Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Diederik Johannes Opperman (1914–1985) was 'n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. As Afrikaanse digter en dramaturg verower hy die Hertzogprys vir beide poësie en drama. Reeds op laerskool skryf Dirk gedigte in Engels en van sy gedigte verskyn later in die skooljaarblaaie. Nog voor die einde van sy matriekjaar stel hy ’n manuskrip saam van gedigte wat hy tot in daardie stadium geskryf het. Hy neem dit vroeg in 1935 na G.S. Nienaber vir kommentaar, wat die gedigte vriendelik bespreek en hom aanmoedig om voort te gaan. Op 7 September 1934 verskyn sy eerste gepubliseerde stuk in Die Huisgenoot. Dit is ’n kortverhaal wat teen ’n Zoeloe-agtergrond afspeel, getiteld Die reënoffer, wat hy skryf in sy skooljare te Vryheid. Sy eerste gepubliseerde gedig, Seepbelle blaas, verskyn in 1935 in die Natal University College Magazine en hy verower hiermee die prys as beste bydrae van ’n eerstejaar. Ander verse soos My boeke, Daeraad, Die sweet des aanskyns, Stadsaand, Die vallei, Eros, Somerreëns, Bacchanalieë, Drif en In die tuin verskyn ook in hierdie tydskrif, asook ’n opstel oor Die broers Karamazov: Dostojevski. Verder publiseer hy bydraes in The Natal Witness en Die Saamwerk (onder redaksie van G.S. Nienaber) en die prysbekroonde gedig Soekend verskyn in Junie 1936 onder die skuilnaam Soeker in laasgenoemde publikasie. Ander gedigte in Die Saamwerk sluit in Op die rivier en Gemis, terwyl hy ook boekresensies en artikels soos Letterkundige kritiek hierin publiseer. Later werk hy ook mee aan Die Natalse Afrikaner en lewer vir hierdie publikasie gedigte soos Plantasie-lied, Die maan oor die see en Na-doodse gebed, die kortverhaal Die maalklip en die transkripsie van ’n aantal minnebriewe van Zoeloes. Reeds in 1937 voltooi hy onder aanmoediging van G.S. Nienaber sy eerste bundel gedigte, Opwaartse drif, maar dit word deur die Volksblad-boekhandel vir publikasie afgekeur. Nog ’n manuskrip gedigte word deur J.L. van Schaik afgekeur. In hierdie jare word sy gedigte toenemend ook in Die Huisgenoot geplaas, terwyl hy ook publiseer in die Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is? ... dat party stowwe se smelt- en stoltemperature nie ooreenstem nie? Alhoewel seewierjellie by 85 °C smelt, sal dit eers stol wanneer dit tot tussen 32 en 40 °C afgekoel het. Dit kan dus tussen 32 en 85 °C 'n vastestof of 'n vloeistof wees; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese. ... dat Cyril Ramaphosa 'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die NUM, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982. ... dat seelikkewane die enigste likkewaan is wat gereeld onder seewater swem? Hulle duik tot 30 minute lank om seewier te vreet. ... dat water sy hoogste digtheid by 4°C bereik? Hierdie eienskap is belangrik vir waterorganismes en kom in slegs twee ander stowwe voor.
Vandag in die geskiedenis
16 Desember: Nasionale Dag in Bahrein, Oorwinningsdag in Bangladesj en Indië (1971), Geloftedag/Versoeningsdag in Suid-Afrika.
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|