Cedric Frolick
Cedric Thomas Frolick | |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 18 November 2010 | |
President | Jacob Zuma→Cyril Ramaphosa |
---|---|
Huisvoorsitter vir komitees, oorsig en Inligtings- en Kommunikasietegnologie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 18 November 2010 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 20 Januarie 1967 Port Elizabeth, Oos-Kaap |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | African National Congress |
Cedric Thomas Frolick (gebore 20 Januarie 1967) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die African National Congress. Hy dien tans as die huisvoorsitter vir komitees, oorsig en Inligtings- en Kommunikasietegnologie (IKT) in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika.
Biografie
[wysig | wysig bron]Opleiding
[wysig | wysig bron]Frolick is in 1967 in Schauderville, 'n noordelike woongebied van Port Elizabeth, gebore.[1] Hy het aan die De Vos Malan Laerskool in Schauderville skoolgegaan en gevorder om met vrystelling te matrikuleer by die David Livingstone Senior Secondary School in 1984. Daarna het hy aan die Universiteit van Port Elizabeth studeer vanaf 1985-1988 waar hy 'n BA graad met hoofvakke Aardrykskunde en Sielkunde behaal het in 1987. Hierna het 'n Hoër Diploma in Onderwys (nagraads) in 1988 en 'n BA Opvoedkunde (Honneursgraad) in 1992 gevolg.
Politiek
[wysig | wysig bron]Hy is 'n oudonderwyser, politikus en anti-apartheid aktivis. Hy het in 1999 uit die onderwys bedank om 'n voltydse politikus in die parlement te word. Op 18 November 2010 het die ANC hom as die huisvoorsitter vir komitees, oorsig en IKT in die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika aangestel.[2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Cedric Frolick". Who’s Who of Southern Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2011. Besoek op 23 November 2011.
- ↑ Mokone, Thabo (18 November 2010). "ANC reshuffles leadership in parliament". The Times. South Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2011.
- ↑ "ANC reshuffles parliamentary leadership". News24. 18 November 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 30 November 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- "Cedric Thomas Frolick". People's Assembly.