help met die organisasie van kompetisies soos die hoërskool skryfkompetisie.
- Laat my weet wat julle daarvan dink. - Rooiratel (kontak) 13:01, 1 Oktober 2024 (UTC)
Vredefortkoepel
[wysig bron]Kan iemand help met die ligging van die koepel op die kaart? Tans wys dit in Namibië. Groete! Oesjaar (kontak) 06:06, 3 Oktober 2024 (UTC)
- @Oesjaar: – Uitgevoer. Groete. -- SpesBona 20:45, 3 Oktober 2024 (UTC)
Bladsyverwydering
[wysig bron]Hallo, ek redigeer gewoonlik en Wikipedia, maar ek het 'n week gelede 'n versoek om bladsyverwydering hier gedoen. Dit het geen kommentaar gehad nie, lyk dit OK? TSventon (kontak) 11:48, 4 Oktober 2024 (UTC)
Invitation to Participate in Wiki Loves Ramadan Community Engagement Survey
[wysig bron]Dear all,
Apologies for writing in English. Please help to translate in your language.
We are excited to announce the upcoming Wiki Loves Ramadan event, a global initiative aimed at celebrating Ramadan by enriching Wikipedia and its sister projects with content related to this significant time of year. As we plan to organize this event globally, your insights and experiences are crucial in shaping the best possible participation experience for the community.
To ensure that Wiki Loves Ramadan is engaging, inclusive, and impactful, we kindly invite you to participate in our community engagement survey. Your feedback will help us understand the needs of the community, set the event's focus, and guide our strategies for organizing this global event.
Survey link: https://forms.gle/f66MuzjcPpwzVymu5
Please take a few minutes to share your thoughts. Your input will make a difference!
Thank you for being a part of our journey to make Wiki Loves Ramadan a success.
Warm regards,
User:ZI Jony 03:19, 6 Oktober 2024 (UTC)
Wiki Loves Ramadan Organizing Team
Wikipedia in Afrika
[wysig bron]Interessante webjoernaal plasing van Greenman oor die stand van inheemse Afrika-taal Wikipedia’s. Sobaka (kontak) 09:20, 6 Oktober 2024 (UTC)
https://www.greenman.co.za/blog/?p=2944
Mynwerkersunie
[wysig bron]Gemeenskap, neem kennis dat Gebruiker:Woordgenoot tans besig is om prof. Wessel Visser te help met oudvoorsitters van die Mynwerkersunie na kommunikasie met die prof. Die artikels voldoen aan Wikipediastandaarde o.a. neutraliteit en bronne. Groete! Oesjaar (kontak) 10:14, 7 Oktober 2024 (UTC)
Dankie aan Gebruiker:Aliwal2012
[wysig bron]Gemeenskap: dankie aan Gebruiker:Aliwal2012 met sy kategoriseringswerk van die Olimpiese sportsterre! 'n Ondankbare taak wat gedoen moet word en 'n fondasie lê vir die toekoms! Groete! Oesjaar (kontak) 07:50, 9 Oktober 2024 (UTC)
- Dankie @Aliwal2012, ons waardeer dit! - Rooiratel (kontak) 08:30, 9 Oktober 2024 (UTC)
- Dankie julle, ek was bietjie weg see toe vir 'n week. Groete tuis! Aliwal2012 07:33, 12 Oktober 2024 (UTC)
Gemeenskap, 'n projek wat ek lanklaas wou gedoen het: Ons voorbladartikels sorteer volgens lande. As 'n land, sy hoofstad, een amptelike taal, sy vlag en 'n nasionale sportspan voorbladstatus geniet (soos in die geval van Suid-Afrika, Namibië en Nederland), dan noem ek dit 'n vyftal. Geniet en laat weet wat julle dink. Groete. -- SpesBona 21:00, 10 Oktober 2024 (UTC)
- Dit is 'n goeie stel onderwerpe waarby ons wiki baie baat sal vind. As jy dit kan doen sal ek dit baie waardeer. - Rooiratel (kontak) 11:26, 15 Oktober 2024 (UTC)
- Baie dankie, ek waardeer dit. Dit is natuurlik nie almal my eie voorbladartikels nie. Ek benodig veral @Puvircho: se hulp met die oorblywende vlagartikels. By vlag van Griekeland het ek reeds probeer help. Groete. -- SpesBona 21:00, 18 Oktober 2024 (UTC)
Ons 23ste verjaarsdag!
