Graham Greene
Graham Greene | |
---|---|
Graham Greene in 1975 | |
Gebore | Henry Graham Greene 2 Oktober 1904 Berkhamsted, Hertfordshire |
Sterf | 3 April 1991 (op 86) Vevey, Switserland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | Balliol College, Oxford |
Beroep | Skrywer |
Termyn | 1925–1991 |
Eggenoot | Vivien Dayrell-Browning (1927–1991, sy dood; geskei vanaf 1947) Catherine Walston, Lady Walston (1946–1966) Yvonne Cloetta (1966–1991) |
Kinders | Lucy Caroline (* 1933) Francis (* 1936) |
Graham Greene (2 Oktober 1904 – 3 April 1991) is een van die mees gelese Engelse romanskrywers. Sy omvangryke oeuvre word gekenmerk deur sy Rooms-Katolieke geloofsoortuiging, 'n skerp oog vir die plaaslike omstandighede en 'n tematiese betrokkenheid by die korrupte en die gewelddadige in die mens.
Henry Graham Greene is op 2 Oktober 1904 in Berkhamsted (Hertfordshire, Engeland) gebore. Hy het aan die Balliol College in Oxford gestudeer en as joernalis by die Nottingham Journal gewerk. Ná 'n geestelike krisis het hy in 1929 lid van die Rooms-Katolieke kerk geword. Dié krisis word beskryf in sy outobiografie A sort of life, wat in 1971 verskyn het. Van 1926 tot 1930 was hy 'n verslaggewer by The Times, later redakteur van The Spectator en medewerker vir 'n aantal Engelse koerante. As joernalis het hy onder meer Viëtnam, Haïti, Kuba en Meksiko besoek. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy vir die inligtingsdiens in Afrika gewerk.
Greene se werk word in vyf groepe verdeel: kortverhale, toneelstukke, reisverhale, vermaaklikheidslektuur en romans. In sy reisverhale kom dikwels elemente van die roman voor. The lawless roads (1939) is byvoorbeeld 'n verslag van Greene se reis deur Meksiko, waaruit die belangrike roman The power and the glory (1940) ontspring het. Die hoofkarakter in dié roman is 'n dranksugtige en sondige priester in Meksiko wat die gebod van naasteliefde egter beter begryp en nakom as talie "goeie" priesters, en juis deur sy sonde skynbaar die naaste aan God leef. Karakters soos dié priester, sondige mense wat ondanks alles goddelike genade kan ontvang, kom dikwels in Greene se werk voor.
Greene se vier toneelstukke is The living room (1935), The potting shed (1957), The complaisant lover (1959) en Carving a statue (1964). Sy kortverhale is onder meer saamgevat in The basement room (1935) en Twenty one stories (1954), A sense of reality (1963), vier magies-realistiese verhale en May we borrow your husband? (1967).
Van 1955 af het Greene meer dikwels politieke situasies in sy romans betrek: die oorlog in Viëtnam en die Amerikaanse inmenging daarin in The quiet American (1955), die diktatuur en terreur in Latyns-Amerika in Our man in Havana (1958) en stedelike terrorisme in The honorary consul (1973).
Misdade speel 'n belangrike rol in die psigologiese rillers England made me (1935), A gun for sale (1936), Brighton Rock (1938) en The confidential agent (1939). Laasgenoemde drie boeke is almal verfilm, asook verskeie ander, onder meer Our man in Havana en The confidential agent. In 1974 het sy biografie oor die losbandige digter en vriend van koning Karel II van Engeland, John Wilmot, Earl of Rochester (1647–1680), verskyn.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- The Man Within (début – 1929)
- Stamboul Train (1932) (ook gepubliseer as Orient Express in die VSA)
- It's a Battlefield (1934)
- England Made Me (ook gepubliseer as The Shipwrecked) (1935)
- A Gun for Sale (1936)
- Journey Without Maps (1936)
- Brighton Rock (1938)
- The Lawless Roads (1939) (ook gepubliseer as Another Mexico in die VSA)
- The Confidential Agent (1939)
- The Power and the Glory (1940)
- The Ministry of Fear (1943)
- The Heart of the Matter (1948)
- The Third Man (1949)
- The End of the Affair (1951)
- Twenty-One Stories (1954) (kort stories)
- Loser Takes All (1955)
- The Quiet American (1955)
- The Potting Shed (1956)
- Our Man in Havana (1958)
- A Burnt-Out Case (1960)
- In Search of a Character (1961) Two African journals
- The Comedians (1966)
- Travels with My Aunt (1969)
- The Honorary Consul (1973)
- The Human Factor (1978)
- Doctor Fischer of Geneva (1980)
- Monsignor Quixote (1982)
- The Tenth Man (1985)
- The Last Word (1990) (kort stories)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Graham Greene.