Tolla van der Merwe
Voorkoms
Tolla van der Merwe | |
Geboortenaam | Tertius Willem Jacobus van der Merwe |
---|---|
Geboorte | 21 Augustus 1943 Clanwilliam |
Sterfte | 7 Augustus 2000 (op 56) Belfast |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | TV-persoonlikheid, storieverteller, komediant |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Tertius Willem Jacobus (Tolla) van der Merwe (Clanwilliam, 21 Augustus 1943 - naby Belfast, Mpumalanga, 7 Augustus 2000) was 'n Afrikaanse televisiepersoonlikheid, storieverteller en komediant. Hy was gereeld op SAUK2 se program Maak 'n Las te sien. Sy seun, Wicus van der Merwe, is self 'n noemenswaardige sanger.
Biografie
[wysig | wysig bron]Van der Merwe matrikuleer aan die Hoërskool Clanwilliam en verwerf ná skool 'n NT53-kwalifikasie. Hy trou met Marita Bouwer en hulle het vier kinders, Wicus, Anél, Bouwer en Cara. Hy sterf in 2000 in 'n motorongeluk.[1]
Filmografie
[wysig | wysig bron]As akteur:
- Tolla is tops, 1990[2]
- Tough luck (as Oom Koos Fouche), 1992
- Yankee Zulu, 1993
- Kaalgat tussen die daisies, 1997
- Panic mechanic, 1997
Draaiboekskrywer:
- Tolla is tops, 1990
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Die beste uit (LP), 1985
- Weskus Rep (LP), 1991
- Rof Maar Nie Onbeskof, 1996
- Ter Nagedagtenis Aan: Tolla van der Merwe, 1943-2000 Ons Sal Jou Nooit Vergeet Nie, 2000
- Ek En Die Bobbejane, 2000
- Se Heel Beste Stories, 2007
- Bokkie, Kom Terug
- Tolla: Op Sy Beste: 1943 - 2000
- Tolla van der Merwe se 36 Gewildste Stories Vol 2
- Oeps!
- Tolla van der Merwe se 35 Gewildste Stories
- Jan & Tolla
- Tolla se Weskus Konsert (VHS)
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- van der Merwe (T.) TOLLA, Sit, ontspan, lees en lag, 95pp., geïllustreer, hardeband, Johannesburg, 2000.
Verdere naleeswerk
[wysig | wysig bron]- Konsert van die Lewe, Tania du Toit, 300 bladsye (boek oor Tolla se lewe)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Tolla se loopbaan en lewe[dooie skakel], Die Burger, 12 Augustus 2000.
- ↑ Tolla van der Merwe in die Internet-rolprentdatabasis