14 Junie
Voorkoms
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
14 Junie is die 165ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (166ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 200 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1057 – Frederik van Lotaringe (later Pous Stefanus IX (X)) word kardinaal-priester van Sint Chrysogonus.
- 1555 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word goewerneur van Fano.
- 1557 – Pous Paulus IV stel William Peto, biskop van Salisbury, aan as kardinaal.
- 1645 – Oliver Cromwell wen die Slag van Naseby.
- 1658 – Die Franse en die Engelse verslaan die Spanjaarde by Duinkerken.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer A Quo Primum oor die vreedsame samelewing van Jode en Christene.
- 1761 – Pous Clemens XIII publiseer In Dominico Agro – oor godsdiensonderrig.
- 1777 – Die Stars and Stripes word die amptelike vlag van die Verenigde State.
- 1783 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word as priester gewy.
- 1800 – Napoleon wen die Slag van Marengo.
- 1807 – Napoleon wen die Slag van Friedland.
- 1907 – Die Oranjerivierkolonie verkry selfregeringstatus.
- 1919 – Alcock en Brown styg op in Newfoundland om die eerste ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan te voltooi.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Eerste gevangenes arriveer in die Auschwitz-konsentrasiekamp.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Parys word deur Nazi-Duitsland ingeval en beset.
- 1963 – Vostok 5-ruimtetuig word gelanseer.
- 1967 – Amerikaanse Mariner-program: Mariner 5 word gelanseer.
- 1975 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 10 word gelanseer.
- 1982 – Einde van die Falklandoorlog.
- 1985 – TWA Vlug 847 word deur Hezbollah-militante gekaap.
- 1999 – Thabo Mbeki word die tweede President van Suid-Afrika (1999–2008).
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1736 – Charles Coulomb, Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur († 1806).
- 1832 – Jacob Dirk Barry, Suid-Afrikaanse regter en stigter van die handelsonderneming Barry and Nephews († 1905).
- 1909 – Burl Ives, Amerikaanse sanger en akteur († 1995).
- 1910 – Rudolf Kempe, Duitse dirigent († 1976).
- 1928 – Che Guevara, Suid-Amerikaanse vryheidstryder († 1967).
- 1934 – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres († 2016).
- 1938 – Julie Felix, 'n Amerikaanse folk-sangeres († 2020).
- 1946 – Donald Trump, 45ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 1954 – Mhlobo Jadezweni, Suid-Afrikaanse akademikus en skrywer.
- 1969 – Steffi Graf, Duitse vrouetennisspeler.
- 1977 – Camila Pitanga, Brasiliaanse aktrise.
- 1982 – Lang Lang, Chinese konsertpianis.
- 2008 – Giulia Benite, Brasiliaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1594 – Orlando di Lasso, een van die beduidendste komponiste van die Hoog-Renaissance (* 1532).
- 1980 – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog (* 1870).
- 1920 – Max Weber, Duitse ekonoom (* 1864).
- 2005 – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent (* 1914).
- 2012 – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler (* 1923)..
- 2017 – Monika Pon-su-san, Vladimir Tretchikoff se model vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame) (* 1930).
- 2020 – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 2020 – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model (* 1986).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 June. |