[wysig bron]Gemeenskap, neem asb kennis dat ons 23ste verjaarsdag funksie op 14 November sal plaasvind, 16 Nov is 'n Saterdag. Die plek moet nog bevestig word. My begroting is maar klein, ek sou graag gebruikers soos BurtgertB, Suidpunt, Puvircho ens, hier teenwoordig wil kry. Enige gebruiker wat wil bywoon, laat weet hier solank. Groete! Oesjaar (kontak) 09:10, 11 Oktober 2024 (UTC)
119,000 Artikels
[wysig bron]Gemeenskap, dankie aan almal wat gehelp het om die mylpaal te bereik! Groete! Oesjaar (kontak) 15:33, 11 Oktober 2024 (UTC)
Argipel of eilandgroep?
[wysig bron]Gemeenskap, 'n anonieme gebruiker het vandag argipel in eilandgroep verander en aangevoer dat eersgenoemde 'n leenvertaling is van die Nederlands Archipel, terwyl laasgenoemde die korrekte Afrikaans sou wees. In Duits ken ons ook albei woorde (Archipel en Inselgruppe) en dit is beslis nie dieselfde ding nie (andersins sou ons nie twee artikels op die Duitstalige Wikipedia gehad het nie). @BurgertB, Suidpunt, en Woordgenoot: julle menings asb. Groete. -- SpesBona 20:20, 11 Oktober 2024 (UTC)
- Die alewige verwisseling van sinonieme is niks nuuts hier. Die een se voorkeur word in die ander se keel afgedruk. 'n Klassieke voorbeeld daarvan was die China/ Sjina-debakel. Rol terug of los dit so, dit bly tog dieselfde. 197.245.129.194 07:34, 12 Oktober 2024 (UTC)
- Rol die dôner terug. 212.233.86.201 12:03, 12 Oktober 2024 (UTC)
- Daar is niks verkeerd met die woord "argipel" nie. ~ Burgert (kontak) 22:54, 13 Oktober 2024 (UTC)
- Hulle word as sinonieme gebruik in die WAT. Groete! Woordgenoot (kontak) 11:42, 16 Oktober 2024 (UTC)
Uitgevoer – Groete. -- SpesBona 21:35, 24 Oktober 2024 (UTC)
Preliminary results of the 2024 Wikimedia Foundation Board of Trustees elections
[wysig bron]Hello all,
Thank you to everyone who participated in the 2024 Wikimedia Foundation Board of Trustees election. Close to 6000 community members from more than 180 wiki projects have voted.
The following four candidates received the most votes:
While these candidates have been ranked through the vote, they still need to be appointed to the Board of Trustees. They need to pass a successful background check and meet the qualifications outlined in the Bylaws. New trustees will be appointed at the next Board meeting in December 2024.
Learn more about the results on Meta-Wiki.
Best regards,
The Elections Committee and Board Selection Working Group
MPossoupe_(WMF) 08:25, 14 Oktober 2024 (UTC)
revolusionêre vs revolusioniste
[wysig bron]Wat is die korrekte vertaling van die Engelse woord "revolutionaries"? - Rooiratel (kontak) 12:23, 15 Oktober 2024 (UTC)
- "revolutionary forces" word vertaal in "rewolusionêre magte" in Verklarende Politieke Woordeboek deur Venter, Botha, du Plessis & Alberts. "rewolusionêr/e" is seker maniere om kortweg te praat, wanneer meer volledige begrippe bedoel word. Hierdie woordeboek beveel dus die "w" aan eerder as "revolusionêre", en van "revolusioniste" sien ek daar niks. In die Watter Woord Blokraaiselboek deur G. de Villiers word die "w"- sowel as "v"-spelling aangehaal, en by "revolusionis" staan "kyk revolusionêr". Daar is dus blykbaar so 'n sinoniem wat in die skadu van lg. staan. JMK (kontak) 05:16, 16 Oktober 2024 (UTC)
Seeking volunteers to join several of the movement’s committees
[wysig bron]Each year, typically from October through December, several of the movement’s committees seek new volunteers.
Read more about the committees on their Meta-wiki pages:
Applications for the committees open on 16 October 2024. Applications for the Affiliations Committee close on 18 November 2024, and applications for the Ombuds commission and the Case Review Committee close on 2 December 2024. Learn how to apply by visiting the appointment page on Meta-wiki. Post to the talk page or email [email protected] with any questions you may have.
