Nuristani-tale
Nuristani-tale Kafiri-tale
| |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Nuristan, Afghanistan, en Chitral, Pakistan |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Indo-Irannees Nuristani-tale |
Onderafdelings: |
Noord-Nuristani
Suid-Nuristani
|
Die Nuristanpovinsie in Afghanistan, waar die meeste moedertaalsprekers woon |
Die Nuristani-tale of Kafiri-tale is 'n subfamilie van die Indo-Irannese tale binne die Indo-Europese taalfamilie, saam met die heelwat groter Indo-Ariese tale en Irannese tale.[1][2][3] Die ses tale word deur sowat 30 000 mense in die ooste van Afghanistan en enkele aangrensende valleie in Khyber Pakhtunkhwa se Chitral-distrik van Pakistan gepraat. Die streek waarin die Nuristani's bly, is geleë in die suidelike Hindoekoesjberge en word dreineer deur die Alingarrivier in die weste, die Pechrivier in die sentrum, asook die Landai Sin- en Kunarriviere in die ooste. Die tale was voorheen in óf die Indo-Ariese óf die Irannese tale gegroepeer, voordat hulle eindelik as 'n derde subfamilie van die Indo-Irannese tale erken is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Nuristani". Ethnologue. Besoek op 16 April 2021.
- ↑ (de) Morgenstierne, G. Irano-Dardica. Wiesbaden 1973; Morgenstierne, G. "Die Stellung der Kafirsprachen". In Irano-Dardica, 327–343. Wiesbaden, Reichert 1975
- ↑ (en) Strand, Richard F. (1973) "Notes on the Nûristânî and Dardic Languages." Journal of the American Oriental Society, 93(3): 297–305.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Decker, Kendall D. (1992). Languages of Chitral. ISBN 4-87187-520-2.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Nuristani". Ethnologue. Besoek op 16 April 2021.
- (en) "Nuristani languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 16 April 2021.
- (en) "Nurestâni languages". Encyclopædia Iranica. Besoek op 16 April 2021.