Gaan na inhoud

Vatopedi-klooster

Koördinate: 40°19′N 24°13′O / 40.317°N 24.217°O / 40.317; 24.217
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Vatopedi-klooster van die nabygeleë strand af gesien.
Die Heilige Drie-eenheid, ’n fresko aan die plafon van die ingang na die Katolikon.
Die klooster van naby af.

Die Heilige en Groot Klooster van Vatopedi (Grieks: Βατοπέδι) op Berg Athos in Griekeland is in die tweede helfte van die 10de eeu gebou deur drie monnike, Athanasius, Nicholas en Antonius van Adrianopel, wat dissipels van Athanasius van Athos was.

Verskeie geboue is sedertdien gebou, die meeste in die Bisantynse tydperk en tydens die 18de en 19de eeu toe die klooster op sy hoogtepunt was. Sowat 100 monnike woon vandag in die klooster en uitgebreide herstelwerk aan die groter geboue is op pad.

Vatopedi se skiti's

[wysig | wysig bron]

Twee groot skiti's (kloostergemeenskappe) behoort tot Vatopedi: die Agiou Andrea (St. Andreas) in Karyes en die Agiou Dimitriou (St. Demetrius) naby die hoofklooster. Ander, kleiner skiti's val ook onder die klooster.

Hoofgeboue

[wysig | wysig bron]
  • Die Katolikon (hoofkerk)
  • Die eetsaal
  • Die kloktoring uit die Bisantynse tyd
  • Die 10de-eeuse noordoos-toring wat nou die biblioteek huisves

Skatte

[wysig | wysig bron]

In die klooster is ’n gordel wat deur sommige geglo word aan die Maagd Maria behoort het en wat sy aan Tomas gegee het. ’n Silwer-reliekhouer met juwele versier en met die kopbeen van Johannes Chrysostomus word in die klooster gehou en kan volgens Oosters-Ortodokse Christene help met wonderhelings. Daar is ook verskeie ikone.

In die biblioteek is die Vatopedi-handves, ’n Middeleeuse koninklike handves uit die 13de eeu van Iwan Asen II van Bulgarye wat aan die klooster opgedra is. Dit is in 1929 in die klooster se argiewe ontdek. Die biblioteek bevat ook 2 000 manuskripte en 35 000 gedrukte boeke.

Ikone

[wysig | wysig bron]

Daar is sewe ikone in die klooster van die Moeder van God wat glo wonderwerke kan meebring: Elaiovrytissa, Ktetorissa (Vimatarissa), Esphagmeni, Pantanassa, Pyrovolitheisa, Antiphonitria en Paramythia.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

40°19′N 24°13′O / 40.317°N 24.217°O / 40.317; 24.217