For the Committee Support team,
-- Keegan (WMF) (talk) 23:07, 16 Oktober 2024 (UTC)
Oesjaar en die blommetjies...
[wysig bron]Gemeenskap, dit is vir my 'n groot plesier om julle mee te deel dat die Kategorie:Flora van Suid-Afrika nou 8,000 artikels sterk is! Dit was een van my persoonlike doelwitte voor ons verjaarsdag op 16 November. Wanneer ek met mense praat oor die krag van Wikipedia verwys ek hierna: Flora van Afrika. Loer 'n bietjie daar!
Daar gaan gewis nou minder blommetjie artikels wees vir die onmiddelike toekoms, my fokus is nou op Elektronika en Vliegtuie. Groete! Oesjaar (kontak) 08:29, 17 Oktober 2024 (UTC)
- 'n Goeie basis is gestel. Met naby aan 24 000 spesies in Suid-Afrika alleen, is ons dan oor die ⅓-merk met die inheemses. Artikels kan uitgebrei word, bv. in die Proteaceae waar etlike goeie Engelse artikels vertaal kan word. Bekende uitheemse plante/bome, tuinbouplante en graan- en groentesoorte wag op aandag, benewens artikels oor botanie en nomenklatuur/vakterme in die breë. Ons het te min hande. JMK (kontak) 17:25, 20 Oktober 2024 (UTC)
Planologie
[wysig bron]Gemeenskap, eers vanoggend van die woord kennis geneem. Dit beteken stadsbeplanning in kort. Ons kort so ou artikeltjie... Groete! Oesjaar (kontak) 09:02, 22 Oktober 2024 (UTC)
'Wikidata item' link is moving, finally.
[wysig bron]Hello everyone, I previously wrote on the 27th September to advise that the Wikidata item sitelink will change places in the sidebar menu, moving from the General section into the In Other Projects section. The scheduled rollout date of 04.10.2024 was delayed due to a necessary request for Mobile/MinervaNeue skin. I am happy to inform that the global rollout can now proceed and will occur later today, 22.10.2024 at 15:00 UTC-2. Please let us know if you notice any problems or bugs after this change. There should be no need for null-edits or purging cache for the changes to occur. Kind regards, -Danny Benjafield (WMDE) 11:28, 22 Oktober 2024 (UTC)
- I have noticed it. No problems so far. Regards. Oesjaar (kontak) 20:19, 24 Oktober 2024 (UTC)
Transmissie
[wysig bron]Ons kort 'n dubbelsinnigheidsblad vir Transmissie. Dit kan Kragoorbrenging wees, 'n motor se transmissie of die transmissie soos tussen radio sender- en ontvangers. Groete! Oesjaar (kontak) 20:22, 24 Oktober 2024 (UTC)
- Transmissie (dubbelsinnig). Daar is hy. Thermofan (kontak) 13:05, 28 Oktober 2024 (UTC)
- Baie dankie, goeie poging! Aliwal2012 13:35, 28 Oktober 2024 (UTC)
Elektries
[wysig bron]Ek gaan oor die volgende paar maande artikels oor generators, alternators, dinamos, magneto's, vliegtuigdinge en gepaargaande dinge en elektronika aanpak. Ek sal die meeste eers net skep met net 'n inleiding en sal terugkom om dit uit te brei. Wees net geduldig. Groete! Oesjaar (kontak) 20:25, 24 Oktober 2024 (UTC)
Ek is vasgevang met sport
[wysig bron]Goeienaand gemeenskap, die onlangse twee weke het ek al die 13 krieketwêreldbekertoernooie bygewerk om al die rekords wat tydens die 2023-toernooi gebreek is, by die ander artikels op datum te bring. Die hoogste telling, die grootste oorwinning, die vinnigste honderdtal, die meeste sesse, vyf-paaltjie-oeste, ens. Daarbenewens het ek probeer om aan my eie taalgebruik te slyp. Hierdie jaar het ek dit reeds met al die tien rugbywêreldbekertoernooie en al die nege T20I-wêreldbekertoernooie gedoen. Dit is 'n baie harde werk om 'n klomp artikels van dieselfde reeks op datum te bring en ook om die baie hoë kwaliteit te handhaaf. Daar het egter steeds klein taalfoute en formele dinge ingeslyp soos hakkies