1723
Voorkoms
1723 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1718 | 1719 | 1720 | 1721 | 1722 | ◄ 1723 ► | 1724 | 1725 | 1726 | 1727 | 1728 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1723 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Jan Verkolje se Antonie van Leeuwenhoek | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1723 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 23ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Die KPM-fabriek van Meissen stel porseleinmerke in om aan die onderkant van die breekware die herkoms aan te toon.
- 15 Mei – Lorenzo Ganganelli (Later Pous Clemens XIV) word kloosterling.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 31 Maart – Frederik V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1766)
- 5 Junie – Adam Smith, Skotse Ekonoom († 1790)
- 20 Oktober – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika († 1781)
- 22 Desember – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era († 1787)
- Onbekend – Marcus Élieser Bloch, Duitse dokter en natuurkundige († 1799)
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 7 Februarie – Paul Roux sterf in Drakenstein. Hy was aangestel as die eerste onderwyser van die nuwe skool in Drakenstein op 8 November 1688.
- 25 Februarie – Sir Christopher Wren, Engelse argitek, astronoom en wiskundige (* 1632).
- 26 Augustus – Antonie van Leeuwenhoek, Vader van Mikrobiologie (* 1632).