Seldsame aardelement
"Seldsame aardelemente" en "seldsame aardmetale" is triviale name wat soms toegepas word op 'n versameling van sestien chemiese elemente in die periodieke tabel, naamlik skandium, yttrium, en veertien van die vyftien lantaniede (uitgesluit prometium), wat natuurlik op Aarde voorkom. Die eerste twee word ingesluit aangesien hulle neig om saam met die laasgenoemde dieselfde ertsneerslae. Sommige definisies sluit ook die aktiniede in.
"Aard" is 'n verouderde term vir oksied. Tydens die ontdekking van die elemente is daar geglo dat ertse van die elemente as minerale baie skaars was. Die term "seldsame aard" is egter nou uitgedien aangesien die elemente in werklikheid betreklik volop in die aardkors voorkom; die volopste , serium, teen 68 dele per miljoen, is die 25ste volopste element in die aardkors, meer algemeen as lood, terwyl selfs die skaarste "seldsame" aardelement, lutesium, 200 keer meer volop as goud is.
Teenwoordigheid in die aarkors (dpm)[1] | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu |
30 | 60 | 8,2 | 28 | 0 | 6 | 1,2 | 5,4 | 0,9 | 3,0 | 1,2 | 2,8 | 0,48 | 3 | 0,5 |
Cu | Pb | Sn | Mo | |||||||||||
68 | 9,9 | 2,2 | 1,1 |
Die hoog ekonomiese bronne van seldsame aardelemente is die minerale, bastnasiet, monaziet, en lopariet en die lateritiese ioon-absorpsie kleie. Ondanks hulle betreklike volopheid is dit moeiliker om die elemente te ontgin as die bronne van oorgangsmetale (deels as gevolg van hulle baie soortgelyke eienskappe), wat hulle relatief duur maak. Vir meer detail oor die eienskappe en gebruike van die elemente, sien lantaniede.
Die seldsame aardelement (skandium en yttrium word ook ingesluit, as gevolg van hulle soortgelyke chemiese eienskappe, al is hulle nie seldsame aard elemente nie), met hul simbool en atoomgetal word hieronder gelys:
Element | Simbool | Atoomgetal | Eienskappe en Gebruike |
---|---|---|---|
Skandium | Sc | 21 | 'n Ligte Aluminiun-skandium-allooi vir lugvaartkomponente, bymiddel in metaal-halied-gloeilampe en kwikdamp-ligte,[2] radioaktiewe oppsporings agent in olie raffinaderye. |
Yttrium | Y | 39 | |
Lantaan | La | 57 | |
Serium | Ce | 58 | |
Praseodimium | Pr | 59 | |
Neodimium | Nd | 60 | |
Prometium | Pr | 61 | Die enigste radioaktiewe seldsame aard element. Word gebruik in kern batterye. |
Samarium | Sm | 62 | |
Europium | Eu | 63 | Europium is die mees reaktiewe seldsame aardelement; dit oksideer onmiddellik in lug, en stem ooreen met kalsium in terme van reaksie met water; die metaalelement in vastetoestand is selde blink. Europium ontsteek in lug by omtrent 150 °C tot 180 °C. Dit is omtrent so hard soos lood en heel pletbaar.
Daar is min kommersiële toepassings. Dit is al gebruik om sommige tipes glas om lasers te maak, vir die toetsing vir Down-sindroom en sekere ander genetiese siektes. A.g.v Europium se vermoë om neutrone te absorbeer word dit bestudeer vir gebruik in kernreaktors. Europiumoksied (Eu2O3) word algemeen gebruik as 'n rooi fosfor in televisiestelle en fluoresserende ligte, en as 'n aktiveerder vir yttrium-gebaseerde fosfors. Gebruik in die vervaardiging van fluoresserende glas. Europiumfluoressensie word gebruik om biomolekulêre interaksies in toetse vir geneesmiddelontdekking uit te voer. Word gebruik vir anti-vervalsingfosfors in Eurobanknote. Europium word algemeen ingesluit in spoorelementstudies in geochemie en petrologie. |
Gadolinium | Gd | 64 | |
Terbium | Tb | 65 | |
Disprosium | Dy | 66 | |
Holmium | Ho | 67 | Lasers, golflengte kalibrasie standaard vir optiese spektrofotometrie en spektrofotometers, magnete. |
Erbium | Er | 68 | Infrarooi lasers, Vanadium staal, optiese vesel tegnologie. |
Tulium | Tm | 69 | Draagbare X-straal masjiene, metaal-halied gloeilampe, lasers. |
Ytterbium | Yb | 70 | |
Lutesium | Lu | 71 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Treatise on Process Metallurgy, Seshadri Seetharaman, Newnes, 2013, ISBN 0080969895, ISBN 9780080969893, bls. 1294
- ↑ C. R. Hammond, "Section 4; The Elements", in CRC Handbook of Chemistry and Physics, 89th Edition (Internet Version 2009), David R. Lide, ed., CRC Press/Taylor and Francis, Boca Raton, FL.