wat nie sluit nie (ek tel altyd met die soekfunksie of die aantal van oop- en toemaak klop). By Krieketwêreldbeker 2011 bestaan 'n verwysingsfout wat ek nie mooi verstaan nie. As ek die teksdeel met verwysings knip en dit in 'n ander artikel plak, bestaan die fout nie meer nie. Is daar 'n KI wat met al hierdie dinge kan help? Dit kos baie tyd en senuwees om hierdie harde werk te doen, terwyl mens eintlik jou regte egte werk moet doen vir jou eie salaris om te kan eet en slaap. Enige manier om dinge te vergemaklik is welkom! Groete. -- SpesBona 20:45, 24 Oktober 2024 (UTC)
- Ek het die verwysingsfout reg gemaak. Daar was niks fout met die verwysing self nie. Maar die een voor dit was nie toegemaak nie. Daar was 'n vroeër verwysingsfout in die bladsy "Verwysingfout: Closing </ref> missing for <ref> tag" - Rooiratel (kontak) 11:40, 25 Oktober 2024 (UTC)
- Baie dankie! Dalk kan @Naudefj: help met die aantal hakkies "soos hakkies wat nie sluit nie (ek tel altyd met die soekfunksie of die aantal van oop- en toemaak klop)". Groete. -- SpesBona 21:05, 25 Oktober 2024 (UTC)
Boonop beplan ek ná die oorblywende ses rugbyspanne vir mans (België, Hongkong, Ivoorkus, Kenia, Nederland en Suid-Korea) ook om met vrouekrieket en -rugby te begin. Aangesien ek die Sokker-Wêreldbekertoernooie doen, sal ek dit waarskynlik ook vir vroue moet doen, nee, ek wil! :) Die sportdinge hou mos nooit op nie, veral ná lekker radio-onderhoude oor my voorbladartikels deur medegebruikers. Groete. -- SpesBona 21:00, 24 Oktober 2024 (UTC)
- Dankie vir al die sportbydraes, baie lesers se gunstelingonderwerp. Taaldetail: 'n stomp mes word geslyp, en by implikasie jou taal, ens., maar die luiperd sluip na sy prooi, en by implikasie die taalfoute in die taal (in). JMK (kontak) 17:59, 26 Oktober 2024 (UTC)
- Baie dankie. Ja, rugby en krieket is vanselfsprekend baie belangrik vir Afrikaanssprekendes. Dit is nog altyd interessant dat ek uit Duitsland daaroor skryf, waar dié twee sportsoorte taamlik onbekend is. Groete. -- SpesBona 21:00, 26 Oktober 2024 (UTC)
Final Reminder: Join us in Making Wiki Loves Ramadan Success
[wysig bron]Dear all,
We’re thrilled to announce the Wiki Loves Ramadan event, a global initiative to celebrate Ramadan by enhancing Wikipedia and its sister projects with valuable content related to this special time of year. As we organize this event globally, we need your valuable input to make it a memorable experience for the community.
Last Call to Participate in Our Survey: To ensure that Wiki Loves Ramadan is inclusive and impactful, we kindly request you to complete our community engagement survey. Your feedback will shape the event’s focus and guide our organizing strategies to better meet community needs.
- Survey Link: Complete the Survey
- Deadline: November 10, 2024
Please take a few minutes to share your thoughts. Your input will truly make a difference!
Volunteer Opportunity: Join the Wiki Loves Ramadan Team! We’re seeking dedicated volunteers for key team roles essential to the success of this initiative. If you’re interested in volunteer roles, we invite you to apply.
- Application Link: Apply Here
- Application Deadline: October 31, 2024
Explore Open Positions: For a detailed list of roles and their responsibilities, please refer to the position descriptions here: Position Descriptions
Thank you for being part of this journey. We look forward to working together to make Wiki Loves Ramadan a success!
Warm regards,
The Wiki Loves Ramadan Organizing Team 05:11, 29 Oktober 2024 (UTC)
Besoeke vir Oktober: 2,7 miljoen.
