FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
Coupe du Monde 1938 – France | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Frankryk |
Datums | 4 Junie – 19 Junie |
Spanne | 16 (van 4 konfederasies) |
Stadions | 10 (in 10 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Italië (2 titels) |
Tweede plek | [[Lêer:{{{vlag alias-1940}}}|22x20px|border|Vlag van Hongarye]] Hongarye |
Derde plek | Brasilië |
Vierde plek | Swede |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 19 |
Doele | 84 (4.42 per wedstryd) |
Bywoning | 483 000 (25 421 per wedstryd) |
Meeste punte | Leônidas (7 doele)[1] |
Beste speler | Leônidas |
← 1934 1950 → |
Die derde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Frans: Coupe du Monde 1938 – France; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 4 tot 19 Junie 1938 in Frankryk aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Frankryk aangebied is en die tweede in Europa. Dit was die laaste Sokker-Wêreldbekertoernooi voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog wat met die Duitse Inval van Pole een jaar later begin het. Die volgende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 sou twaalf jaar later in Brasilië beslis word, nadat die toernooie van 1942 en 1946 weens die wêreldwye oorlog gekanselleer is.
15 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 deelgeneem; Oostenryk het gekwalifiseer, maar dit is net drie maande voor dié toernooi met die “Anschluss” by Nazi-Duitsland ingelyf. Soos by die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 is tydens dié toernooi geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Die verdedigende kampioen Italië het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het in die derde en Swede in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Ander groot sokkerlande soos Argentinië, Uruguay en Spanje bly uit verskeie ander redes weg. Net drie nieeuropese spanne het aan dié toernooi deelgeneem: Brasilië, Kuba en Nederlands-Indië (nou Indonesië). Dit was die laagste aantal nasionale sokkerspanne van buite die gasheer se vasteland nog.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Frankryk is op 13 Augustus 1936 in Berlyn deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938. Ander kandidaatlande was Argentinië en Nazi-Duitsland.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | |||||
Frankryk | 19 | |||||
Argentinië | 3 | |||||
Nazi-Duitsland | 1 |
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Uit vrees vir ’n tweede agtereenvolgende toernooi in Europa het nóg Argentinië nóg Uruguay aan dié toernooi deelgeneem. Spanje het weggebly omdat dit deur ’n burgeroorlog verskeur is.
Dit was die eerste toernooi waar sowel die gasheer asook die verdedigende kampioen regstreeks gekwalifiseer het. Verdedigende kampioene het tot die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 die reg op regstreekse kwalifisering geniet. Van die 14 oorblywende plekke is elf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, twee vir die Amerikas en een vir Asië.
Oostenryk het suksesvol vir dié toernooi gekwalifiseer, maar dié land is net drie maande later tydens die “Anschluss” by Nazi-Duitsland ingelyf en die nasionale sokkerspan moes by die “Groot-Duitse nasionale sokkerspan” aansluit.[3] Letland was naaswenner in Oostenryk se groep van kwalifisering, maar dit is nie genooi om by dié toernooi deel te neem nie. FIFA het Engeland genooi om die leë plek in te neem, maar hulle het geweier.[4] As gevolg hiervan het Oostenryk se teenstander Swede in die agtste eindrondte sonder wedstrydbeslissing vir die kwarteindrondte gekwalifiseer.
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[5]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
België | 3de | 3 | 1934 | Agtste eindrondte (1934) |
Brasilië | 3de | 3 | 1934 | Agtste eindrondte (1934) |
Frankryk | 3de | 3 | 1934 | Agtste eindrondte (1934) |
Hongarye | 2de | 2 | 1934 | Kwarteindrondte (1934) |
Italië | 2de | 2 | 1934 | Kampioen (1934) |
Kuba | 1ste | 1 | – | Debuut |
Nazi-Duitsland | 2de | 2 | 1934 | Derde plek (1934) |
Nederland | 2de | 2 | 1934 | Agtste eindrondte (1934) |
Nederlands-Indië | 1ste | 1 | – | Debuut |
Noorweë | 1ste | 1 | – | Debuut |
Oostenryk | 2de | 2 | 1934 | Vierde plek (1934) |
Pole | 1ste | 1 | – | Debuut |
Roemenië | 3de | 3 | 1934 | Agtste eindrondte (1934) |
Swede | 2de | 2 | 1934 | Kwarteindrondte (1934) |
Switserland | 2de | 2 | 1934 | Kwarteindrondte (1934) |
Tsjeggo-Slowakye | 2de | 2 | 1934 | Naaswenner (1934) |
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 is oor 16 dae tussen 16 verskillende nasies oor 19 wedstryde uitgespeel. Dit het op 4 Junie 1938 op die Parc des Princes in Parys met ’n wedstryd tussen Switserland en Nazi-Duitsland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stade Olympique de Colombes in Parys op 19 Junie met die eindstryd tussen Italië en Hongarye, waartydens die verdedigende kampioen die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 ingespan.[6]
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit 19 wedstryde bestaan: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd. Buitendien was daar drie herhalingswedstryde.
