Eiland
'n Eiland is enige stuk land, kleiner as 'n kontinent, maar groter as 'n rots wat heeltemal deur water omring word. Alhoewel meeste eilande natuurlike eilande is, kry mens ook mensgemaakte eilande. Die grootste eiland ter wêreld is Groenland.
Sommige eilande het hulle eie lande. Voorbeelde hiervan is Kuba, Ysland en Madagaskar. Ander eilande het meer as een land daarop, soos Borneo en Hispaniola. Daar is ook verskeie onbewoonde en onherbergsame eilande.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]'n Eiland kan gesien word as 'n grondgebied wat aan alle kante deur water omring is, maar kleiner as 'n kontinent en groter as 'n rots of 'n sandbank.
In teenstelling met 'n vasteland is die invloed van die see steeds merkbaar in die middel van 'n eiland. Dit word algemeen aanvaar dat Groenland (met 'n oppervlakte van 2 166 086 km²) die grootste eiland ter wêreld is. Australië word as 'n kontinent gesien. As Australië as 'n eiland gesien word, sou dit die grootste eiland ter wêreld wees met 'n oppervlakte van 7 686 850 km².
Eilande kan vorm uit vulkaniese aktiwiteit, sedimentasie en biologiese aktiwiteite, soos koraalgroei.
In dinamiese omgewings soos die Waddesee ontstaan eilande gereeld (as gevolg van sedimentasie) en verdwyn (as gevolg van erosie).
'n Eiland kan so genoem word as minstens 160 hektaar grond droog bly teen 'n gemiddelde watervlak in die Noordsee. Sedert 2003 is die voormalige sandbanke Kachelotplate (Duits) en Noorderhaaks (Nederlands, ook genoem Razende Bol) albei 'n Waddeneiland.
Tipes eilande
[wysig | wysig bron]Gebaseer op hul relatiewe ligging ten opsigte van kontinente word eilande in kontinentale en oseaniese eilande verdeel.
'n Gety-eiland is 'n eiland wat met laagwater oor land toeganklik is en met hoogwater deur water omring word, soos St Michael's Mount in Engeland en Mont-Saint-Michel in Normandië (Frankryk).
Klein rotsagtige eilande word skerries genoem.
'n Hoë of vulkaniese eiland is 'n eiland van vulkaniese oorsprong. Die term word gebruik om hierdie tipe eiland te onderskei van lae eilande, wat deur sedimentasie of deur die opheffing van koraalriwwe geskep is.
'n Skiereiland is nie 'n eiland nie, maar 'n grondgebied wat deur 'n landtang aan die vasteland verbind is, vandaar die naam: "amper eiland".
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die woord eiland en verwante woorde in die Wes-Germaanse tale het ontstaan as 'n samestelling van afleidings van die Proto-Germaanse morfeem *agwjō- en die morfeem land. Die morfeem *agwjō- het hier die betekenis van grond wat aan water behoort.
Biologie
[wysig | wysig bron]Eilande is die omgewing vir uitsonderlike biologiese verskynsels. Byvoorbeeld kan, as gevolg van die relatiewe isolasie van 'n eiland, 'n spesifieke vorm van evolusie ontstaan. In argiepele word 'n spesie soms op een eiland aangetref wat nou verwant is aan, maar verskil van 'n spesie op 'n nabygeleë eiland. Daar is voorbeelde van relatief groot of, omgekeerd, klein spesies van 'n spesifieke genus, wat slegs op eilande voorkom, soos vasgestel is vir dwergolifante en reusagtige rotte en muise.
Verskillende patrone van vorming en uitsterwing van spesies kom op eilande voor as gevolg van hul relatief klein grootte en afgeleëntheid van ander eilande of die vasteland. Die verwantskap tussen beide afstande en groottes van eilande en die uitsterwing van spesies is beskryf in die sogenaamde eilandteorie.