[wysig bron]Gemeenskap, ons besoeke vir Oktober is 2.7 miljoen. Sien Besoeke Groete! Oesjaar (kontak) 06:06, 1 November 2024 (UTC)
- Die besoeke is maar 'n kreeftegang. Interessanter is waar die besoekers vandaan kom (page views by country), en dat daar baie in die VSA en Kanada is (ook Nederland en Duitsland). Miskien hou ons Afrikaans by vir diegene wat daarheen uitgewyk het. Wie al die Afrikaanses in Indië, Taiwan, Suid-Korea en Japan is weet ek nie. China is 'n blindekol want wikipedia word daar geblokkeer. Ook interessant is access method + top viewed articles. Dit toon duidelik dat die jonges (mobile apps) hoofsaaklik arriveer om oor seks te lees, tot 11 uit die top 20 artikels is seksverwant. JMK (kontak) 12:53, 1 November 2024 (UTC)
- Myns insiens is die bladtrekke 'n goeie indikator dat ons die groot taalweergawes slegs met kwaliteit kan klop. Ons kan nuwe lesers veral met spogartikels lok wat inhoud dek wat die Engelstalige Wikipedia nie het nie. Ek doen dit byvoorbeeld in sport (sien bo), indien ek slegs aan die begin die Engelstalige artikel vat, dit dan tydens die toernooi self verder uitbrei en ook self na bronne gaan soek. Boonop is ek konsekwent in my sportartikels, as in een toernooi 'n prestasie, mylpaal, rekord of iets anders noemenswaardig gebeur en dieselfde dan ook in 'n ander toernooi, dan noem ek dit. Boonop neem ek baie tyd om al die vorige rekords dan ook konsekwent te hersien. Dit voel dan asof die artikel van self groei. Miskien is dit wat ook baie Indiërs na ons taalweergawe lok, want hulle is mal oor krieket en hulle het ook 'n groot respek vir die Proteas. Ek het dit self ervaar, as ek met my Proteakappie rondloop, is dit veral Suid-Asiate wat daarop lekker reageer en dan begin ons gesels. 99% van die Duitsers stel nie eers belang nie. As ek na jou lys van lande kyk, is dit juis dié lande waaroor ons die meeste voorbladartikels het (sien verder bo). Anderstalige gebruikers erken ons voorbladartikels aan die geel sterretjie in die taallys. Myns insiens verskrik klein, swak en rekenaarvertaalde artikels slegs nuwe lesers en jaag hulle na die Engelstalige of ander taalweergawes toe. Derhalwe is die enigste antwoord wat ons het kwaliteit bo kwantiteit. My beskeie mening en ervaring. Groete. -- SpesBona 21:30, 3 November 2024 (UTC)
- Dit mag dalk Indië se besoekers verklaar en miskien vertaal hulle die teks in Engels. Nog 'n interessantheid is dat daar heelwat besoeke uit Frans-Guyana is, maar niks uit Suriname nie. Ek sou eerder besoeke uit lg. verwag het omdat hulle daar 'n vereenvoudigde Nederlands praat wat heelwat soos Afrikaans is. JMK (kontak) 18:10, 5 November 2024 (UTC)
- Myns insiens is die bladtrekke 'n goeie indikator dat ons die groot taalweergawes slegs met kwaliteit kan klop. Ons kan nuwe lesers veral met spogartikels lok wat inhoud dek wat die Engelstalige Wikipedia nie het nie. Ek doen dit byvoorbeeld in sport (sien bo), indien ek slegs aan die begin die Engelstalige artikel vat, dit dan tydens die toernooi self verder uitbrei en ook self na bronne gaan soek. Boonop is ek konsekwent in my sportartikels, as in een toernooi 'n prestasie, mylpaal, rekord of iets anders noemenswaardig gebeur en dieselfde dan ook in 'n ander toernooi, dan noem ek dit. Boonop neem ek baie tyd om al die vorige rekords dan ook konsekwent te hersien. Dit voel dan asof die artikel van self groei. Miskien is dit wat ook baie Indiërs na ons taalweergawe lok, want hulle is mal oor krieket en hulle het ook 'n groot respek vir die Proteas. Ek het dit self ervaar, as ek met my Proteakappie rondloop, is dit veral Suid-Asiate wat daarop lekker reageer en dan begin ons gesels. 