Vir die agste eindrondte was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Brasilië, Frankryk, Italië, Kuba, Nazi-Duitsland, Oostenryk, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye. Vir elkeen van hierdie agt spanne is ’n teenstander getrek. In die daaropvolgende rondte het die wenner van wedstryd een teen die wenner van wedstryd twee te staan gekom.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Die loting is op 5 Maart 1938 in die Salon d'Horloge in Parys gehou.
Agtste eindrondte | Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | |||||||||||
5 Junie – Marseille | ||||||||||||||
Italië | 2 | |||||||||||||
12 Junie – Parys | ||||||||||||||
Noorweë | 1 | |||||||||||||
Italië | 3 | |||||||||||||
5 Junie – Parys | ||||||||||||||
Frankryk | 1 | |||||||||||||
Frankryk | 3 | |||||||||||||
16 Junie – Marseile | ||||||||||||||
België | 1 | |||||||||||||
Italië | 2 | |||||||||||||
5 Junie – Straatsburg | ||||||||||||||
Brasilië | 1 | |||||||||||||
Brasilië | 6 | |||||||||||||
12 Junie – Bordeaux (herhaal op 14 Junie) |
||||||||||||||
Pole | 5 | |||||||||||||
Brasilië | 1 (2) | |||||||||||||
5 Junie – Le Havre | ||||||||||||||
Tsjeggo-Slowakye | 1 (1) |
|||||||||||||
Tsjeggo-Slowakye | 3 | |||||||||||||
19 Junie – Parys | ||||||||||||||
Nederland | 0 | |||||||||||||
Italië | 4 | |||||||||||||
5 Junie – Reims | ||||||||||||||
Hongarye | 2 | |||||||||||||
Hongarye | 6 | |||||||||||||
12 Junie – Lille | ||||||||||||||
Nederlands-Indië | 0 | |||||||||||||
Hongarye | 2 | |||||||||||||
4 Junie – Parys (herhaal op 9 Junie) | ||||||||||||||
Switserland | 0 | |||||||||||||
Switserland | 1 (4) | |||||||||||||
16 Junie – Parys | ||||||||||||||
Nazi-Duitsland | 1 (2) |
|||||||||||||
Hongarye | 5 | |||||||||||||
5 Junie – Lyon | ||||||||||||||
Swede | 1 | derde plek | ||||||||||||
Swede | w/o | |||||||||||||
12 Junie – Antibes | 19 Junie – Bordeaux | |||||||||||||
Oostenryk[7] | — | |||||||||||||
Swede | 8 | Brasilië | 4 | |||||||||||
5 Junie – Toulouse (herhaal op 9 Junie) | ||||||||||||||
Kuba | 0 | Swede | 2 | |||||||||||
Kuba | 3 (2) | |||||||||||||
Roemenië | 3 (1) |
|||||||||||||
Agtste eindrondte
[wysig | wysig bron]4 Junie 1938 17:00 | ||||
Switserland | 1–1 (e.t.) | Nazi-Duitsland | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 27 162 Skeidsregter: John Langenus (België) | |
Abegglen 43' | Verslag | 29' Gauchel |
5 Junie 1938 17:00 | ||||
Hongarye | 6–0 | Nederlands-Indië | Vélodrome Municipal, Reims Toeskouers: 9 000 Skeidsregter: Roger Conrié (Frankryk) | |
Kohut 14' Toldi 16' Sárosi 25', 88' Zsengellér 30', 67' |
Verslag |
5 Junie 1938 | ||||
Swede | w/o[7] | Oostenryk | Stade de Gerland, Lyon | |
5 Junie 1938 17:00 | ||||
Kuba | 3–3 (e.t.) | Roemenië | Stade Chapou, Toulouse Toeskouers: 7 000 Skeidsregter: Giuseppe Scarpi (Italië) | |
Socorro 44' Fernández 87' Tuñas 117' |