Eilande volgens kontinent
[wysig | wysig bron]Eilande rondom Afrika
[wysig | wysig bron]- Comore-eilande
- Kaap Verde
- Kanariese Eilande (Spanje)
- Lampedusa (Italië)
- Madagaskar – 587 041 km²
- Mauritius
- Pemba
- Sint Thomas
- Seychelle
- Sint Helena
- Zanzibar
Eilande rondom Noord- en Suid-Amerika
[wysig | wysig bron]- Groenland (Denemarke) – 2 175 000 km²
- Baffin-eiland (Kanada) – 507 451 km²
- Victoria-eiland (Kanada) – 217 290 km²
- Ellesmere-eiland (Kanada) – 196 236 km²
- Kuba – 110 922 km²
- Newfoundland (Kanada) – 108 860 km²
- Vancouver-eiland (Kanada) – 32 134 km²
- Falkland-eilande (Verenigde Koninkryk)
- Galápagos-eilande (Ecuador)
- Hispaniola (Haïti/Dominikaanse Republiek)
- Jamaika
- Trinidad en Tobago
- Aruba (land van die Koninkryk van die Nederlande)
- Curaçao (land van die Koninkryk van die Nederlande)
- Sint Maarten (deel van Frankryk, land van die Koninkryk van die Nederlande)
- Bonaire (Nederland)
- Sint Eustatius (Nederland)
- Saba (Nederland)
- Guadeloupe (Frankryk)
- Bermuda (Verenigde Koninkryk)
- Puerto Rico (Verenigde State)
- Hawaii (Verenigde State)
- Devil's Island (Frankryk)
Eilande rondom Asië
[wysig | wysig bron]- Nieu-Guinee (Indonesiese deel) – 789 900 km²
- Bohol (Filippyne)
- Borneo (Indonesiese deel) – 751 000 km²
- Soematra (Indonesië) – 422 200 km²
- Honsjoe (Japan) – 230 092 km²
- Soelawesi (Indonesië) – 178 700 km²
- Java (Indonesië) – 126 400 km²
- Luzon (Filippyne) – 104 400 km²
- Tenedos (Turkye)
- Gokceada (Turkye)
- Marmara (Turkye)
- Giresun-eiland (Turkye)
- Paspargos-eilande (Turkye)
- Prinseilande (Turkye)
- Mindoro (Filippyne)
- Mindanao (Filippyne)
- Rhodos (Griekeland)
- Kos (Griekeland)
- Samos (Griekeland)
- Lesbos (Griekeland)
- Siprus – 9 252 km²
- Cebu (Filippyne) – 5 088 km²
- Hokkaido (Japan)
Eilande rondom Europa
[wysig | wysig bron]- Groot-Brittanje (Verenigde Koninkryk) – 229 849 km²
- Ysland – 103 000 km²
- Ierland (Republiek Ierland, Noord-Ierland in die Verenigde Koninkryk) – 84 421 km²
- Sisilië (Italië)
- Sardinië (Italië)
- Torcello (Italië)
- Korsika (Frankryk)
- Malta
- Elba (Italië)
- Majorka (Baleariese Eilande, Spanje)
- Minorka (Baleariese Eilande, Spanje)
- Ibiza (Baleariese Eilande, Spanje)
- Gökçeada (Imbros, Turkye)
- Kanaaleilande: Jersey, Guernsey, Sark (Britse Kroongebiede) en Chausey-eilande (Frankryk)
- Öland (Swede) (Oossee)
- Nowaja Zemlja (Rusland) (Arktiese Oseaan)
- Waddesee-eilande (op die grens tussen Noord- en Waddensee, slegs bewoonde eilande hier ingesluit):
- Nederland: Texel, Vlieland, Terschelling, Ameland, Schiermonnikoog
- Duitsland: Borkum, Juist, Norderney, Baltrum, Langeoog, Spiekeroog, Wangerooge, Neuwerk, Pellworm, Nordstrand, Halligen, Amrum, Föhr, Sylt
- Denemarke: Rømø, Mandø, Fanø
Eilande rondom Australië en Nieu-Seeland en in Oseanië
[wysig | wysig bron]- Nieu-Guinee (Oseaniese deel) – 789 900 km²
- Suideiland (Nieu-Seeland) – 150 460 km²
- Noordeiland (Nieu-Seeland) – 114 687 km²
- Tasmanië (Australië)
- Frasereiland (Australië)
- Fidji
- Cookeilande
- Pitcairneilande (Verenigde Koninkryk)
- Paaseiland (Australië)
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van eilande van die wêreld
- Argipel, 'n eilandgroep.
- Atol, ringvormige eiland of reeks eilande van koraal.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Gillespie, Rosemary G.; Clague, David A., reds. (2009). Encyclopedia of Islands. University of California. pp. xxxi. ISBN 978-0-520-25649-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2021. Besoek op 21 Augustus 2022.
- (en) "Island".. URL besoek op 5 Maart 2007.
- (en) Ringe, Donald A. (2006). A Linguistic History of English: From Proto-Indo-European to Proto-Germanic. Oxford University Press. p. 109. ISBN 0-19-928413-X.
- (en) Brown, Mike (2010). How I Killed Pluto and Why It Had It Coming. New York: Random House Digital. pp. 186–187. ISBN 978-0-385-53108-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2016.
- (en) Royle, Stephen A. (2001). A Geography of Islands: Small Island Insularity. Psychology Press. pp. 7–11. ISBN 1-85728-865-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Sien eiland in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eilande.