Die Rasjidoen-kalifaat tydens die heerskap van Oethman.
Oethman ibn Affan (Arabies: عثمان بن عفان; omstreeks 577 tot 17 Julie 656), was die derde van die vier "reggeleide" kaliefs van Islam. Hy was ’n metgesel en skoonseun van Mohammed, en die vierde man wat hom tot Islam bekeer het.