Gaan na inhoud

John Williams (rugbyafrigter)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
John Williams Rugbyportaal
Volle naam Johannes Gerhardus Williams
Geboortedatum (1946-10-29)29 Oktober 1946
Geboorteplek Johannesburg, Suid-Afrika
Sterftedatum 5 Desember 2024 (op 78)
Sterfteplek Pretoria, Suid-Afrika
Lengte 2,01 m
Massa 108 kg
Skool Hoërskool Piet Potgieter, Potgietersrus
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Slot
Springbokno. 450
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
Noord-Transvaal
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1971–1976 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 13
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
1987–1991
1992
Noord-Transvaal
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Johannes Gerhardus 'John' Williams (29 Oktober 1946 – 5 Desember 2024) was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en afrigter.[1]

Loopbaan as speler

[wysig | wysig bron]

John Williams het sy seniorrugby vir die Noord-Transvaalse provinsiale span gespeel. Hy het sy debuut vir die Springbokke op 12 Junie 1971 gemaak teen die span van die besoekende Franse rugbytoer by die Vrystaat Rugbystadion in Bloemfontein. Hy het toetse teen Australië in 1971, Engeland in 1972, die Britse en Ierse Leeus in 1974 en die All Blacks in 1976 gespeel.[2] Hy het verder in elf toerwedstryde gespeel waar hy een keer 'n drie gedruk het vir die Springbokke.[3]

Afrigterloopbaan

[wysig | wysig bron]

Williams was van 1987 tot 1991 die Noord-Transvaalse rugbyafrigter en het elke jaar sy span tot in die Curriebeker-eindstryd gelei. Noord-Transvaal het drie van die eindstryde gewen, in 1987, 1988 en 1991 en in 1989 het hulle die titel met die Westelike Provinsie gedeel. In 1992 is Williams as Springbokafrigter aangestel.

Williams is op 5 Desember 2024 in Pretoria aan leukemie dood. Hy was vir tien dae in 'n koma.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "John Williams". ESPNscrum. Besoek op 2 April 2021.
  2. (en) Jooste, Graham K. (1995). South African rugby test players 1949–1995. Johannesburg: Penguin. pp. 79–94. ISBN 0-14-025017-4. OCLC 36916860.
  3. (en) Colquhoun, Andy (1999). The South African Rugby Annual 1999. Kaapstad: MWP Media Sport. p. 166. ISBN 0-9584231-4-8.
  4. (en) Herman Mostert (5 Desember 2024). "John Williams, the first Springbok coach post-isolation, has died". Nuus24. Besoek op 5 Desember 2024.
Voorafgegaan deur
Cecil Moss
Springbokafrigters
1992
Opgevolg deur
Ian McIntosh