Sphyrnidae
Voorkoms
Sphyrnidae | |
---|---|
Sphyrna lewini | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | Sphyrnidae T. N. Gill, 1872
|
Genera | |
|
Die Hammerkophaaie (Sphyrnidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat aan die orde Carcharhiniformes behoort. Daar is slegs een genus met agt spesies wat aan hierdie familie behoort en drie van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die uitstaande kenmerk van die familie is die vorm van die kop en die posisie van die oë. Die kop lyk soos 'n hammer en die oë is weerskante van die 'hammerkop'. Die familie het vyf kieusplete en kom tot op dieptes van 300 m voor. Groot hammerkoppe kan gevaarlik vir mense wees. Die familie is oënskynlik immuun teen die gif van pylsterte.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Sphyrna mokarran - Groot-hammerkophaai
- Sphyrna lewini - Skulprandhamerkophaai
- Sphyrna zygaena - Gladde hamerkophaai
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7