Spaans
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Spanjaarde.
Spaans (español, [espaˈɲol], Kastilië', is 'n Romaanse taal en die derde grootste taal van die wêreld naas Engels en Chinees. Spaans word deur meer as 500 miljoen mense gepraat. Die meeste daarvan woon in Latyns-Amerika.
) of Kastiliaans (castellano, [kasteˈʎano] ), van 'Die Spaanse standaardtaal ontstaan in die 13de eeu uit die streektaal van Kastilië (die gebied rondom Toledo en Madrid).
Uitspraak van Spaans
[wysig | wysig bron]Die uitspraak en spelling van Spaans is, in vergelyking met dié van baie ander tale, redelik eenvoudig. Die spelling is grotendeels foneties: daar is vir die grootste deel een eenduidige verhouding tussen geskrewe letters en die uitspraak van klanke.
Reëls en voorbeelde:
Spaans | Uitspraak | voorbeeld |
---|---|---|
c | voor e of i: soos die Engelse th in Europese Spaans (maar soos s in Latyns-Amerika) oorblywende gevalle: k |
cerveza (bier) casa (huis) |
ch | soos die "tj" klank in Afrikaans in tjops | hecho (gemaak, gedaan) |
d | stom aan die einde van 'n woord | ciudad (stad) |
g | soos die gh in ghoen of die g in berge voor i of e as sagte g |
ganar (wen) gente (mense), Girona (Gerona) |
gu | voor e of i soos gh in ghoen of die g in berge | guerra (oorlog) |
gü | gw (g soos in garçon, w soos in die Engelse "watch") | desagüe (afwatering) |
h | word nie uitgespreek nie |
hotel, prohibido (verbode), |
hu | w (soos in Washington) |
huevo (eier), |
i ie |
ie je |
ilimitado (onbegrens) fiebre (koorts), |
j | sagte g | trabajo (werk) |
ll (LL) | lj (zj in Argentinië, j in Colombia, Meksiko) | calle (straat) |
ñ | nj | mañana (môre) |
u | oe | uno (1) |
x | in Meksiko: sagte g, of sj (soos in Sjinees) | México |
v | b (in die middel van 'n woord sag, amper soos w) | venado (hert) |
z | soos die Engelse th (s in Latyns-Amerika) | zapatero (skoenmaker) |
Die klemtoon lê op die laaste lettergreep, maar op die een na laaste as die woord op 'n klinker, -n of -s eindig. As hiervan word afgewyk word staan daar 'n aksent op die beklemtoonde klinker (bv. fármaco (geneesmiddel), Córdoba).
Wie die basisreëls van die Spaanse spelling en uitspraak leer, kan daarom na 'n bietjie oefening enige teks sonder probleme lees. Daar is egter wel verskillende Spaanse dialekte en streektale. Die uitspraak in die omgewing van die Spaanse hoofstad Madrid klink anders as dié in Andalusië, en die Spaans wat in Spanje gepraat word, klink ook anders as hoe dit in Suid- en Sentraal-Amerika gepraat word. Ook binne die Latyns-Amerikaanse lande is daar verskillende streeksvariante.
Katalaans is 'n selfstandige taal, maar verwant aan Spaans.
Geografiese verspreiding
[wysig | wysig bron]Lande met 'n merkwaardige aantal Spaanse sprekers | |
---|---|
Alfabetiese volgorde | Aantal moedertaalsprekers |
|
|
'n Vergelyking tussen Spaans en ander Romaanse tale
[wysig | wysig bron]Latyn | Spaans | Portugees | Katalaans | Italiaans | Frans | Betekenis en aantekeninge |
---|---|---|---|---|---|---|
nos | nosotros | nós | nosaltres | noi | nous (nous autres in Kanadese Frans) | ons ("ander" mense) |
germānum, frater | hermano | irmão | germà | fratello | frère | broer |
dies Martis (Klassieke Latyn) |
martes | terça-feira (Kerklatyn tertia feria) |
dimarts | martedi | mardi | Dinsdag |
cantiōnem | canción | canção | cançó | canzone | chanson | lied |
magis or plus | más (selde: plus) |
mais (in die argaïese taal ook chus) |
més | più | plus | meer
(Romaans mai) |
manūm sinistram | mano izquierda | mão esquerda (verouderd ook sẽestra) |
mà esquerra | mano sinistra | main gauche | linkerhand
(Baskies: esku ezkerra) |
nullam rem natam (letterlik "geen gebore ding nie") |
nada | nada (verouderd ook rem) |
res | niente | rien | niks |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Spanish" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020. Besoek op 2 Maart 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Spaans.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Spaans.
- (es) Real Academia Española