Gaan na inhoud

Skoorsteenveër

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Skoorsteenveër
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Pelecaniformes
Familie: Threskiornithidae
Genus: Threskiornis
Spesie:
T. aethiopicus
Binomiale naam
Threskiornis aethiopicus
(Latham, 1790)
      verspreiding

Die skoorsteenveër (Threskiornis aethiopicus) is 'n groot voël (lengte 64–82 cm; massa 1,5 kg), wat wydverspreid in Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die African sacred ibis.

Gewoontes

[wysig | wysig bron]
'n Legsel van Threskiornis aethiopicus

Die heilige voël van die Egiptenare, waar dit "die vader van die sekel" genoem is, omdat dit in duisende op landerye na oorstromings deur die Nylrivier voorgekom het en as 'n aanduiding van 'n goeie oesjaar beskou was. Waterinsekte, paddas, visse, sprinkane, ensomeer is hulle kos. Die naam skoorsteenveër het hy gekry vanweë sy gewoonte om die binnegoed van dooie diere uit te skraap.

Identifikasie

[wysig | wysig bron]

Die kop en nek is veerloos en swart van kleur. Die vlerke en rug is wit met 'n swart stert.

Habitat

[wysig | wysig bron]

Damme, vleigebied, panne en moerasagtige areas. Hulle word ook op vullishope gevind, waar hulle aas op oorskietkos.

Verspreiding

[wysig | wysig bron]
'n Antieke Egiptiese beeld van 'n skoorsteenveër in die Kopenhagen-museum

Skoorsteenveërs kom voor in Afrika suid van die Sahara, suid-Irak en (voorheen) in Egipte. Hulle is daarnaas ook eksoties ingevoer in Wes-Europa en Amerika.

Voortplanting

[wysig | wysig bron]

Skoorsteenveërs maak nes in boomkolonies, gewoonlik met ander waadvoëls soos reiers. Hulle bou neste van stokke, soms in 'n kremetartboom, en lê 2 tot 3 eiers.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. BirdLife International (2018). "Threskiornis aethiopicus". IUCN Red List of Threatened Species. 2018: e.T22697510A132068562. doi:10.2305/IUCN.UK.2018-2.RLTS.T22697510A132068562.en. Besoek op 19 November 2021.