Kalmikië
Republiek van Kalmikië Хальмг Таңһч | ||||
Die ligging van Kalmikië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Suid | |||
Ekonomiese streek | Wolga | |||
Stigting | 9 Januarie 1957 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Elista | |||
Leier | Aleksei Orlof | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Choeral | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 289 481 | |||
Volgorde | 78ste | |||
Digtheid | 3,8/km2 | |||
Stedelik | 44,1% | |||
Plattelands | 55,9% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 76 100 km2 | |||
Volgorde | 41ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 08 | |||
Amptelike tale | Russies, Kalmikies | |||
Webtuiste | http://kalm.ru | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Kalmikië (ook Kalmoekië; Kalmikies: Хальмг Таңһч, Chalmg Tangchtsj; Russies: Республика Калмыкия, Respoeblika Kalmikija), is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Dit is geleë aan die Kaspiese See. Dit is die enigste gebied in Europa waar Boeddhisme die hoofgodsdiens is. Die hoofstad is Elista en die amptelike tale Russies en Kalmikies.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Vroeë geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Kalmikiërs stam grotendeels van Mongoolse nomadiese volke wat hulle in die 17de eeu hier gevestig het. Binne 25 jaar word hulle onderdane van die Russiese tsaar. In ruil vir die beskerming van Rusland se suidelike grens kry hulle ’n jaarlikse toelae en toegang tot die markte van die Russiese grensgebiede. Die streek bereik die hoogtepunt van sy militêre en politieke mag onder Ajoeka Khan (1669–1724).
Ná Ajoeka Khan se dood word die streek ál minder onafhanklik en ’n groot deel van die bevolking begin wegtrek. Om dit stop te sit, neem Katharina die Grote hul onafhanklikheid weg en dra alle regeringsmag oor aan die goewerneur van Astrachan. Ná die Tweede Wêreldoorlog word groot dele van die bevolking deur Josef Stalin na Siberië verban. Omtrent die helfte keer ná sowat twintig jaar weer terug. Op 9 Januarie 1957 word die streek ’n outonome oblast en op 29 Julie 1958 ’n outonome republiek. Ná die val van die Sowjetunie behou dit sy status as outonome republiek.
Huidige beleid
[wysig | wysig bron]Die huidige president is sedert die verkiesings van 1993 die multimiljoenêr Kirsan Iljoemzjinof, wat voorsitter van die internasionale skaakfederasie FIDE is. Sy droom is om van Kalmikië ’n skaakparadys en onafhanklike staat te maak.
Iljoemzjinof het in 1994 die grondwet afgeskaf en die "diktatuur van die gesonde verstand" ingevoer. Dit beteken die president bepaal die beleid. Hy alleen kan mense aanstel en afdank. Volgens sy visie werk die mans, die vroue sorg vir die kinders, die kinders speel skaak en hy sorg vir die res.
Hy wil Kalmikië laat afskei van die Russiese Federasie en in plaas daarvan ’n "geassosieerde lid" laat word. Hy glo die republiek staan de facto reeds buite die federasie omdat dit geen geld meer uit die federale begroting kry nie, maar wel belasting betaal. Rusland staan dié planne teen.
Geografie
[wysig | wysig bron]In die suide grens Kalmikië aan Dagestan en in die noordooste aan Kazachstan. Sy binnelandse bure is Wolgograd-oblast (NW/N), Astrachan-oblast (N/NO/O), Dagestan (S), Stawropol-krai (SW) en Rostof-oblast (W). Die republiek bestaan hoofsaaklik uit steppe en woestyn.
Groot dorpe en stede
[wysig | wysig bron]- Elista (Элиста) – 104 254
- Lagan (Лагань) – 14 345
- Gorodowikofsk (Городовиковск) – 10 940
- Troitskoje (Троицкое) – 10 298
- Jasjkoel (Яшкуль) – 7 399
- Sadowoje (Садовое) – 6 505
- Malije Derbeti (Малые Дербеты) – 5 980
Riviere
[wysig | wysig bron]Van die grootste riviere is:
Mere
[wysig | wysig bron]Kalmikië lê aan die Kaspiese See. Daar is net enkele mere in die republiek, onder meer:
Fauna
[wysig | wysig bron]Die republiek se wildlewe sluit die bekende saiga-wildsbok in. Die diere se habitat word beskerm in die Tsjorni Zemli-natuurreservaat.
Administratiewe rajons
[wysig | wysig bron]Naam | Oppervlakte | Bevolking (2021) | Setel |
---|---|---|---|
Gorodowikofsk-rajon | 1 099 km² | 13 793 | Gorodowikofsk |
Iki-Boeroel-rajon | 6 363 km² | 9 596 | Iki-Boeroel |
Jasjalta-rajon | 2 416 km² | 14 660 | Jasjalta |
Jasjkoel-rajon | 11 769 km² | 14 845 | Jasjkoel |
Joesta-rajon | 7 996 km² | 9 346 | Tsagan Aman |
Kettsjeneri-rajon | 6 548 km² | 8 746 | Kettsjeneri |
Lagan-rajon | 4 170 km² | 18 549 | Lagan |
Maloderbetofski-rajon | 3 666 km² | 9 369 | Malije Derbeti |
Oktabjr-rajon | 3 686 km² | 7 878 | Bolsjoi Tsarin |
Prijoetnoje-rajon | 3 110 km² | 9 633 | Prijoetnoje |
Sarpa-rajon | 3 738 km² | 11 084 | Sadowoje |
Tselinni-rajon | 5 258 km² | 20 212 | Troitskoje |
Tsjernozemelski-rajon | 14 192 km² | 12 343 | Komsomolski |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Kalmukkië
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Nuusagentskap van die Republiek Kalmikië Geargiveer 22 Maart 2007 op Wayback Machine (Engels en Russies)
- Verslag oor die Kalmikiese taal
- Forum van die Kalmikiese Internetgemeenskap
- Kalmikiese Poort Geargiveer 15 April 2018 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kalmikië.