Gaan na inhoud

Lance Stroll

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lance Stroll
Stroll by die 2017 Maleisiese Grand Prix
Stroll by die 2017 Maleisiese Grand Prix
Geboortedatum 29 Oktober 1998 (1998-10-29) (26 jaar oud)
Geboorteplek Montreal, Quebec, Kanada
Nasionaliteit Vlag van Kanada Kanadees
Ou span(ne) Williams-Mercedes[1]
Racing Point-Mercedes[2]
Span in 2024 Aston Martin-Mercedes
Span in 2025 Aston Martin-Mercedes
Motornommer 18
Inskrywings 169 (166 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 0
Podiums 3
Loopbaanpunte 292
Voorste wegspronge 1
Vinnigste rondtes 0
Eerste F1-wedren 2017 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2024
Verlede jaar plek 13de (24 punte)

Lance Stroll (gebore 29 Oktober 1998) is 'n Belgies-Kanadese renjaer, wat tans aan Formule Eenrenne vir Aston Martin-Mercedes deelneem onder die Kanadese vlag. Hy was die Italiaanse Formule 4-kampioen in 2014, Toyota Racing-reekskampioen in 2015 en 2016 FIA Europese Formule 3-kampioen. Hy was deel van die Ferrari Bestuurdersakademie van 2010 tot 2015.

Stroll jaag in 'n Formule 3-wedren

Jong lewe

[wysig | wysig bron]

Stroll is die seun van die Kanadese miljardêr sakeman Lawrence Stroll en Belgiese mode-ontwerper Claire-Anne Callens.[3]

Soos baie jong renjaers, het die Genève-gebaseerde Kanadees sy motorsportloopbaan in karting begin en talle ren- en kampioenskapwenne in sy geboorteland, Kanada en Noord-Amerika behaal.

Formule Een-loopbaan

[wysig | wysig bron]

In 2016 het Stroll die Ferrari Bestuurdersakademie verlaat en 'n toetsbestuurder vir die Williams Formule 1-span geword. In 2017 het hy sy Formule 1-rendebuut vir hierdie span gemaak[4] langs Felipe Massa.[5] Sy eerste punte in Formule 1 was by sy tuisren in Kanada, met 'n negende plek. Stroll kon derde eindig by die Azerbeidjanse Grand Prix en het sodoende sy eerste podiumplek behaal. Dit het hom die tweede jongste jaer ooit gemaak om 'n podium te behaal en die jongste wat dit in sy debuutseisoen kon behaal. Stroll het 'n gemengde eerste seisoen in Formule 1 gehad en is aan die begin van die seisoen hewig gekritiseer. Op die ou end het hy 40 punte behaal, wat hom in die twaalfde plek op die rangleer geplaas het.

Stroll bly steeds by Williams in 2018, maar die uitgetrede Massa word deur Sergej Sirotkin vervang. Die Williams was nie ’n goeie motor nie en albei jaers het gesukkel om goeie resultate te kry. Stroll kon net twee keer daarin geslaag om punte aan te teken, en het agtste geëindig in Azerbeidjan en negende in Italië. Met ses punte het hy agtiende in die kampioenskap geëindig en net voor spanmaat Sirotkin en Toro Rosso jaer Brendon Hartley in die finale puntestand.

In 2019 sluit Stroll by die Racing Point-span aan nadat 'n konsortium sakemanne onder leiding van sy pa Lawrence die sukkelende span in die somer van 2018 oorgeneem het. Hy was die plaasvervanger vir Esteban Ocon en die spanmaat van Sergio Pérez gewees.[6]

Stroll jaag sedert 2020 onder 'n Amerikaanse lisensie nadat Kanada se nasionale sportowerheid hul lidmaatskap van die FIA ​​opgegee het. Stroll sal egter steeds tydens enige amptelike erkenning en tydens rennaweke as 'n Kanadees aangedui word.[7]

Tydens die 2020 Turkse Grand Prix het Lance Stroll sy eerste voorwegsprongplek ingeneem. By die Monza Grand Prix slaag hy daarin om derde te eindig. In 2020 het hy 11de in die renjaerskampioenskap geëindig, en 75 van die span se 210 punte aangeteken.[lower-alpha 1]

Sedert 2021 jaag Stroll vir Aston Martin F1, die opvolger van Racing Point F1-span.

Nota
  1. Racing Point-jaers het in 2020 'n totaal van 210 punte aangeteken, maar die span is met 15 punte beboet in die vervaardigerskampioenskap weens 'n beslissing oor die wettigheid van hul motor, wat die span op 195 punte laat. Hierdie aftrekking het nie punte wat in die bestuurderskampioenskap verdien is, beïnvloed nie.

