Stade Vélodrome
Stade Vélodrome | ||
Bynaam | Le Vel' | |
---|---|---|
Volle naam | Stade Vélodrome | |
Ligging | Marseille, Bouches-du-Rhône, Frankryk | |
Koördinate | 43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O | |
Eienaar | Stad Marseille | |
Kapasiteit | 67 394 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 28 April 1935 | |
Geopen | 13 Junie 1937 | |
Renovasie | 1984, 1998, 2014 | |
Boukoste | €285 miljoen | |
Argitek | Henri Ploquin | |
Huurders | ||
Olympique de Marseille (1937–hede) RC Toulon (sosiale wedstryde) |
Die Stade Vélodrome (Frans: [stad velɔdʁom]) is 'n stadion in Marseille, Frankryk, met 67 394 sitplekke. Dit is die tuisveld van die voorste Franse sokkerspan Olympique de Marseille en het ook as 'n stadion vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gedien. Dit is die grootste sokkerklubveld in Frankryk. Die stadion word ook gereeld deur die Franse nasionale rugbyspan gebruik.
Die rekordbywoning vir 'n klubwedstryd by die Stade Vélodrome was 58 897 vir 'n UEFA-bekerhalfeindstryd teen Newcastle United FC in 2004. Die stadion het ook diens gedoen in 1938 toe die FIFA Sokkerwêreldbeker se eindrondte in Frankryk gehou is. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was tussen Marseille en Turyn in 1937. Die stadion is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gebruik. In 2016 het die Stade Vélodrome die eerste stadion geword waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.
Die Franse rugbyspan het in die vroeë 2000s 'n indrukwekkende reeks oorwinnings in die stadion behaal. In November 2000 het hulle die All Blacks met 42–33 verslaan en in die jaar daarna het hulle die Wallabies met een punt geklop. In 2002 is een wedstryd weer in die stadion gespeel, met 'n oorwinning oor die Springbokke, wat gevolg is deur 'n oorwinning oor Engeland in 2003. Die geluklopie is in 2004 verbreek toe hulle 14–24 teen Argentinië verloor het. Die stadion is weer in November 2009 deur Frankryk gebruik toe hulle teen die Nieu-Seelandse All Blacks gespeel het. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir wedstryde gebruik.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
5 Junie 1938 | 17:00 | Italië | 2–1 (e.t.) | Noorweë | Eerste rondte | 19 000 |
16 Junie 1938 | 18:00 | Italië | 2–1 | Brasilië | Halfeindrondte | 33 000 |
Europese Sokkerkampioenskap 1960
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 1960.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
6 Julie 1960 | 21:30 | Tsjeggo-Slowakye | 0–3 | Sowjetunie | Halfeindrondte | 25 184 |
9 Julie 1960 | 18:00 | Tsjeggo-Slowakye | 2–0 | Frankryk | Klein finale | 9 438 |
Europese Sokkerkampioenskap 1984
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 1984.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
17 Junie 1984 | 20:30 | Portugal | 1–1 | Spanje | Groep B | 24 364 |
23 Junie 1984 | 20:00 | Frankryk | 3–2 (e.t.) | Portugal | Halfeindrondte | 54 848 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
12 Junie 1998 | 21:00 | Frankryk | 3–0 | Suid-Afrika | Groep C | 55 077 |
15 Junie 1998 | 14:30 | Engeland | 2–0 | Tunisië | Groep G | 54 587 |
20 Junie 1998 | 21:00 | Nederland | 5–0 | Suid-Korea | Groep E | 55 000 |
23 Junie 1998 | 21:00 | Brasilië | 1–2 | Noorweë | Groep A | 55 000 |
27 Junie 1998 | 16:30 | Italië | 1–0 | Noorweë | Agtste eindrondte | 55 000 |
4 Julie 1998 | 16:30 | Nederland | 2–1 | Argentinië | Kwarteindrondte | 55 000 |
7 Julie 1998 | 21:00 | Brasilië | 1–1 (4–2 straf.) | Nederland | Halfeindrondte | 54 000 |
Rugbywêreldbeker 2007
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
8 September 2007 | 13:45 | Nieu-Seeland | 76–14 | Italië | Groep C | 58 612 |
12 September 2007 | 20:00 | Italië | 24–18 | Roemenië | Groep C | 44 241 |
22 September 2007 | 21:00 | Argentinië | 63–3 | Namibië | Groep D | 55 067 |
30 September 2007 | 15:00 | Frankryk | 64–7 | Georgië | Groep D | 58 695 |
6 Oktober 2007 | 15:00 | Australië | 10–12 | Engeland | Kwarteindrondte | 59 102 |
7 Oktober 2007 | 15:00 | Suid-Afrika | 37–20 | Fidji | Kwarteindrondte | 55 943 |
Europese Sokkerkampioenskap 2016
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 2016 | 21:00 | Engeland | 1–1 | Rusland | Groep B | 62 343 |
15 Junie 2016 | 21:00 | Frankryk | 2–0 | Albanië | Groep A | 63 670 |
18 Junie 2016 | 18:00 | Ysland | 1–1 | Hongarye | Groep F | 60 842 |
21 Junie 2016 | 18:00 | Oekraïne | 0–1 | Pole | Groep C | 58 874 |
30 Junie 2016 | 21:00 | Pole | 1–1 (3–5 straf.) | Portugal | Kwarteindrondte | 62 940 |
7 Julie 2016 | 21:00 | Duitsland | 0–2 | Frankryk | Halfeindrondte | 64 078 |
Rugbywêreldbeker 2023
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2023.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
9 September 2023 | 21:00 | Engeland | 27–10 | Argentinië | Groep D | 63 118 |
10 September 2023 | 17:45 | Suid-Afrika | 18–3 | Skotland | Groep B | 63 586 |
21 September 2023 | 21:00 | Frankryk | 96–0 | Namibië | Groep A | 63 486 |
1 Oktober 2023 | 21:00 | Suid-Afrika | 49–18 | Tonga | Groep B | 60 387 |
14 Oktober 2023 | 17:00 | Wallis | 17–29 | Argentinië | Kwarteindrondte | 62 576 |
15 Oktober 2023 | 17:00 | Engeland | 30–24 | Fidji | Kwarteindrondte | 61 863 |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Stade Vélodrome. |
- (fr) Amptelike webwerf
- (en) WorldStadiums.com inskrywing Geargiveer 22 Januarie 2009 op Wayback Machine
- (en) Voorgestelde nuwe Stade Velodrome
- (en) Destination Marseille Geargiveer 16 Augustus 2006 op Wayback Machine – rugbyworldcup.com