Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Arnold Schoenberg of Schönberg (/ˈʃɜːrnbɜːrɡ/; Duits: [ˈʃøːnbɛɐ̯k] ( ); 13 September 1874 – 13 Julie 1951) was 'n Oostenryks-gebore komponis, musiekteoretikus, onderwyser, skrywer en skilder. Hy word algemeen beskou as een van die invloedrykste komponiste van die 20ste eeu. Hy was verbonde aan die ekspressionistiese beweging in die Duitse poësie en kuns en die leier van die Tweede Weense Skool. Met die opkoms van die NSDAP is Schoenberg se werke as verdorwe musiek bestempel aangesien dit modernisties en atonaal was. Hy emigreer in 1933 na die Verenigde State en word 'n Amerikaanse burger in 1941. Schoenberg se benadering ten opsigte van harmonie en ontwikkeling het baie van die 20ste-eeuse musikale denke help vorm. Baie Europese en Amerikaanse komponiste van minstens drie generasies het sy denke bewustelik uitgebrei, terwyl ander hartstogtelik daarteen gereageer het. Schoenberg was al vroeg in sy loopbaan bekend daarvoor dat hy die Duitse Romantiese style van Brahms en Wagner gelyktydig uitgebrei het. Later sou sy naam sinoniem wees met die vernuwings in atonaliteit (alhoewel Schoenberg self die term verafsku het) wat die mees polemiese kenmerk van die 20ste-eeuse kunsmusiek sou word. In die twintigerjare het Schoenberg die twaalftoon-tegniek ontwikkel, 'n invloedryke komponeermetode om 'n geordende reeks van die twaalf note in die chromatiese skaal te manipuleer. Hy het ook die term "ontwikkelende variasie" geskep. Schoenberg was ook 'n invloedryke onderwyser in komposisie; onder sy studente tel Alban Berg, Anton Webern, Hanns Eisler, Egon Wellesz, Nikos Skalkottas, Stefania Turkewich en later John Cage, Lou Harrison, Earl Kim, Robert Gerhard, Leon Kirchner, Dika Newlin en ander prominente musici. Baie van Schoenberg se praktyke, waaronder die formalisering van die komposisiemetode en sy gewoonte om gehore openlik uit te nooi om analities te dink, vind inslag in die avant-garde musikale denke wat dwarsdeur die 20ste eeu geëggo is. Sy dikwels polemiese beskouings van musiekgeskiedenis en estetika was van deurslaggewende belang vir baie belangrike 20-eeuse musiekwetenskaplikes en -kritici, waaronder Theodor W. Adorno, Charles Rosen en Carl Dahlhaus, sowel as die pianiste Artur Schnabel, Rudolf Serkin, Eduard Steuermann en Glenn Gould. Schoenberg se argivale nalatenskap word in die Arnold Schönberg-sentrum in Wene gehou.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Ellis Park-stadion nie na William Webb Ellis vernoem is nie? Dit is vernoem na 'n Johannesburgse stadsraadslid mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die oprigting van die stadion beskikbaar gestel het. ... dat daar ridders was wat terselfdertyd ook monnike was? Die Orde van die Tempeliers was so 'n ridderorde. ... dat 'n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as 'n sport in Suid-Afrika. ... dat die taalkundige verhouding tussen Fidjiaanse Hindi en Hindi soortgelyk is aan dié tussen Afrikaans en Nederlands? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|