Gaan na inhoud

Vastyd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Quadragesima velum in die kerk van Freiburg.
Jesus dryf die duiwel uit: detail van die hongerdoek uit die Katedraal van Gurk.

Vastyd,[1][2] Veertigdaetyd of Quadragesima is die periode wat begin op Aswoensdag as voorbereiding op Paasfees. Die veertigdaetyd is 'n periode van vas en besinning. Alhoewel daar 46 dae is van Aswoensdag tot Paasfees (die einde van die vastyd) word daar tradisioneel (in die Rooms-Katolieke Kerk) nie gevas op die ses Sondae tydens die periode nie en dus bly 40 dae oor. In die Oosterse Christendom word 48 dae gevas. Die laatste week vóór Paasfees word die Lydensweek genoem.

In die vroeë Christendom het mense gevas tot sononder. Onder andere koning David en die profeet Daniël het gevas om God se hulp en steun te soek (2 Samuël 12:16; Daniël 9:3). Ook Jesus het na sy doop veertig dae gevas (Matteus 4:2).

Rooms-Katolieke Kerk

[wysig | wysig bron]

Die vastyd is in die Katolieke Kerk ingevoer deur Pous Telesforus en begin op Aswoensdag, wanneer die as-kruisie toegedien word. Die periode eindig met Paasfees. Die vastyd duur in totaal 46 dae; op 40 weeksdae word gevas, op die ses Sondae word nie gevas nie.[3] Die vastyd word voorafgegaan deur Vaste-aand en Karnaval. Behalwe vasdae ken die Rooms Katolieke ook onthoudingsdae, waarop nie vleis geëet mag word nie.

Die reëlings i.v.m. boetedoening, onthouding en vas is soos volg:

  • Boetedae: elke Vrydag deur die jaar én die hele veertigdaetyd.
  • Onthoudingsdae: Aswoensdag en elke Vrydag deur die jaar.
  • Vasdae: Aswoensdag en Goeie Vrydag.

Gedurende die vastyd is vroeër 'n hongerdoek opgehang tussen die middeskip en die priesterkoor om die altaar af te skerm. Die skildery het gewoonlik armoede en hongersnood voorgestel.

Protestantisme

[wysig | wysig bron]

Binne die protestantisme is daar nie 'n eksplisiete gesamentlike tradisie van vastye nie. Daar is wel sekere groepe wat vas 40 dae voor Paasfees. Die inhoud van die vastyd is nie presies vasgestel nie. Party mense eet glad nie vir 'n periode nie terwyl ander hulle onthou van rook, drink of seks.

Die grondleggers van die gereformeerde protestantisme het wel die praktyk van vas goedgekeur. Calvyn wy in sy groot werk "die institusie" verskeie paragrawe aan die praktyk van vas. Voetius in sy groot werk oor godsvrug, beskrywe daadwerklike vas deur die gelowiges uitvoerig. Die gereformeerde vas is egter gekoppel aan boetedoening tydens biddae en nie gekoppel aan 'n periode soos die 40 dae voor Paasfees nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Lent. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Thurston, H. (1910). Lent. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Desember 23, 2014 by New Advent [1]
  3. Katholiek Nederland.nl: Encyclopedie: Veertigdagentijd

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • (en) "Lent". Catholic Encyclopædia. Besoek op 20 April 2019.
  • (en) "Lent". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 April 2019.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.