99% van die Duitsers stel nie eers belang nie. As ek na jou lys van lande kyk, is dit juis dié lande waaroor ons die meeste voorbladartikels het (sien verder bo). Anderstalige gebruikers erken ons voorbladartikels aan die geel sterretjie in die taallys. Myns insiens verskrik klein, swak en rekenaarvertaalde artikels slegs nuwe lesers en jaag hulle na die Engelstalige of ander taalweergawes toe. Derhalwe is die enigste antwoord wat ons het kwaliteit bo kwantiteit. My beskeie mening en ervaring. Groete. -- SpesBona 21:30, 3 November 2024 (UTC)
Ons aantal aktiewe gebruikers word minder
[wysig bron]Gemeenskap, ek wonder deels sedert maande wat onder andere met @Lefcentreright en Jcwf: gebeur het. Hulle is al sedert maande baie stillerig en blykbaar is hulle met iets verskrik. Kan ons dit bekostig, aangesien ons aantal artikels wat ons op datum moet hou, skerp groei? Soos bekend vermis ek @Naudefj: se goeie artikelwerk volgens die HAT al sedert jare. Hy het dié woordeboek alfabeties deurgewerk. @Puvircho: het in die verlede uitstekende rugby-artikels oor die Verenigde Rugbykampioenskap geskryf, maar sedertdien was daar 'n aantal seisoene. Sy mooi en spogartikels oor vlae vermis ek natuurlik ook. @Oesjaar: kan jy hulle motiveer om weer betrokke te raak? Ons benodig hulle. Groete. -- SpesBona 21:46, 3 November 2024 (UTC)
- As Jcwf ons verlaat weens die skerp elmboog wat teen hom ingelê is, sal dit my nie verbaas nie. Ek hoop egter dat al hierdie mense net op 'n wiki-vakansie is, wat mens soms nodig het. Het self gewonder oor die langtermyn toekoms van af.wiki, en dit lyk glad nie seker nie. Wie is die jonger garde wat eendag die middeljarige en ouer garde gaan opvolg? Voyageur het ons blykbaar tydens covid ontval, en dit het reeds 'n reuseuitwerking op die wiki. 'n af.wiki-bydraer moet ook voldoen aan drie eienskappe wat eintlik selde oorvleuel, 1. taalvaardigheid en belangstelling in Afrikaans, 2. redelik analitiese ingesteldheid en/of intellektuele belangstellings, met die selfvertroue om dit op skrif te stel, 3. aanvaarding van geen finansiële voordeel vir die aansienlike persoonlike tyd wat afgestaan word. JMK (kontak) 17:57, 5 November 2024 (UTC)
- @JMK:, kom woon asb ons verjaarsdag funksie by. Ek gaan 'n aankondiging doen. En ek wil jou graag ontmoet. Groete! Oesjaar (kontak) 20:33, 5 November 2024 (UTC)
- Ek vrees die ergste oor Jcwf want sy FB blad is stil... Groete! Oesjaar (kontak) 20:38, 5 November 2024 (UTC)
- @Oesjaar: prof. Jaap se laaste eie persoonlike profielboodskap was op 2 Januarie 2020. Alles daarna is deur ander mense op sy blad geskryf. Dit is meer as stil, dit is onaktiew. Groete. -- SpesBona 21:45, 5 November 2024 (UTC)
- Ek vrees die ergste oor Jcwf want sy FB blad is stil... Groete! Oesjaar (kontak) 20:38, 5 November 2024 (UTC)
- @JMK:, kom woon asb ons verjaarsdag funksie by. Ek gaan 'n aankondiging doen. En ek wil jou graag ontmoet. Groete! Oesjaar (kontak) 20:33, 5 November 2024 (UTC)
Voorstel om Kragoorbrenging na Elektriese kragtransmissie te skuif.
[wysig bron]Mag ek voorstel dat ons die naam van die blad verander, soos dr. Alberts dit voorgestel het? Sien Bespreking:Kragoorbrenging. Ek verkies kragoordrag, maar die standaard woord "transmissie" word algemeen in die media gebruik, dus sal dit seker die beste wees. Objeksies? Sekondante? Groete, Thermofan (kontak) 14:14, 7 November 2024 (UTC)
- Ondersteun. Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang. Ons kan dit altyd later weer terugskuif indien nodig. – Pynappel (kontak) 09:26, 8 November 2024 (UTC)
- Ondersteun. Kragoorbrenging val moelik op die oor. Sobaka (kontak) 09:28, 8 November 2024 (UTC)