Koersk-oblast
Koersk-oblast Курская область | ||||
Die ligging van Koersk-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Sentrale | |||
Ekonomiese streek | Sentrale Swartgrond | |||
Stigting | 13 Junie 1934 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Koersk | |||
Leier | Aleksander Michailof | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Oblast-doema | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 1 127 081 | |||
Volgorde | 46ste | |||
Digtheid | 73,82/km2 | |||
Stedelik | 65,2% | |||
Plattelands | 34,8% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 29 800 km2 | |||
Volgorde | 65ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 46 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://rkursk.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Koersk-oblast (Russies: Ку́рская о́бласть, Koerskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Koersk.
Die oblast se bevolkingsyfer volgens die Russiese sensus van 2010 is 1 127 081.[1]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Slawiese stamme van die Sewerjane het die gebied vanaf die 9de eeu bewoon. Van 830 n.C. was Koersk deel van die Roes-khaganaaat en Kiëf-Roes. Hoewel die gebied reeds sedert die einde van die laaste ystyd bewoon is, is inligting oor stede skaars tot in 1596, toe die Koersk-fort gebou is. Dit was toe deel van die Groothertogdom Litaue (14de-16de eeu). Die Groothertogdom Moskou het dit in die Moskowies-Litause Oorloë verower. Kort daarna het die bevolking begin groei, hoofsaaklik danksy ’n groot migrasie aan die begin van die 17de eeu van Sentraal-Rusland af ná ’n hongersnood. Tussen 1708 en 1719 was Koersk deel van die nuut gestigte Kiëf-goewernaat. Van 1719 tor 1727 was dit deel van die provinsie Belgorod van die goewernaat. Later was die Koersk-oejezd deel van die Belgorod-goewernaat.
Op 23 Julie 1779 is die Koersk-goewernaat gestig. Dit het bestaan tot in 1928, toe dié goewernaat deel van die Sentrale Swartgrond-oblast geword het. Omdat dié oblast baie groot en die administrasie daarvan moeilik was, is dit op 13 Junie 1934 in twee oblaste verdeel: Koersk- en Woronezj. In die tydperk tussen 1934 en 1954 is die oblaste se grense voortdurend verskuif. Sedert 1954 het die grense egter konstant gebly.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die gebied van Koersk-oblast van die herfs van 1941 tot die somer van 1943 deur Duitse troepe beset. Die Slag van Koersk, een van die grootste veldslae van WOII, het in 1943 in die streek plaasgevind.
Geografie
[wysig | wysig bron]Die oblast, met ’n gemiddelde hoogte van 177-225 m bo seespieël, beslaan die suidelike hange van die Sentraal-Russiese Plato. Die gebied is heuwelagtig en word deurkruis deur ravyne. Die sentrale deel is hoër as die Seimvallei in die weste. Die Timsko-Sjtsjigrinski-bergrug bevat die hoogste punt in die oblast (288 m). Die lae reliëf, sagte heuwels en matige winters maak die streek ideaal vir landbou, en ’n groot deel van die woude is ontbos.
Vrugbare swart grond (tsjernozjom) bedek sowat 70% van die oblast se grondgebied; podsol beslaan 26%.
Koersk-oblast grens in die noordweste aan Brjansk-oblast, in die noorde aan Orjol-oblast, in die noordooste aan Lipetsk-oblast, in die ooste aan Woronezj-oblast en in die suide aan Belgorod-oblast. Dit het ’n internasionale grens van 245 km met Soemi-oblast in Oekraïne in die weste.
Die oblast dra by tot twee groot opvanggebiede: die Dnieper- en Donrivier (onderskeidelik 78% en 22%). Daar is 902 riviers en strome in die oblast, met ’n totale lengte van sowat 8 000 km. Groot riviere sluit in die Seim en die Psjol. Daar is ook 145 kunsmatige mere en sowat 550 damme.
Klimaat
[wysig | wysig bron]Danksy die oblast se ligging in die middel van die Europese deel van Rusland is die klimaat matig kontinentaal: warm somers en relatief matige winters. In Julie is die gemiddelde maksimum dagtemperatuur 19,3 °C. In Januarie is die gemiddelde maksimum dagtemperatuur -8,6 °C. Die gemiddelde jaarlikse neerslag is 584 mm, maar dit wissel van 634 mm in die noordweste tot sowat 500 mm of minder in die suidooste. Die meeste reën kom in Junie en Julie voor.
Demografie
[wysig | wysig bron]Russies-Ortodoks | 68.7% | |||
Ougelowiges | 0.5% | |||
Ander Christene | 0.9% | |||
Spiritueel, maar nie godsdienstig | 24.2% | |||
Ateïsties | 4.2% | |||
Ander of geen | 1.5% | |||
Godsdiens in Koersk-oblast[2][3] |
Volgens die 2010-sensus het Koersk-oblast ’n bevolking van 1 127 081.[1] Hiervan is 96,5% Russe, 1,3% Oekraïners en 0,5% Armeniërs. Altesaam 52 722 mense het nie hulle etnisiteit verklaar nie. Daar word geraam die verspreiding van dié groep is dieselfde as vir die groep wat wel hulle etnisiteit verklaar het.[4]
Godsdiens
[wysig | wysig bron]Volgens ’n opname in 2012[2] behoort 68,7% van die bevolking tot die Russies-Ortodokse Kerk. Altesaam 24,2% is spiritueel maar nie godsdienstig nie, 4,2% is ateïsties en 1,5% volg ander gelowe of het nie die vraag beantwoord nie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (ru) Оценка численности населения на 1 января 2014 года и в среднем за 2013 год Geargiveer 19 Oktober 2015 op Wayback Machine
- ↑ 2,0 2,1 "Arena: Atlas of Religions and Nationalities in Russia". Sreda, 2012.
- ↑ 2012 Arena Atlas Religion Maps. "Ogonek", № 34 (5243), 27/08/2012. Besoek op 21/04/2017. Geargiveer
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 24 Desember 2020.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koersk-oblast.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.