20 Junie
Voorkoms
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
20 Junie is die 171ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (172ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 194 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1567 – Die "Casket"-briewe word gevind. Die briewe impliseer dat Maria I van Skotland met James Hepburn, 4de graaf van Bothwell, saamgesweer het om Maria se man Lord Darnley te vermoor.
- 1667 – Pous Clemens IX volg Pous Alexander VII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1675 – Pous Clemens X verklaar Francis Solano salig.
- 1789 – Die 'Tennisbaan-eed'. Die volksverteenwoordigers van Frankryk wat uitgesluit is uit die parlement in Versailles, neem 'n eed om nie te verdaag totdat 'n grondwet aanvaar is nie.
- 1837 – Koningin Victoria bestyg die Britse troon.
- 1848 – Andries Pretorius word as kommandant-generaal verkies.
- 1863 – Wes-Virginië word die 35ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: 40 000 Franse soldate vlug na veiligheid oor die Switserse grens en word geïnterneer. Switserland was 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1940 – 'n Nuwe regering word gevorm in Letland nadat die Rooi Leër die land beset het.
- 1960 – Mali en Senegal verkry hul onafhanklikheid van Frankryk.
- 1987 – Nieu-Seeland klop Frankryk in die eindstryd met 29–9 en wen sodoende die eerste Rugbywêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland.
- 1992 – 'n Nuwe grondwet word van krag in Paraguay en daar kom 'n einde aan die militêre bewind van Alfredo Stroessner.
- 1999 – Australië klop Pakistan in die eindstryd met 8 paaltjies en wen sodoende die sewende Krieketwêreldbeker in Engeland, Ierland, Nederland, Skotland en Wallis.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1566 – Sigismund III Wasa, Koning van Swede (1592 – 1599) en Pole (1587 – 1632) († 1632).
- 1761 – Jacob Hübner, Duitse entomoloog en skrywer († 1826).
- 1887 – Kurt Schwitters, Duitse Dada artis en digter, in Hannover.
- 1900 – Boris Pash, Amerikaanse militêre intelligensie-offisier († 1995).
- 1905 – Lillian Hellman, Amerikaanse dramaturg, in New Orleans.
- 1908 – Gus Schilling, Amerikaanse akteur († 1957).
- 1909 – Errol Flynn, Australies-Amerikaanse akteur († 1959).
- 1911 – Gail Patrick, Amerikaanse aktrise († 1980).
- 1925 – Audie Murphy, Amerikaanse vereerde luitenant en akteur († 1971).
- 1928 – Martin Landau, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2017).
- 1928 – Jean-Marie Le Pen, Franse intelligensiehoof en politikus.
- 1931 – Olympia Dukakis, Amerikaanse aktrise († 2021).
- 1931 – James Tolkan, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1933 – Danny Aiello, Amerikaanse akteur († 2019).
- 1940 – John Mahoney, Engelse akteur († 2018).
- 1949 – Lionel Richie, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur.
- 1949 – Gotabaya Rajapaksa, 8ste president van Sri Lanka.
- 1950 – Nouri al-Maliki, Irakse politikus, 76ste Eerste Minister van Irak.
- 1951 – Tress MacNeille, Amerikaanse aktrise en stemkunstenaar.
- 1952 – John Goodman, Amerikaanse akteur.
- 1967 – Nicole Kidman, Amerikaans-Australiese aktrise, in Honolulu, Hawaii.
- 1967 – Sjors Fröhlich, Nederlandse burgemeester, joernalis en aanbieder.
- 1968 – Tonya Kinzinger, Franse aktrise.
- 1980 – Tika Sumpter, Amerikaanse aktrise.
- 1981 – Hennie Jacobs, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, liedjieskrywer en komediant.
- 1986 – Robbie Klay, Afrikaanse sanger.
- 1986 – Dreama Walker, Amerikaanse aktrise.
- 1989 – Christopher Mintz-Plasse, Amerikaanse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 840 – Lodewyk die Vrome, koning van die Franke (* 778).
- 1787 – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era (* 1723).
- 1837 – William IV, koning van Groot-Brittanje (* 1765).
- 1883 – Johannes Nicolaas de Beer, boer van Kimberley en die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem (* 1830).
- 1883 – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal (* 1814).
- 1900 – Lord Henry Loch, Britse goewerneur van die Kaapkolonie (* 1827).
- 1930 – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1859).
- 1949 – Fjodor Otsep, Russiese draaiboekskrywer en regisseur (* 1895).
- 1984 – Estelle Winwood, Engelse aktrise (* 1883).
- 1995 – Emil Cioran, Roemeense filosoof (* 1911).
- 2009 – Neda Agha-Soltan, jong Irannese vrou wat betoog het in Teheran teen aksies van president Mahmoud Ahmadinejad en die ajatolla Ali Khamenei (* 1982).
- 2011 – Ryan Dunn, Amerikaanse televisiepersoonlikheid (* 1977).
- 2015 – Esther Brand, Suid-Afrikaanse atleet en Olimpiese gouemedaljewenner (* 1922).
- 2015 – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur en rolprentvervaardiger (* 1938).
- 2024 – Donald Sutherland, Kanadese akteur (* 1935).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 Junie. |