Euphorbia
Voorkoms
Euphorbia | |
---|---|
Euphorbia cf. serrata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Euphorbiaceae |
Subfamilie: | Euphorbioideae |
Tribus: | Euphorbieae |
Subtribus: | Euphorbiinae Griseb. |
Genus: | Euphorbia L. |
Tipespesie | |
Euphorbia antiquorum | |
Subgenera | |
Sinonieme | |
Chamaesyce |
Euphorbia is 'n genus wat behoort tot die familie Euphorbiaceae. Meer as 2000 spesies[1] hoort tot die genus en hulle word hoofsaaklik in die warmer gedeelte van die wêreld aangetref. Daar kom sowat 200 spesies in Suid-Afrika voor waarvan slegs 14 bome is. Die plante lyk baie soos kaktusse en word maklik daarmee verwar. Alle Euphorbia spesies produseer 'n melkerige sap wat giftig is. Die veroorsaak irritasies of blasies op die vel indien dit daarmee in aanraking kom. Dit kan ook blindheid veroorsaak indien dit in die oë kom. Die Poinsettia (Euphorbia pulcerrima) is 'n bekende spesie; dit kom eindelik vanaf Meksiko.
Suid-Afrikaanse spesies
[wysig | wysig bron]- Beeskrag (Euphorbia hamata)
- Beesmelkbos (Euphorbia mauritanica)
- Bosveldkandelaarnaboom (Euphorbia cooperi)
- Diklootmelkbos (Euphorbia dregeana)
- Gifboom (Euphorbia virosa)
- Gifmelkbos (Euphorbia marginata)
- Heuningnaboom (Euphorbia tetragona)
- Kraalnaboom (Euphorbia tirucalli)
- Laeveldnaboom (Euphorbia evansii)
- Lebombonaboom (Euphorbia confinalis)
- Naboom (Euphorbia ingens)
- Riviernaboom (Euphorbia triangularis)
- Valleibosnaboom (Euphorbia grandidens)
- Vingerpol (Euphorbia caput-medusae)
Uitheemse spesies
[wysig | wysig bron]- Poinsettia (Euphorbia pulcherrima)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Euphorbia. |
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8