Chang'e 4
Chang'e 4 (Chinees: 嫦娥四号; Cháng'é sìhào) is ’n Chinese maanverkenningsending wat op 3 Januarie 2019 die eerste sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer het.[2]
Die robotlandingstuig en die Yutu-2-maankarretjie[1] is op 7 Desember 2018 gelanseer en het op 12 Desember in ’n wentelbaan om die Maan gegaan. Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 ’n sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer.[3]
Die sending volg op Chang'e 3, China se eerste landing op die Maan. Die tuig is aanvanklik as ’n ondersteuningstelsel vir Chang'e 3 gebou en het beskikbaar geraak nadat Chang'e 3 in 2013 suksesvol geland het. Chang'e 4 se konfigurasie is aangepas vir die nuwe wetenskaplike doelwitte. Nes sy voorgangers is die sending genoem na die Chinese maangodin, Chang'e.
Landingsterrein
[wysig | wysig bron]Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán.[4] Dit het ’n deursnee van 180 km en lê in ’n deel aan die agterkant van die Maan wat nog onverken is.[5][6]
Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 geland en is die eerste ruimtetuig wat aan die agterkant van die Maan land.[2] Die Yutu-2-maankarretjie is later die dag ontplooi.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 This map shows exactly where China landed its Chang'e-4 spacecraft on the far side of the moon. Dave Mosherand and Shayanne Gal, Business Insider. 3 Januarie 2019.
- ↑ 2,0 2,1 Lyons, Kate. "Chang'e 4 landing: China probe makes historic touchdown on far side of the moon" (in Engels). The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 3 Januarie 2019.
- ↑ "China successfully lands Chang'e-4 on far side of Moon" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2019. Besoek op 4 Januarie 2019.
- ↑ China's Journey to the Lunar Far Side: A Missed Opportunity? Paul D. Spudis, Air & Space Smithsonian. 14 Junie 2017.
- ↑ Ye, Peijian; Sun, Zezhou; Zhang, He; Li, Fei (2017). "An overview of the mission and technical characteristics of Change'4 Lunar Probe". Science China Technological Sciences. 60 (5): 658. doi:10.1007/s11431-016-9034-6.
- ↑ "China Plans First Ever Landing On The Lunar Far Side" (in Engels). Space Daily. 22 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2019. Besoek op 26 Mei 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chang'e 4.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia