2023 Japannese Grand Prix
2023 Formule 1 Honda Japannese Grand Prix | ||
---|---|---|
Datum | 24 September 2023 | |
Plek | Suzuka Internasionale Renbaan | |
Voorste wegspringplek | ||
Renjaer | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT |
Tyd | 1:28.877 | |
Vinnigste Rondte | ||
Renjaer | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT |
Tyd | 1:34.183 (ronde 39 van 53) | |
Podiumplekke | ||
1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT |
2 | Lando Norris | McLaren-Mercedes |
3 | Oscar Piastri | McLaren-Mercedes |
Die 2023 Formule Een Japannese Grand Prix is op 24 September 2023 op die Suzuka Internasionale Renbaan in Japan gehou. Dit was die sestiende wedren van die kampioenskapseisoen gewees.
'n Paar rekords spat
[wysig | wysig bron]Nadat hy vir die dertiende keer van hierdie seisoen 'n wedren wen, negentien sekondes voor sy naaste teenstaander, help Max Verstappen sy Red Bull Racing-span om hul sesde wêreldvervaardigerskampioenskapstitel in die geskiedenis in te palm, vir die tweede jaar na mekaar.
Tensy Red Bull Racing geen punte by Suzuka aanteken nie, behoort hul aan die einde van die Sondagren hul sesde vervaardigerskampioenskapstitel, die tweede in 'n ry, te wen. Die span onder leiding van Christian Horner is 308 punte voor sy naaste agtervolger, Mercedes. Max Verstappen en Sergio Pérez hoef net een punt meer as Lewis Hamilton en George Russell1 aan te teken. Verstappen kan nog nie aan die einde van die byeenkoms gekroon word nie, selfs deur homself die oorwinning te gun (met die beste rondtetyd) en selfs as die naaswenner (sy spanmaat) nie punte aanteken nie (hy sal sy voorsprong tot 177 punte vergroot terwyl hy 180 benodig).
Agter die Nederlander, wat sy negende driekuns by Suzuka behaal het, het McLaren 'n dubbele podium behaal met Lando Norris en Oscar Piastri. Lg. het vir die eerste keer die Top 3 gehaal, slegs in sy sestiende Grand Prix.
AlphaTauri skryf Liam Lawson weer in
[wysig | wysig bron]Liam Lawson, wat Daniel Ricciardo by Zandvoort, Monza en toe Singapoer vervang het, word weer deur Scuderia AlphaTauri vir die wedren ingeskryf. Hy het die vorige naweek sy eerste punte in Formule Een aangeteken, toe hy die wenstreep negende oorgesteek het. By Suzuka vind Lawson 'n bekende omgewing aangesien hy vanjaar daar in die Super Formule jaag en dus die baan goed ken.
Bande
[wysig | wysig bron]Pirelli het die volgende bande aan alle spanne te Suzuka verskaf:
Bande vir 'n droë baan | Reënbande | |||
---|---|---|---|---|
Hard C1 |
Medium C2 |
Sag C3 |
Tussen-in |
Reën |
Oefensessies
[wysig | wysig bron]Vrye oefening
[wysig | wysig bron]Vrye oefening 1[1] | Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | Tyd |
---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT | 1:31.647 | |
2 | 55 | Carlos Sainz jr. | Ferrari | 1:32.273 | |
3 | 4 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | 1:32.392 | |
4 | 16 | Charles Leclerc | Ferrari | 1:32.574 | |
5 | 22 | Yuki Tsunoda | AlphaTauri-Honda RBPT | 1:32.597 | |
Vrye oefening 2[2] | Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | Tyd |
1 | 1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT | 1:30.688 | |
2 | 16 | Charles Leclerc | Ferrari | 1:31.008 | |
3 | 4 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | 1:31.152 | |
4 | 55 | Carlos Sainz jr. | Ferrari | 1:31.237 | |
5 | 63 | George Russell | Mercedes AMG | 1:31.328 | |
Vrye oefening 3[3] | Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | Tyd |
1 | 1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT | 1:30.267 | |
2 | 4 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | 1:30.507 | |
3 | 81 | Oscar Piastri | McLaren-Mercedes | 1:30.555 | |
4 | 11 | Sergio Pérez | Red Bull-Honda RBPT | 1:31.004 | |
5 | 16 | Charles Leclerc | Ferrari | 1:31.022 |
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Slegs 'n week ná sy terugslag tydens die Singapoerse Grand Prix, het Max Verstappen, onaantasbaar in kwalifisering, sy negende voorwegspringposisie van die seisoen en die negende-en-twintigste van sy loopbaan, behaal nadat hy al drie die oefensessies oorheers het, met 'n beste rondtetyd van minder as 1 min 29 s.
Meer as 'n halwe sekonde agtertoe het die Australiese nuweling Oscar Piastri vir die eerste keer in sy loopbaan die voorry gehaal. Sy spanmaat Lando Norris was op die tweede ry, voor Charles Leclerc. Sergio Pérez was voor Carlos Sainz jr. op die derde ry, gevolg deur die Mercedes'e van Lewis Hamilton en George Russell. Yuki Tsunoda en Fernando Alonso was onderskeidelik negende en tiende.
Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | K1 | K2 | K3 | Rooster |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT | 1:29.878 | 1:29.964 | 1:28.877 | 1 |
2 | 81 | Oscar Piastri | McLaren-Mercedes | 1:30.439 | 1:30.122 | 1:29.458 | 2 |
3 | 4 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | 1:30.063 | 1:30.296 | 1:29.493 | 3 |
4 | 16 | Charles Leclerc | Ferrari | 1:30.393 | 1:29.940 | 1:29.542 | 4 |
5 | 11 | Sergio Pérez | Red Bull-Honda RBPT | 1:30.652 | 1:29.965 | 1:29.650 | 5 |
6 | 55 | Carlos Sainz jr. | Ferrari | 1:30.651 | 1:30.067 | 1:29.850 | 6 |
7 | 44 | Lewis Hamilton | Mercedes AMG | 1:30.811 *1 | 1:30.040 | 1:29.908 | 7 |
8 | 63 | George Russell | Mercedes AMG | 1:30.811 *1 | 1:30.268 | 1:30.219 | 8 |
9 | 22 | Yuki Tsunoda | AlphaTauri-Honda RBPT | 1:30.733 | 1:30.204 | 1:30.303 | 9 |
10 | 14 | Fernando Alonso | Aston Martin-Mercedes | 1:30.971 | 1:30.465 | 1:30.560 | 10 |
11 | 40 | Liam Lawson | AlphaTauri-Honda RBPT | 1:30.425 | 1:30.508 | 11 | |
12 | 10 | Pierre Gasly | Alpine-Renault | 1:30.843 | 1:30.509 | 12 | |
13 | 23 | Alexander Albon | Williams-Mercedes | 1:30.941 | 1:30.537 | 13 | |
14 | 31 | Esteban Ocon | Alpine-Renault | 1:30.960 | 1:30.586 | 14 | |
15 | 20 | Kevin Magnussen | Haas-Ferrari | 1:30.976 | 1:30.665 | 15 | |
16 | 77 | Valtteri Bottas | Alfa Romeo-Ferrari | 1:31.049 | 16 | ||
17 | 18 | Lance Stroll | Aston Martin-Mercedes | 1:31.181 | 17 | ||
18 | 27 | Nico Hülkenberg | Haas-Ferrari | 1:31.299 | 18 | ||
19 | 24 | Zhou Guanyu | Alfa Romeo-Ferrari | 1:31.398 | 19 | ||
K1 107% tyd: 1:36.169[4] | |||||||
DNQ | 2 | Logan Sargeant | Williams-Mercedes | Geen tyd *2 | 20 |
*1 George Russell en Lewis Hamilton stel presies dieselfde tyd op gedurende K1, Russell het K1 in die negende plek geëindig omdat hy sy tyd vroeër as Hamilton s'n opgestel het.
*2 Logan Sargeant kon nie 'n tyd aanteken nie, maar word deur die beamptes toegelaat om steeds aan die ren deel te neem.
Wedren
[wysig | wysig bron]Toe die wegspringligte uitdoof, het Verstappen hom tussen die twee McLarens langs hom ingewurm, maar teruggeveg in die "dubbel-links" en Norris en Piastri oorrompel. Van toe af het niemand weer die heersende tweemalige wêreldkampioen gesien nie, wat groot gapings oopgemaak het en tydens sy kuipestop, die voortou slegs vir twee rondtes prysgegee.
By sy tweede kuipestop op die sewende rondte was sy voorsprong sodanig dat hy selfs na die baan kon terugkeer aan die voorpunt. Toe hy eers uit die kuipe was, het hy selfs die rondterekordtyd opgestel. Piastri het voor sy spanmaat stilgehou en in die tweede posisie gejaag, totdat sy kuipespan hom gevra het om Norris, wat op daardie stadium vinniger in die wedren was, te laat verbykom.
Die volgorde van die podium was dus definitief vasgestel omdat Leclerc, wat toe in die vierde plek was, nie met die McLarens kon meeding nie.
