Sukkulente Karoo
Sukkulente Karoo | ||||
Ekostreek | ||||
WWF-kode | AT1322 | |||
Bioom | Woestyn en droë struikveld | |||
Ekosone | Afrotropiese gebied | |||
Floraryk | Capensis | |||
Oppervlakte | 102 800 km² | |||
Beskerm | % | |||
|
Die Sukkulente Karoo[1] is ’n WWF-ekostreek wat behoort tot 'n woestynagtige bioom in Suid-Afrika en Namibië. Dit strek al met die kuslyn van Suidwes-Namibië en die Noord-Kaap in Suid-Afrika langs, waar die koue Benguelastroom dikwels mis veroorsaak. Die streek strek verder na die binneland van Suid-Afrika se Wes-Kaap. Dit word in die suide begrens deur die fynbosbioom, in die ooste deur die Nama-Karoo, met sy meer uiteenlopende temperature en wisselvallige reënval, en in die noorde deur die Namibwoestyn.
Flora
[wysig | wysig bron]Vetplante
[wysig | wysig bron]Die Sukkulente Karoo word gekenmerk deur die wêreld se grootste verskeidenheid vetplante en bevat sowat ’n derde van die wêreld se sowat 10 000 vetplantspesies.
Op die kwartsvelde van die Knersvlakte en die Klein Karoo is daar baie endemiese vygies van die genera Argyroderma en Gibbaeum en in kalksteengedeelte van die Knersvlakte van die genus Antimima.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Argyroderma congregatum
-
Argyroderma fissum Vingervygie
Geofiete
[wysig | wysig bron]Die streek is besonders ryk aan geofiete, met sowat 630 spesies, soos byvoorbeeld die bobbejaantjies. In die Kamiesbergstreek is dit veral geofietspesies van die Iridaceae soos die genera Babiana, Lapeirousia, Moraea en Romulea wat dikwels endemies is. Die aanwesigheid van vetplantspesies uit die Crassulaceae, soos Tylecodon sp. het dikwels krimpsiekte ten gevolge onder die skape en bokke waarmee hier geboer word.
Galery
[wysig | wysig bron]Fauna
[wysig | wysig bron]Die streek bevat uiteenlopende reptiele en baie ongewerweldes. Van die 50 skerpioenspesies is 22 inheems. Kewers van die tribus Hopliini, wat grootliks inheems aan Suider-Afrika is, is in die Sukkulente Karoo gekonsentreer en is belangrike bestuiwers van die flora – so ook vliesvlerkiges, perdebye en bye.
Sowat 15 amfibieë word ook hier aangetref, waarvan drie inheems is. Van die streek se 115 reptielspesies is 48 inheems. In die Sperrgebiet word ’n ongewone skilpad, die Nama-padloper, aangetref. Minder van die streek se voël- en soogdierspesies is endemies.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Van Lill, Dawid. Sien Suid-Afrika: Visuele Feite. Human en Rousseau, Kaapstad. ISBN 978-0-624-05443-6
- ↑ "Reptile list" (PDF). African snakebite institute.
- ↑ "Succulent Karoo". CEPF.
- ↑ Wêreldnatuurfonds-streek Sukkulente Karoo URL besoek op 29 Januarie 2016