Landingeslote land
'n Landingeslote land is 'n land sonder direkte seetoegang. Binneseë soos die Kaspiese See en die Aralsee word nie in aanmerking geneem nie.
Van die tans 193 lidlande van die Verenigde Nasies is 44, ongeveer 1/4, landingeslote lande, waarvan twee – Liechtenstein en Oesbekistan – net aan ander landingeslote lande grens. Drie lande – Lesotho, San Marino en die Vatikaanstad – word net deur een enkele land omring en is daarmee enklawes. Sewe lande – Andorra, Bhoetan, Liechtenstein, Moldowa, Mongolië, Nepal en eSwatini – is tussen twee lande geleë.
Die grootste landingeslote land volgens oppervlakte is Kasakstan en die enigste een wat op twee kontinente – Asië en Europa – geleë is. Die landingeslote land met die hoogste bevolking is Ethiopië. Geen landingeslote land is op 'n eiland geleë nie, sodat almal oor die kontinentale landmassas versprei is. Daar is nie 'n landingeslote land in Noord-Amerika of Oseanië nie.
Lys van landingeslote lande
[wysig | wysig bron]Land | Oppervlakte in km² | Bevolking | Kontinent |
---|---|---|---|
Afghanistan | 647 500 | 29 117 000 | Asië |
Andorra | 468 | 84 082 | Europa |
Armenië | 29 743 | 3 254 300 | Asië |
Azerbeidjan | 86 600 | 8 997 400 | Asië |
Bhoetan | 38 394 | 691 141 | Asië |
Bolivië | 1 098 581 | 10 907 778 | Suid-Amerika |
Botswana | 582 000 | 1 990 876 | Afrika |
Burkina Faso | 274 222 | 15 746 232 | Afrika |
Burundi | 27 834 | 8 988 091 | Afrika |
Eswatini | 17 364 | 1 185 000 | Afrika |
Ethiopië | 1 104 300 | 85 237 338 | Afrika |
Hongarye | 93 028 | 10 005 000 | Europa |
Kasakstan | 2 724 900 | 16 372 000 | Asië |
Kosovo | 10 908 | 1 804 838 | Europa |
Kirgisië | 199 951 | 5 482 000 | Asië |
Laos | 236 800 | 6 320 000 | Asië |
Lesotho | 30 355 | 2 067 000 | Afrika |
Liechtenstein | 160 | 35 789 | Europa |
Luxemburg | 2 586 | 502 202 | Europa |
Malawi | 118 484 | 15 028 757 | Afrika |
Mali | 1 240 192 | 14 517 176 | Afrika |
Moldowa | 33 846 | 3 567 500 | Europa |
Mongolië | 1 566 500 | 3 000 000 | Asië |
Nepal | 147 181 | 29 331 000 | Asië |
Niger | 1 267 000 | 15 306 252 | Afrika |
Noord-Masedonië | 25 713 | 2 114 550 | Europa |
Oostenryk | 83 871 | 8 396 760 | Europa |
Paraguay | 406 752 | 6 349 000 | Suid-Amerika |
Rwanda | 26 338 | 10 746 311 | Afrika |
San Marino | 61 | 31 716 | Europa |
Sentraal-Afrikaanse Republiek | 622 984 | 4 422 000 | Afrika |
Serwië | 88 361 | 7 306 677 | Europa |
Slowakye | 49 035 | 5 429 763 | Europa |
Suid-Soedan | 619 745 | 8 260 490 | Afrika |
Switserland | 41,284 | 7,785,600 | Europa |
Tadjikistan | 143 100 | 7 349 145 | Asië |
Tsjad | 1 284 000 | 10 329 208 | Afrika |
Tsjeggië | 78 867 | 10 674 947 | Europa |
Turkmenistan | 488 100 | 5 110 000 | Asië |
Uganda | 241 038 | 32 369 558 | Afrika |
Oesbekistan | 447 400 | 27 606 007 | Asië |
Vatikaanstad | 0,44 | 826 | Europa |
Belarus | 207 600 | 9 484 300 | Europa |
Zambië | 752 612 | 12 935 000 | Afrika |
Zimbabwe | 390 757 | 12 521 000 | Afrika |
Total | 16 963 624 | 470 639 181 | |
Persentasie van die wêreld | 11,4% | 6,9% |