Acapulco
Voorkoms
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Meksiko |
Deelstaat | Guerrero |
Koördinate | 16°51′N 99°54′W / 16.850°N 99.900°W |
Gestig op | 12 Maart 1550 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 85 vk km |
Hoogte bo seevlak | 30 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 673 479 |
- Bevolkingsdigtheid | 7 923/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 863 431 |
Tydsone | CST (UTC -6) |
Somertyd | CDT (UTC -5) |
Klimaat | |
- Tipe | Tropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 27,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 26,8 / 28,7 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1 336,8 mm |
Burgemeester | Luis Uruñuela Fey |
Amptelike Webwerf | acapulco.gob.mx |
Acapulco is 'n vakansie- en hawestad aan die Stille Oseaan in die deelstaat Guerrero, Meksiko. Die stad is ongeveer 300 km (190 myl) suidwes van Meksikostad langs 'n diep, halfronde baai geleë. Skepe tussen Panama en San Francisco stop gereeld hier oor.
Acapulco is 'n Nahuatl woord wat digte riete beteken. Die stad dien sedert die 16de eeu as 'n hawestad. Dit was in die 1950's baie gewild onder die filmsterre van Hollywood en net so gewild soos die Franse Riviera.
Otis
[wysig | wysig bron]Op 27 Oktober 2023 is die stad getref deur Otis, 'n Pasifiese orkaan van kategorie 5. Daar is 27 mense dood en baie skade. Pasifiese orkane tref gewoonlik nie die kus van Meksiko nie en die stad was nie daarop voorberei nie. Die storm het ook baie vinnig in krag toegeneem.[1]
-
Hawe
-
Strand
-
Agterdorp
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Acapulco.