Huis van Tudor
Huis van Tudor | |
---|---|
Die Tudor-roos, ’n samevoeging van die embleme van die Huis van York en die Huis van Lancaster.
| |
Voorganger | Huis van York |
Opvolger | Huis van Stuart |
Die Huis van Tudor het van 1485 tot 1603 oor Engeland en Wallis regeer, en van 1541 tot 1603 ook oor Ierland.
Die Tudors het Engeland verander van ’n onbelangrike staat tot ’n magtige Renaissance-nasie. Die Tudor-periode was ’n bloeitydperk vir die Engelse kultuur, veral letterkunde, wetenskap, argitektuur en handel. Die Tudors het ook die Engelse vloot versterk en daarmee die grondslag gelê vir die Britse koloniale ryk.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Tudors stam in die vroulike lyn van John Beaufort, een van die buite-egtelike kinders van die 14de-eeuse Engelse prins Jan van Gent, 1ste Hertog van Lancaster (die derde oudste oorlewende seun van Eduard III van Engeland), by Gent se minnares Katherine Swynford. Die afstammelinge van ’n buite-egtelike kind sou normaalweg geen aanspraak op die troon gehad het nie, maar sake is gekompliseer toe Gent en Swynford eindelik in 1396 trou (25 jaar ná John Beaufort se geboorte). Vanweë die huwelik het die kerk die paar se kinders wettig verklaar.
John Beaufort se kleindogter lady Margaret Beaufort was getroud met Edmund Tudor, 1ste Graaf van Richmond. Tudor was die seun van die Walliese howeling Owain Tewdr (verengels tot "Owen Tudor") en Catharina van Valois, weduwee van die Lancaster-koning Hendrik V.
Die Graaf en Gravin van Richmond se seun, Hendrik Tudor, het in 1485 teen koning Richard III van Engeland gerebelleer. Richard is in die Slag van Bosworth dood en Hendrik het koning geword. Hierdeur het die Huis van Tudor aan die bewind gekom in die plek van die Huis van York.
Die dood van Elizabeth I in 1603 het die einde van die Tudor-dinastie in Engeland beteken. Sy is opgevolg deur Jakobus I van die Skotse koningshuis Stuart.
Monarge van die Huis van Tudor
[wysig | wysig bron]Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VII 22 Augustus 1485–1509[1] |
28 Januarie 1457 Pembroke-kasteel seun van Edmund Tudor en lady Margaret Beaufort[1] |
Elizabeth van York Westminster-abdy 18 Januarie 1486 agt kinders[1] |
21 April 1509 Richmond-paleis op 52[1] | |
Hendrik VIII 21 April 1509–1547[2] |
28 Junie 1491 Greenwich-paleis seun van Hendrik VII en Elizabeth van York[2] |
Catharina van Aragon Greenwich 11 Junie 1509 een dogter
|
28 Januarie 1547 Whitehall-paleis op 55[2] | |
Anna Boleyn Westminster-paleis 25 Januarie 1533 een dogter | ||||
Jane Seymour Whitehall-paleis 30 Mei 1536 een seun | ||||
Anna van Kleef Paleis van Placentia 6 Januarie 1540 | ||||
Catharina Howard Hampton Court-paleis 28 Julie 1540 | ||||
Catharina Parr Hampton Court-paleis 12 Julie 1543 | ||||
Eduard VI 28 Januarie 1547–1553[3] |
12 Oktober 1537 Hampton Court-paleis seun van Hendrik VIII en Jane Seymour[3] |
ongetroud | 6 Julie 1553 Paleis van Placentia op 15[3] | |
Jane (Die Nege-dae-koningin) 10 Julie–19 Julie 1553[4] Titel betwis |
Oktober 1537 Bradgate Park dogter van Henry Grey, 1ste Hertog van Suffolk en lady Frances Brandon[4] |
Lord Guildford Dudley The Strand 21 Mei 1553 geen kinders[5] |
12 Februarie 1554 Londense Tower op 16 (onthoof)[4] | |
Maria I (Bloedige Maria) 19 Julie 1553–1558[3] |
18 February 1516 Paleis van Placentia dogter van Hendrik VIII en Catharina van Aragon[3] |
Philip II van Spanje Winchester-katedraal 25 Julie 1554 geen kinders[3] |
17 November 1558 Sint James-paleis op 42[3] | |
Elizabeth I (Die Maagdkoningin) 17 November 1558–1603[3] |
7 September 1533 Greenwich-paleis dogter van Hendrik VIII en Anna Boleyn[3] |
ongetroud | 24 Maart 1603 Richmond-paleis op 69[3] |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "thePeerage.com – Person Page 10142". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "thePeerage.com – Person Page 10148". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 3,00 3,01 3,02 3,03 3,04 3,05 3,06 3,07 3,08 3,09 "thePeerage.com – Person Page 10150". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 Jane is afgesit ten gunste van Maria Tudor. "thePeerage.com – Person Page 10152". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ "Lady Jane Grey: Marriage" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 25 Oktober 2007.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Huis van Tudor.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia