Visayas
Visayas Inheemse naam: Kabisay-an / Kabisayaan | |
---|---|
Ligging van die Visayas in die Filippyne | |
Geografie
| |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 11°00′N 123°30′O / 11.000°N 123.500°O |
Argipel | Filippyne
|
Hoofeilande | Bohol, Cebu, Leyte, Negros, Panay, Samar |
Oppervlakte | 71 503 vk km |
Hoogste punt | Berg Kanlaon 2 435 m |
Administrasie | |
Filippyne | |
Streke | Wes-, Sentraal- en Oos-Visayas, Negros Eilandstreek
|
Hoofstad | Cebu Stad |
Grootste stad | Cebu Stad (912 611)
|
Demografie | |
Bevolking | 19 373 431
|
Bevolkingsgroepe | Visayans (Aklanon, Boholano/Bol-anon, Caluyanon, Capiznon, Cebuano, Eskaya, Hiligaynon, Karay-a, Masbateño, Porohanon, Romblomanon, Waray), Ati en ander etniese groepe |
Die Visayas (Cebuano en Wáray-Wáray: Kabisay-an [kabiˈsajʔan], Tagalog: Kabisayaan [kabiˈsɐjaʔan], Spaans: Bisayas) is 'n argipel in die middel van die Filippyne en word begrens deur die Sulusee in die suidweste en die Filippynse See in die ooste. Hulle is tussen Luzon in die noorde en Mindanao in die suide geleë.[1] Die Visayas vorm saam met Luzon en Mindanao die eilandnasie Filippyne.
Die eilandgroep het 'n bevolking van sowat 19 373 431 in 2015 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 71 503 km². Die hoofstad, Cebu Stad, het 'n bevolking van 922 611 in 2015 gehad.
Die naam van die Visayas is afgelei van die Sanskrit-woorde sri (श्री) vir "gelukkig" of "voorspoedig" en vijaya (विजय) vir "seëvierend" of "uitstekend".
Streke en provinsies
[wysig | wysig bron]Die Visayas is polities vier streke verdeel, wat uit 16 provinsies bestaan.
Wes-Visayas (Streek VI)
[wysig | wysig bron]Die Wes-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eiland Panay en het 'n oppervlakte van 12 352,5 km².
Die provinsies van die streek is:
Sentraal-Visayas (Streek VII)
[wysig | wysig bron]Die Sentraal-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eilande Cebu en Bohol en het 'n oppervlakte van 10 102,1 km².
Die provinsies van die streek is:
Oos-Visayas (Streek VIII)
[wysig | wysig bron]Die Oos-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eilande Leyte en Samar en het 'n oppervlakte van 23 251 km².
Die provinsies van die streek is:
- Biliran (536 km²)
- Leyte (6 515 km²)
- Suid-Leyte (1 799 km²)
- Oos-Samar (4 660 km²)
- Noord-Samar (3 693 km²)
- Samar (6 048 km²)
Negros Eilandstreek (NIR)
[wysig | wysig bron]Die Negros Eilandstreek bestaan hoofsaaklik uit die eiland Negros en het 'n oppervlakte van 13 665,9 km².
Die provinsies van die streek is:
- Negros Occidental (7 965 km²)
- Negros Oriental (5 386 km²)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Visayan Islands" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2019. Besoek op 5 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Visayas.
- (en) Toerisme-inligting oor Visayas op Wikivoyage
- (en) "Visayan Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 April 2020.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal. |