Siviwe Gwarube
Siviwe Gwarube | |
![]() | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 3 Julie 2024 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Angie Motshekga |
Skaduminister van Gesondheid
| |
Ampstermyn 5 Junie 2019 – 30 Junie 2024 | |
Vise | Lindy Wilson |
Voorafgegaan deur | Patricia Kopane |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Siviwe Gwarube 14 Julie 1989 King William’s Town |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Alma mater | Rhodes Universiteit |
Siviwe Gwarube (gebore 14 Julie 1989) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van die Oos-Kaap. Gwarube is 'n lid van die Demokratiese Alliansie (DA). Sy dien sedert Julie 2024 as Minister van Basiese Onderwys in die Regering van Nasionale Eenheid. Gwarube was die DA se skaduminister van gesondheid voor haar aanstelling as minister. Sy het 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika op 22 Mei 2019 geword.
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Gwarube is in King William's Town in die destydse Kaapprovinsie gebore en deur haar ouma grootgemaak. Sy het skoolgegaan by Kingsridge High School for Girls en daar gematrikuleer. Daarna het sy 'n BA-graad in regte, politiek en filosofie aan die Rhodes Universiteit behaal.[1]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Gwarube het haar loopbaan in kommunikasie begin. Sy is toe in 2012 deur Lindiwe Mazibuko in diens geneem. Haar volgende werk was as hoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement. Voor haar verkiesing tot die parlement was sy hoof van die DA se kommunikasies.[1]
Sy is op 22 Mei 2019 as 'n parlementslid ingehuldig. Mmusi Maimane, destydse DA-parlementêre leier, het haar in die pos van skaduminister van gesondheid aangewys. Die nuutverkose leier John Steenhuisen (verkies in Oktober 2019) het haar in haar pos behou.[1]
Na onderhandelings om 'n Regering van Nasionale Eenheid te vorm,[2] is Gwarube in Julie 2024 as Minister van Basiese Onderwys deur president Cyril Ramaphosa aangestel.[3][4] Sy is op 3 Julie ingehuldig.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 (en) NHI Lawmakers: Face to face with DA MP Siviwe Gwarube, Spotlight, 18 November 2019. Besoek op 12 April 2020.
- ↑ Ramushwana, Alpha (2 Junie 2024). "DA declares coalition team to lead talks over the next 5 years". EWN (in Engels). Besoek op 3 Julie 2024.
- ↑ "I'm itching to get stuck in – Siviwe Gwarube ready to start tenure as basic education minister". The Sowetan. 2 Julie 2024. Besoek op 3 Julie 2024.
- ↑ Ramaphosa, Cyril (30 Junie 2024). "Working together to 'serve the people': Ramaphosa names new Cabinet". News24 (in Engels). Besoek op 3 Julie 2024.
- ↑ Ludidi, Velani (3 Julie 2024). "Historic day for SA as GNU ministers sworn into office". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 16 Julie 2024.