Formule Een-uitslae

[wysig | wysig bron]
Kleur Uitslag
Goud Wenner
Silwer 2e plek
Brons 3e plek
Groen Voltooi, verdien punte
Blou Voltooi, geen punte
Pers Nie voltooi (DNF)
Nie geklassifiseer (NC)
Rooi Nie gekwalifiseer (DNQ)
Kleur Uitslag
Swart Gediskwalifiseer (DSQ)
Wit Nie begin (DNS)
Leeg Nie deelgeneem
Onttrek (WD)
Uitgesluit (EX)
1, 2, 3 Naelrenplek, met punte
P Voorste wegspringplek
V Vinnigste rondte
Jaar Inskrywer Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 Plek Punte
2017 Williams Martini Racing Williams FW40 Mercedes M08 EQ Power+ 1.6 V6 Turbo AUS
DNF
CHN
DNF
BHR
DNF
RUS
11
SPA
16
MON
15
KAN
9
AZE
3
OOS
10
GBR
16
HON
14
BEL
11
ITA
7
SIN
8
MAL
8
JPN
DNF
VSA
11
MEX
6
BRA
16
ABU
18
12 40
2018 Williams Martini Racing Williams FW41 Mercedes M09 EQ Power+ 1.6 V6 Turbo AUS
14
BHR
14
CHN
14
AZE
8
SPA
11
MON
17
KAN
DNF
FRA
17
OOS
14
GBR
12
DUI
DNF
HON
17
BEL
13
ITA
9
SIN
14
RUS
15
JPN
17
VSA
14
MEX
12
BRA
18
ABU
13
18 6
2019 SportPesa Racing Point F1-span Racing Point RP19 Mercedes M11 EQ Power+ 1.6 V6 Turbo AUS
9
BHR
14
CHN
12
AZE
9
SPA
DNF
MON
16
KAN
9
FRA
13
OOS
14
GBR
13
DUI
4
HON
17
BEL
10
ITA
12
SIN
13
RUS
11
JPN
9
MEX
12
VSA
13
BRA
19
ABU
DNF
15 21
2020 Racing Point F1-span Racing Point RP20 Mercedes M11 EQ Performance 1.6 V6 Turbo OOS
DNF
STI
7
HON
4
GBR
9
70J
6
SPA
4
BEL
9
ITA
3
TOS
DNF
RUS
DNF
EIF
WD
POR
DNF
EMI
13
TUR
9P
BAH
DNF
SAK
3
ABU
10
11 75
2021 Aston Martin Racing Aston Martin AMR21 Mercedes F1 M12 E Performance V6 BHR
10
EMI
7
POR
14
SPA
11
MON
8
AZE
DNF
FRA
10
STI
8
OOS
13
GBR
8
HON
DNF
BEL
20
NED
12
ITA
7
RUS
11
TUR
9
VSA
12
MXS
14
SAP
DNF
KAT
6
SAU
11
ABU
13
13 34
2022 Aston Martin Racing Aston Martin AMR22 Mercedes F1 M13 E Performance V6 BHR
12
SAU
13
AUS
12
EMI
10
MIA
10
SPA
15
MON
14
AZE
16
KAN
10
GBR
11
OOS
13
FRA
10
HON
11
BEL
11
NED
10
ITA
DNF
SIN
6
JPN
12
VSA
DNF
MXS
15
SAP
10
ABU
8
15 18
2023 Aston Martin Aston Martin AMR23 Mercedes F1 M14 E Performance V6 BHR
6
SAU
DNF
AUS
4
AZE
87
MIA
12
MON
DNF
SPA
6
KAN
9
OOS
9
GBR
12
HON
10
BEL
9
NED
11
ITA
16
SIN
WD
JPN
DNF
KAT
11
VSA
7
MXS
17
SAP
5
LSV
5
ABU
10
10 74
2024 Aston Martin Aston Martin AMR24 Mercedes
F1 M15 E
Performance V6 t
BHR
10
SAU
DNF
AUS
6
JPN
12
CHN
15
MIA
17
EMI
9
MON
14
KAN
7
SPA
14
OOS
13
GBR
7
HON
10
BEL
11
NED
13
ITA
19
AZE
19
SIN
14
VSA
15
MXS
11
SAP
DNS
LSV
15
KAT
DNF
ABU
14
13de 24
Jaar Inskrywer Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 Plek Punte

* Seisoen nog aan die gang.
Jaer kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Williams Confirms Driver Line Up for the 2017 Season" (in Engels). Williams Martini Racing. 3 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2017. Besoek op 7 Desember 2016.
  2. Benson, Andrew (30 November 2018). "Force India: Lance Stroll confirms switch from Williams" (in Engels). BBC Sport. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2018. Besoek op 30 November 2018.
  3. F1: La maman de Lance Stroll est Belge! (Frans) (8 November 2016). URL besoek op 11 Januarie 2021.
  4. Williams bevestigt line-up voor 2017: Bottas en Stroll
  5. Williams bevestigt terugkeer Massa: contract voor één jaar
  6. "Force India bevestigt: Stroll in 2019 teamgenoot van Perez". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2021. Besoek op 9 Mei 2023.
  7. "Canadian F1 pair Stroll and Latifi to race under American licenses" (in Engels). Racefans.net. Besoek op 27 Februarie 2020.