Renuitslag
[wysig | wysig bron]Pos | No | Renjaer | Vervaardiger | Rondtes | Tyd/Oorsaak uitval | Rooster | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT | 53 | 1:30:58.421 | 1 | 26V |
2 | 4 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | 53 | +19.387 | 3 | 18 |
3 | 81 | Oscar Piastri | McLaren-Mercedes | 53 | +36.494 | 2 | 15 |
4 | 16 | Charles Leclerc | Ferrari | 53 | +43.998 | 4 | 12 |
5 | 44 | Lewis Hamilton | Mercedes AMG | 53 | +49.376 | 7 | 10 |
6 | 55 | Carlos Sainz jr. | Ferrari | 53 | +50.221 | 6 | 8 |
7 | 63 | George Russell | Mercedes AMG | 53 | +57.659 | 8 | 6 |
8 | 14 | Fernando Alonso | Aston Martin-Mercedes | 53 | +1:14.725 | 10 | 4 |
9 | 31 | Esteban Ocon | Alpine-Renault | 53 | +1:19.678 | 14 | 2 |
10 | 10 | Pierre Gasly | Alpine-Renault | 53 | +1:23.155 | 12 | 1 |
11 | 40 | Liam Lawson | AlphaTauri-Honda RBPT | 52 | +1 rondte | 11 | |
12 | 22 | Yuki Tsunoda | AlphaTauri-Honda RBPT | 52 | +1 rondte | 9 | |
13 | 24 | Zhou Guanyu | Alfa Romeo-Ferrari | 52 | +1 rondte | 19 | |
14 | 27 | Nico Hülkenberg | Haas-Ferrari | 52 | +1 rondte | 18 | |
15 | 20 | Kevin Magnussen | Haas-Ferrari | 52 | +1 rondte | 15 | |
DNF | 23 | Alexander Albon | Williams-Mercedes | 26 | Botsingskade | 13 | |
DNF | 2 | Logan Sargeant | Williams-Mercedes | 22 | Botsingskade | Kuipe | |
DNF | 18 | Lance Stroll | Aston Martin-Mercedes | 20 | Agtervlerk | 17 | |
DNF | 11 | Sergio Pérez | Red Bull Racing-Honda RBPT | 15 | Botsingskade | 5 | |
DNF | 77 | Valtteri Bottas | Alfa Romeo-Ferrari | 7 | Botsingskade | 16 | |
Bron: formula1.com [5] |
Puntestand na die Grand Prix
[wysig | wysig bron]Renjaers
[wysig | wysig bron]Plek | No. | Renjaer | Span | Punte | Var. |
---|---|---|---|---|---|
1 | 1 | Max Verstappen | Red Bull-Honda RBPT | 400 | |
2 | 11 | Sergio Pérez | Red Bull-Honda RBPT | 223 | |
3 | 44 | Lewis Hamilton | Mercedes AMG | 190 | |
4 | 14 | Fernando Alonso | Aston Martin-Mercedes | 174 | |
5 | 55 | Carlos Sainz jr. | Ferrari | 150 | |
6 | 16 | Charles Leclerc | Ferrari | 135 | |
7 | 4 | Lando Norris | McLaren-Mercedes | 115 | |
8 | 63 | George Russell | Mercedes AMG | 115 | |
9 | 81 | Oscar Piastri | McLaren-Mercedes | 57 | 2 |
10 | 18 | Lance Stroll | Aston Martin-Mercedes | 47 | |
11 | 10 | Pierre Gasly | Alpine-Renault | 46 | |
12 | 31 | Esteban Ocon | Alpine-Renault | 38 | |
13 | 23 | Alexander Albon | Williams-Mercedes | 21 | |
14 | 27 | Nico Hülkenberg | Haas-Ferrari | 9 | |
15 | 77 | Valtteri Bottas | Alfa Romeo-Ferrari | 6 | |
16 | 24 | Zhou Guanyu | Alfa Romeo-Ferrari | 4 | |
17 | 22 | Yuki Tsunoda | AlphaTauri-RBPT | 3 | |
18 | 20 | Kevin Magnussen | Haas-Ferrari | 3 | |
19 | 40 | Liam Lawson | AlphaTauri-RBPT | 2 | |
20 | 2 | Logan Sargeant | Williams-Mercedes | 0 | |
21 | 21 | Nyck de Vries | AlphaTauri-RBPT | 0 | |
22 | 3 | Daniel Ricciardo | AlphaTauri-RBPT | 0 |
Vervaardigers
[wysig | wysig bron]Plek | Span | Punte |
---|---|---|
Kamp. | Red Bull-Honda RBPT | 623 |
2 | Mercedes AMG | 305 |
3 | Ferrari | 285 |
4 | Aston Martin-Mercedes | 221 |
5 | McLaren-Mercedes | 172 |
6 | Alpine-Renault | 84 |
7 | Williams-Mercedes | 21 |
8 | Haas-Ferrari | 12 |
9 | Alfa Romeo-Ferrari | 10 |
10 | AlphaTauri-Honda RBPT | 5 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Formula 1 LENOVO Japanese Grand Prix 2023 - Practice 1" (in Engels). Formula 1® - The Official F1® Website. 22 September 2023. Besoek op 22 September 2023.
- ↑ "Formula 1 LENOVO Japanese Grand Prix 2023 - Practice 2" (in Engels). Formula 1® - The Official F1® Website. 22 September 2023. Besoek op 22 September 2023.
- ↑ "Formula 1 LENOVO Japanese Grand Prix 2023 - Practice 3" (in Engels). Formula 1® - The Official F1® Website. 23 September 2023. Besoek op 23 September 2023.
- ↑ "Formula 1 LENOVO Japanese Grand Prix 2023 - Qualifying" (in Engels). Formula 1® - The Official F1® Website. 23 September 2023. Besoek op 23 September 2023.
- ↑ "Formula 1 LENOVO Japanese Grand Prix 2023 - Renuitslag" (in Engels). Formula 1® - The Official F1® Website. 24 September 2023. Besoek op 24 September 2023.