Gaan na inhoud

Buzz Aldrin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Buzz Aldrin
Buzz Aldrin in Julie 1969
Gebore
Edwin Eugene Aldrin Jr.

20 Januarie 1930 (1930-01-20) (94 jaar oud)
Glen Ridge, New Jersey
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroepruimtevaarder, vegvlieënier
Bekend virtweede man wat op die maan geloop het
EggenootJoan Ann Archer (trou 1954; geskei 1972)
Beverly van Zile (trou 1975; geskei 1978)
Lois Driggs Cannon (trou 1988; geskei 2012)
Anca V. Faur (trou 2023)
Kinders3
Ouer(s)Edwin Eugene Aldrin Sr.
Marion (Moon) Gaddys
Webwerfbuzzaldrin.com
Handtekening

Edwin Eugene Aldrin, Jr., beter bekend as Buzz Aldrin (gebore op 20 Januarie 1930) is 'n afgetrede Amerikaanse ruimtevaarder en die vlieënier van die eerste maanlandingstuig tydens die Apollo 11-ruimtesending. Hy was die tweede mens op die maan, na sy bevelvoerder Neil Armstrong op 21 Julie 1969.

Biografie

[wysig | wysig bron]
Buzz Aldrin
Buzz Aldrin op die maan

Aldrin is in Glen Ridge, New Jersey gebore,[1] sy vader was Edwin Eugene Aldrin, Sr. (1896–1974), 'n beroepsoldaat en sy moeder, Marion (1903–1968). Hy is van Skotse, Sweedse en Duitse afkoms. Na skool by Montclair High School in 1946, het Aldrin 'n volle beursaanbod van die Massachusetts Instituut van Tegnologie van die hand gewys en gaan hy na die Amerikaanse Militêre Akademie by West Point, New York. Die bynaam "Buzz" het sy oorsprong in sy kinderjare: sy jongste suster (Fay Ann) het "brother" verkeerdelik uitgespreek as "buzzer", en dit is verkort na Buzz.

Militêre loopbaan

[wysig | wysig bron]

Buzz Aldrin gradueer derde in sy klas by West Point in 1951, met 'n B.A-.graad in meganiese ingenieurswese. Hy word 'n offisier as tweede luitenant in die Amerikaanse Lugmag en word opgeroep vir diens tydens die Korea-oorlog as 'n vegvlieënier. Hy het 66 vegmissies in North American F-86 Sabres gevlieg en twee Mikojan-Gurevich MiG-15 vliegtuie afgeskiet. Op 8 Junie 1953 publiseer Life magazine foto's wat Aldrin met sy kanonkamera van een van die Sowjet-vlieëniers wat homself uit sy beskadigde vliegtuig uitskiet geneem het.

NASA-loopbaan

[wysig | wysig bron]

Aldrin is as deel van die derde groep van Nasa se ruimtevaarders, in Oktober 1963 gekies. Omdat toetsvlieënierervaring nie meer 'n vereiste was nie, was dit die eerste keer dat hy in aanmerking sou kom. Na die dood van die oorspronklike Gemini 9-span, Elliot See en Charles Bassett, is Aldrin en Jim Lovell bevorder tot die rugsteunbemanning vir die sending. Die hoofdoel van die hersiene missie (Gemini 9A) was om die ontmoeting en dok met 'n teikenvoertuig te oefen, maar toe dit misluk, improviseer Aldrin 'n effektiewe metode vir die vaartuig se ontmoeting met 'n ander voertuig in die ruimte. Hy word bevestig as vlieënier op Gemini 12, die laaste Gemini-missie en die laaste kans om metodes vir 'n suksesvolle ruimtewandeling te bewys. Aldrin het hierna 'n rekordtyd opgestel vir ruimtewandelings, wat onomwonde getoon het dat ruimtevaarders wel buite ruimtetuie kan werk.

Aldrin het NASA in 1972 verlaat en weer by die Amerikaanse Lugmag aangesluit.

Missie na Mars-voorspraak

[wysig | wysig bron]

In Junie 2013 in 'The New York Times', het Aldrin 'n bemande reis na Mars ondersteun.[2]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Hy is vier keer getroud: met Joan Archer, met Beverly Zile, met Lois Driggs Cannon en laastens met Anca V. Faur in 2023. Hy het drie kinders by Joan, genaamd James, Janice en Andrew.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Aldrin, Edwin E. Jr. 1970. Footsteps on the Moon Geargiveer 4 September 2015 op Wayback Machine. Edison Electric Institute Bulletin. Vol. 38, No. 7, pp. 266–272.
  • Armstrong, Neil; Michael Collins; Edwin E. Aldrin; Gene Farmer; and Dora Jane Hamblin. 1970. First on the Moon: A Voyage with Neil Armstrong, Michael Collins, Edwin E. Aldrin Jr. Boston: Little, Brown.
  • Aldrin, Buzz and Wayne Warga. 1973. Return to Earth. New York, Random House.
  • Aldrin, Buzz and Malcolm McConnell. 1989. Men from Earth. New York: Bantam Books.
  • Aldrin, Buzz and John Barnes. 1996. Encounter with Tiber. London: Hodder & Stoughton.
  • Aldrin, Buzz and John Barnes. 2000. The Return. New York: Forge.
  • Aldrin, Buzz and Wendell Minor. 2005. Reaching for the Moon. New York: Harper Collins Publishers.
  • Aldrin, Buzz and Ken Abraham. 2009. Magnificent Desolation: The Long Journey Home from the Moon. New York: Harmony Books.
  • Aldrin, Buzz and Wendell Minor. 2009. Look to the Stars. Camberwell, Vic.: Puffin Books.
  • Aldrin, Buzz. 2013. Mission to Mars. Washington, D.C.: The National Geographic Society.
  • Aldrin, Buzz and Marianne Dyson. 2015. Welcome to Mars: Making a Home on the Red Planet. Washington, D.C.: National Geographic Children's Books.
  • Aldrin, Buzz and Ken Abraham. 2016. No Dream Is Too High: Life Lessons From a Man Who Walked on the Moon. National Geographic.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "To the moon and beyond" Geargiveer 16 Mei 2011 op Wayback Machine, The Record (Bergen County), 20 Julie 2009
  2. Aldrin, Buzz (13 Junie 2013). "The Call of Mars". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2019. Besoek op 17 Junie 2013.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]