23 Julie
Voorkoms
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
23 Julie is die 204de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (205de in skrikkeljare). Daar volg nog 161 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 685 – Pous Johannes V volg Pous Benedictus II op.
- 1164 – Keulen ontwikkel tot een van die belangrikste bedevaartsoorde in die Heilige Romeinse Ryk na die relikwieë van die Drie wyse Manne uit die Ooste daarheen gebring is.
- 1431 – Die konsilie van Basel word geopen. Bywoning is swak.
- 1750 – Pous Benedictus XIV verklaar Henry van Treviso salig.
- 1853 – Die Voortrekkerleier, Andries Pretorius, sterf en sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, volg hom op as Kommandant-generaal van die distrikte Potchefstroom en Rustenburg.
- 1914 – Die ultimatum van Oostenryk-Hongarye aan Serwië lei tot die begin van die Eerste Wêreldoorlog.
- 1926 – Fox Filmmaatskappy koop die patente vir die Movietone klankstelsel vir die opneem van klank op film.
- 1952 – Farouk van Egipte abdikeer na 'n staatsgreep wat die Muhammad Ali Dinastie tot 'n einde bring.
- 1962 – Telstar versend die eerste lewendige transatlantiese televisiesein.
- 1967 – Die 12th Street Onluste begin in die hoofsaaklik Swart Amerikaanse binnegedeelte van Detroit, Michigan se hoofstad.
- 1983 – Air Canada vlug 143, die Gimli Glider, doen 'n noodlanding in Gimli, Manitoba sonder enige lewensverlies.
- 1985 – Die Amiga-tuisrekenaar met vir sy tyd gevorderde grafiese vermoë word openbaar gemaak.
- 1992 – Abchasië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Georgië.
- 1997 – Laos en Mianmar sluit by die ASEAN aan.
- 2022 – Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar die uitbreking van apokke tot 'n “openbare gesondheidsnood van internasionale kommer" met meer as 16 000 aangemelde gevalle in 75 lande en gebiede.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1635 – Adam Dollard des Ormeaux, die kommandant van die fort in Ville-Marie (die huidige Montreal), Nieu-Frankryk († 1660).
- 1649 – Gianfrancesco Albani, Pous Clemens XI, 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1721).
- 1781 – William John Burchell, Engelse ontdekkingsreisiger, natuurkundige, botanikus, kunstenaar en skrywer († 1863).
- 1777 – Philipp Otto Runge, Duitse Romantiese skilder († 1810).
- 1884 – Emil Jannings, Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur en die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het († 1950).
- 1922 – Stefans Grové, Suid-Afrikaanse klassieke komponis († 2014).
- 1924 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur († 1981).
- 1925 – Gloria DeHaven, Amerikaanse aktrise († 2018).
- 1925 – Quett Masire, Botswana-politikus en tweede president van Botswana (1980–1998). († 2017).
- 1949 – Clive Rice, Suid-Afrikaanse krieketspeler en Springbok-krieketkaptein († 2015).
- 1950 – Lochner de Kock, Suid-Afrikaanse musikant en akteur.
- 1956 – Amanda Strydom, Suid-Afrikaanse kabaretsanger.
- 1989 – Daniel Radcliffe, Britse akteur.
- 1996 – Rachel G. Fox, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1757 – Domenico Scarlatti, Italiaanse komponis (* 1685).
- 1853 – Andries Pretorius, 'n Voortrekkerleier (* 1798).
- 1885 – Ulysses S. Grant, 18de President van die Verenigde State (* 1822).
- 1909 – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent (* 1846).
- 1916 – William Ramsay, Skotse chemikus en Nobelpryswenner (* 1852).
- 1951 – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentmaker en -regisseur (* 1884).
- 1966 – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur (* 1920).
- 1995 – Lennox Sebe, Ciskei president (* 1926).
- 2007 – Ernst Otto Fischer, Duitse chemikus en Nobelprys wenner (* 1918).
- 2023 – Inga Swenson, Amerikaanse aktrise (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 July. |