Gestreepte hiëna
Voorkoms
Gestreepte hiëna | |
---|---|
Gestreepte hiëna by 'n dieretuin in Nepal | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. hyaena
|
Binomiale naam | |
Hyaena hyaena | |
Verspreidingsgebied | |
Sinonieme[3] | |
Canis hyaena Linnaeus, 1758 (verskeie ander)
|
Die gestreepte hiëna (Hyaena hyaena) word veral in Klein-Asië, Noordoos-Afrika, die Midde-Ooste en Indië aangetref.
Identifikasie en voeding
[wysig | wysig bron]Die gestreepte hiëna het 'n geelbruin pels met swart strepe, en lang hare kom op sy kop en rug voor. Volwasse gestreepte hiënas is 1 m tot 1,2 m lank, en het 'n stert van sowat 40 cm. Hul voedsel bestaan hoofsaaklik uit aas en afval van menslike nedersettings, maar hierdie spesie maak ook jag op lewendige prooi.
Voortplanting
[wysig | wysig bron]'n Werpsel gestreepte hiënas word in 'n gat onder die grond gebore. Die dratyd van die moeder is ongeveer 90 dae. Klein hiënas word blind en met toe ore gebore.
Bron
[wysig | wysig bron]- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409508 band
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ AbiSaid, M. & Dloniak, S.M.D. (2015). "Hyaena hyaena". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2017-3. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link) doi:10.2305/IUCN.UK.2015-2.RLTS.T10274A45195080.en - ↑ Linnæus, Carl (1758). Systema naturæ per regna tria naturæ, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis. Tomus I (in Latin) (10th uitg.). Holmiæ (Stockholm): Laurentius Salvius. p. 40. Besoek op 23 November 2012.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ MSW3: id=14000687 Hyaena hyaena