Chaos (mitologie)
Chaos (Grieks: Χαος, Khaos, "leegte") is in die Griekse mitologie die niks waaruit die eerste Griekse gode ontstaan het. Dit is ’n eindelose gat waarin alles val; nie na onder nie, want geen oriëntasie is moontlik nie, maar na alle kante toe. Uit hierdie uitgestrekte en duistere wanorde het orde ontstaan in die vorm van die Aarde. Die kinders van Chaos het saam met hul vader die berge, die see en die hemel geskep. Hulle het ook 12 Titane, 3 siklope en 3 reuse met honderd arms elk gemaak. Van die 12 Titane is Okeanos, Iapetos en Kronos die bekendste.
Volgens Theogonie
[wysig | wysig bron]In Teogonie van Hesiodus word genoem dat die eerste bestaande objekte uit die niks van Chaos ontstaan het; sy kinders Nyx (die nag), Erebos (die duisternis), Eros (die liefde), Gaia (die aarde) en Tartaros (die onderwêreld). Volgens sommige bronne het die laaste twee gode egter onafhanklik van Chaos ontstaan.
Volgens Hesiodus het die skepping van lewe in die godewêreld op twee maniere geskied: óf deur seksuele interaksie óf deur deling. Dit is opvallend dat baie "slegte" gode, wesens en hul konsepte (dood, sarkasme, misleiding, ens.) in die Griekse mitologie gebore is op die laasgenoemde manier van voortplanting.
Volgens Metamorfoses
[wysig | wysig bron]In Metamorfoses van Ovidius word Chaos beskryf as ’n ruwe, onverwerkte massa: leweloos, ongefatsoeneer en onaangepas. Die moderne betekenis van die woord "chaos" is dan ook "totale wanorde".
In Chaos was al die saad opgesluit wat later sou groei tot alle bestaande materie.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Chaos (Griekse mythologie)