Organisasie van Islamitiese Samewerking
Die Organisasie van Islamitiese Samewerking (Arabies: منظمة التعاون الإسلامي, Munaẓẓamat at-Taʿāwun al-islāmī; Engels: Organisation of Islamic Cooperation, OIC; Frans: Organisation de la coopération islamique, OCI) is 'n internasionale organisasie wat uit 57 lande bestaan. Die organisasie poog om die kollektiewe stem van die Moslem-wêreld te verteenwoordig. Hulle doel is om die belange, vooruitgang en welsyn van Moslems te beskerm.
Die OIC handhaaf 'n permanente afvaardiging by die Verenigde Nasies en is die grootste internasionale organisasie buite die VN.[1] Die amptelike tale van die OIC is Arabies, Engels en Frans. Die gesamentlike bevolking van die OIC word op ongeveer 1,6 miljard mense geskat. Die hoofkantoor van die OIS is in Djedda, Saoedi-Arabië, geleë.
Die OIS is op 25 September 1969 gestig en het aanvanklik 25 lede gehad. Hulle het hul naam op 28 Junie 2011 van Organisasie van Islamitiese Konferensie na die huidige naam verander.[2]
Lidlande
[wysig | wysig bron]- Afghanistan (Stigtingslid)
- Albanië (sedert 1992)
- Algerië (Stigtingslid)
- Azerbeidjan (sedert 1992)
- Bahrein (sedert 1972)
- Bangladesj (sedert 1974)
- Benin (sedert 1983)
- Broenei (sedert 1984)
- Burkina Faso (sedert 1974)
- Comore-eilande (sedert 1976)
- Djiboeti (sedert 1978)
- Egipte (Stigtingslid)
- Ivoorkus (sedert 2001)
- Gaboen (sedert 1974)
- Gambië (sedert 1974)
- Guinee (Stigtingslid)
- Guinee-Bissau (sedert 1974)
- Guyana (sedert 1998)
- Indonesië (Stigtingslid)
- Irak (sedert 1975)
- Iran (Stigtingslid)
- Jemen (Stigtingslid)
- Jordanië (Stigtingslid)
- Kameroen (sedert 1974)
- Kasakstan (sedert 1995)
- Katar (sedert 1972)
- Kirgisië (sedert 1992)
- Koeweit (Stigtingslid)
- Libanon (Stigtingslid)
- Libië (Stigtingslid)
- Maleisië (Stigtingslid)
- Maledive (sedert 1976)
- Mali (Stigtingslid)
- Marokko (Stigtingslid)
- Mauritanië (Stigtingslid)
- Mosambiek (sedert 1994)
- Niger (Stigtingslid)
- Nigerië (sedert 1986)
- Oman (sedert 1972)
- Pakistan (Stigtingslid)
- Palestynse Owerheid (Stigtingslid)
- Saoedi-Arabië (Stigtingslid)
- Senegal (Stigtingslid)
- Sierra Leone (sedert 1972)
- Soedan (Stigtingslid)
- Somalië (Stigtingslid)
- Suriname (sedert 1996)
- Tadjikistan (sedert 1992)
- Togo (sedert 1997)
- Tsjad (Stigtingslid)
- Tunisië (Stigtingslid)
- Turkye (Stigtingslid)
- Turkmenistan (sedert 1992)
- Uganda (sedert 1974)
- Oesbekistan (sedert 1996)
- Verenigde Arabiese Emirate (sedert 1972)
- Sirië (sedert 1972, volgens die Siriese Burgeroorlog op 14 Augustus 2012 opgeskort)
Waarnemende lande
[wysig | wysig bron]- Bosnië en Herzegowina (sedert 1994)
- Sentraal-Afrikaanse Republiek (sedert 1997)
- Thailand (sedert 1998)
- Turkse Republiek van Noord-Siprus (sedert 1979 as Moslem-Gemeenskap van Siprus, sedert 2004 as Turks-Sipriese Staat)
- Rusland (sedert 2005)
Opgeskorte lande
[wysig | wysig bron]Geblokkeerde lande
[wysig | wysig bron]Nielede
[wysig | wysig bron]Sekretaris-generaal
[wysig | wysig bron]No. | Naam | Nasionaliteit | Van | Tot |
---|---|---|---|---|
1 | Tunku Abdul Rahman | Maleisië | 1970 | 1974 |
2 | Hassan Tuhami | Egipte | 1974 | 1975 |
3 | Amadou Karim Gaye | Senegal | 1975 | 1979 |
4 | Habib Chatty | Tunisië | 1979 | 1984 |
5 | Syed Sharifuddin Pirzada | Pakistan | 1984 | 1988 |
6 | Hamid Algabid | Niger | 1988 | 1996 |
7 | Azzeddine Laraki | Marokko | 1996 | 2000 |
8 | Abdelouahed Belkeziz | Marokko | 2000 | 2004 |
9 | Ekmeleddin İhsanoğlu | Turkye | 2004 | 2014 |
10 | Iyad bin Amin Madani | Saoedi-Arabië | 2014 | 2016 |
11 | Yousef Al-Othaimeen | Saoedi-Arabië | 2016 | hede |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) US Department of State. "Special Envoy to the Organisation of the Islamic Conference (OIC)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2017. Besoek op 16 Februarie 2012.
- ↑ (en) OIC verander hul naam en embleem Geargiveer 23 Oktober 2014 op Wayback Machine, Pakistan Observer
- ↑ (en) rulers.org: Organization of Islamic Cooperation
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Organisasie van Islamitiese Samewerking. |
- (ar) (en) (fr) Amptelike webwerf
- Lidlande van die OIS Geargiveer 19 Junie 2012 op Wayback Machine
- Waarnemende lande van die OIS[dooie skakel]