Afar
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Afar (volk).
Afar Qafaraf | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Djiboeti Eritrea Ethiopië | |
Gebied: | Horing van Afrika | |
Totale sprekers: | 2 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Koesjities Laagland Oos-Koesjities Saho-Afar Afar | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Djiboeti, Eritrea) Ge'ez-skrif (Ethiopië) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Djiboeti (Nasionale taal) Eritrea (Nasionale taal) Ethiopië (Nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | aa
| |
ISO 639-2: | aar
| |
ISO 639-3: | aar
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Afar (Qafaraf, ’Afar Af, Afaraf, Qafar af) is 'n Koesjitiese taal wat deur sowat 2 miljoen mense in Djiboeti, Eritrea en Ethiopië aan die Horing van Afrika gepraat word. Dit geniet in Djiboeti, Eritrea en Ethiopië erkenning as 'n nasionale taal. Afar word met die Latynse alfabet geskryf. Afar word as 'n Laagland Oos-Koesjitiese taal gekategoriseer met die naaste verwante Saho, gevolg deur Somalies, die amptelike taal van Somalië, en Oromo.[2]
In Ethiopië word Afar as ampstaal van die Afar-streek in Noordoos-Ethiopië erken en met die Ge'ez-skrif geskryf. Afar is Djiboeti se tweede belangrikste taal met sowat 35% van die bevolking wat dit praat, net na Somalies met 60%. Sedert 2020 dien Afar saam met Amharies, Engels, Oromo, Somalies en Tigrinya as amptelike tale van Ethiopië.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Afar". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 29 Oktober 2020.
- ↑ (en) Lewis, I. (1998). Peoples of the Horn of Africa: Somali, Afar and Saho. Red Sea Press. p. 11.
- ↑ (en) "One to five: Ethiopia gets four new federal working languages". Africa News. 4 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.