Suid-Koreaanse krygswetafkondiging van 2024
Op 3 Desember 2024 het Suid-Koreaanse president Yoon Suk-yeol krygswet afgekondig tydens 'n laataand-toespraak wat regstreeks op YTN-televisie uitgesaai is. In sy verklaring het hy die Demokratiese Party, wat 'n meerderheid in die Nasionale Vergadering het, daarvan beskuldig dat hulle met Noord-Korea simpatiseer en "anti-staatsaktiwiteite" uitvoer, en hulle verder bestempel as 'n kriminele organisasie wat saam met kommuniste werk om die land te vernietig. Die bevel het die verbod op enige politieke aktiwiteite, insluitend die Nasionale Vergadering, en 'n opskorting van die vryheid van die pers ingesluit.
Die verklaring is teengestaan deur die Demokratiese Party en sommige lede van Yoon se People Power Party, en het tot betogings gelei. Twee uur later, op 4 Desember, het 'n meerderheid van LP's in die Nasionale Vergadering, ondanks pogings deur veiligheidsmagte om die stemming te verhoed, 'n mosie aanvaar om krygswet 190–0 op te hef.
Yoon het daarna krygswet opgehef ná 'n kabinetsvergadering om 4:30 vm. op 4 Desember, en die krygswetbevel is laat vaar. Nadat krygswet opgehef is, het die opposisie verklaar dat hulle vervolgingsverrigtinge teen Yoon sal begin as hy nie uittree nie.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Suid-Korea word as 'n presidensiële demokrasie regeer onder die 1987 Grondwet, wat die vorige parlementêre en semi-presidensiële stelsels vervang het. Yoon Suk-yeol, 'n lid van die konserwatiewe People Power Party en voormalige aanklaer-generaal, het die amp as president van Suid-Korea aangeneem ná sy oorwinning in die 2022 presidensiële verkiesing.[1] Sy administrasie het lae goedkeuringsgraderings gehad, so laag as 17%, met 'n opname van November 2024 wat toon dat 58% van die bevolking sou wou sien dat Yoon óf bedank óf aangekla word.[2] Hy het gesukkel om sy agenda te bereik as gevolg van opposisie van die Nasionale Vergadering, wat sedert 2020 deur die opposisie Demokratiese Party beheer word. In die April 2024 wetgewende verkiesing het die opposisie sy greep behou, maar het steeds nie genoegsame getalle gehad nie (200 uit 300) om die president in 'n staat van beskuldiging te plaas nie.[3]
Yoon het die opening van die Nasionale Vergadering geboikot al is dit gebruiklik dat die president 'n toespraak by die geleentheid lewer.[4] Yoon het ook ondersoeke gekant teen skandale waarby sy vrou Kim Keon-hee en topamptenare betrokke was, [5] en het wetsontwerpe op drie afsonderlike geleenthede geveto wat 'n spesiale raadsondersoek na sy vrou gevra het, waarvan die derde op 26 November 2024 plaasgevind het.[6] Die opposisie-beheerde parlement het ook besluit om die voorsitter van die Raad van Oudit en Inspeksie, Choe Jae-hae en drie aanklaers betrokke by twee skandale waarby Kim betrokke was op 2 Desember daardie jaar,[7] en het die regering se begrotingsvoorstel verwerp.[8]
Minister van Nasionale Verdediging Kim Yong-hyun, is tydens sy bevestigingsverhoor vir Minister van Nasionale Verdediging by die Nasionale Vergadering op 2 September 2024 deur lede van die opposisie gevra of hy krygwet sou verklaar. Hy het dit van die hand gewys en gesê "Ek dink praatjies oor krygswet is verouderd, as dit verklaar word, wie sal dit aanvaar? Dink jy die weermag sal selfs die bevel volg?" Oor die volgende drie maande het hy na bewering militêre heerskappy onder krygswet beplan.[9]
Dit was die eerste keer dat krygswet in Suid-Korea afgekondig is sedert die 1980 militêre staatsgreep ná die sluipmoord op diktator Park Chung-hee, en die eerste keer sedert demokratisering in 1987.[10] Dit is die 17de krygswetverklaring sedert die regeringsvorming in 1948.[11] Lede van die Nasionale Vergadering word nie parlementêre immuniteit teen vervolging gegee nie en kan gearresteer word as hulle betrap word dat hulle 'n misdaad uitvoer. Wanneer krygswet ingestel word, moet die president onmiddellik die Nasionale Vergadering in kennis stel. Krygswet kan met 'n meerderheidstem van die Nasionale Vergadering nietig verklaar word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "South Korean President Yoon Suk Yeol declares martial law" (in Engels). Sky News. 3 Desember 2024. Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ Park, James (3 Desember 2024). "Fearing his enemies, South Korea's Yoon declares martial law". Responsible Statecraft (in Engels). Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ Kim, Tong-Hyung (3 Desember 2024). "South Korea lifts president's martial law decree after lawmakers reject military rule". AP News (in Engels). Besoek op 4 Desember 2024.
- ↑ Kim, Tong-Hyung (2 September 2024). "South Korea's president skips opening ceremony of parliament as strife with opposition deepens". AP News (in Engels).
- ↑ "South Korea's president declares emergency martial law" (in Engels). Al Jazeera. Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ "South Korea martial law: How did we get here?" (in Engels). Al Jazeera. 3 Desember 2024. Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ Min-kyung, Jung (2 Desember 2024). "Chief auditor, prosecutors to face Assembly impeachment vote". The Korea Herald (in Engels). Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ Kim, Sam (2 Desember 2024). "South Korea Budget Tussle Tests Yoon Ahead of Trump's Return" (in Engels). Bloomberg L.P. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2024. Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ Min-ho, Jung (4 Desember 2024). "Defense minister faces treason charges for proposing declaration of martial law". The Korea Times (in Engels). Besoek op 4 Desember 2024.
- ↑ Lowe, Yohannes; McEwen, Kirsty (3 Desember 2024). "South Korean military announces suspension of all parliamentary activity, says report – live". The Guardian (in Engels (VK)). ISSN 0261-3077. Besoek op 3 Desember 2024.
- ↑ Lim, Andy; Ji, Seiyeon; Cha, Victor (3 Desember 2024). "Yoon Declares Martial Law in South Korea". Center for Strategic and International Studies.