Verslag | 35' Bindea 88' Barátky 105' Dobay |
5 Junie 1938 17:00 | ||||
Frankryk | 3–1 | België | Stade Olympique de Colombes, Parys Toeskouers: 30 454 Skeidsregter: Hans Wüthrich (Switserland) | |
Veinante 1' Nicolas 16', 69' |
Verslag | 38' Isemborghs |
5 Junie 1938 17:00 | ||||
Italië | 2–1 (e.t.) | Noorweë | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 19 000 Skeidsregter: Alois Beranek (Duitsland) | |
Ferraris 2' Piola 94' |
Verslag | 83' Brustad |
5 Junie 1938 17:30 | ||||
Brasilië | 6–5 (e.t.) | Pole | Stade de la Meinau, Straatsburg Toeskouers: 13 452 Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede) | |
Leônidas 18', 93', 104' Romeu 25' Perácio 44', 71' |
Verslag | 23' (straf) Scherfke 53', 59', 89', 118' Wilimowski |
5 Junie 1938 18:30 | ||||
Tsjeggo-Slowakye | 3–0 (e.t.) | Nederland | Stade municipal, Le Havre Toeskouers: 11 000 Skeidsregter: Lucien Leclerq (Frankryk) | |
Košťálek 93' Nejedlý 111' Zeman 118' |
Verslag |
- Herhalings
9 Junie 1938 18:00 | ||||
Nazi-Duitsland | 2–4 | Switserland | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 20 265 Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede) | |
Hahnemann 8' Lörtscher 22' (e.d.) |
Verslag | 42' Walaschek 64' Bickel 75', 78' Abegglen |
9 Junie 1938 18:00 | ||||
Kuba | 2–1 | Roemenië | Stade Chapou, Toulouse Toeskouers: 8 000 Skeidsregter: Alfred Birlem (Duitsland) | |
Socorro 51' Oliveira 57' |
Verslag | 35' Dobay |
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]12 Junie 1938 17:00 | ||||
Switserland | 0–2 | Hongarye | Stade Victor Boucquey, Lille Toeskouers: 14 000 Skeidsregter: Rinaldo Barlassina (Italië) | |
Verslag | 40' Sárosi 89' Zsengellér |
12 Junie 1938 17:00 | ||||
Swede | 8–0 | Kuba | Stade du Fort Carré, Antibes Toeskouers: 6 846 Skeidsregter: Augustin Krist (Tsjeggoslowakye) | |
H. Andersson 9', 81', 90' Wetterström 32', 37', 44' Keller 80' Nyberg 84' |
Verslag |
12 Junie 1938 17:00 | ||||
Frankryk | 1–3 | Italië | Stade Olympique de Colombes, Parys Toeskouers: 58 455 Skeidsregter: Louis Baert (België) | |
Heisserer 10' | Verslag | 9' Colaussi 51', 72' Piola |
12 Junie 1938 17:00 | ||||
Brasilië | 1–1 (e.t.) | Tsjeggo-Slowakye | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 22 021 Skeidsregter: Pal von Hertzka (Hongarye) | |
Leônidas 30' | Verslag | 65' (straf) Nejedlý |
- Herhaling
14 Junie 1938 18:00 | ||||
Brasilië | 2–1 | Tsjeggo-Slowakye | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 18 141 Skeidsregter: Georges Capdeville (Frankryk) | |
Leônidas 57' Roberto 62' |
Verslag | 25' Kopecký |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]16 Junie 1938 18:00 | ||||
Hongarye | 5–1 | Swede | Parc des Princes, Parys Toeskouers: 14 800 Skeidsregter: Lucien Leclerq (Frankryk) | |
Jacobsson 19' (e.d.) Titkos 37' Zsengellér 39', 85' Sárosi 65' |
Verslag | 1' Nyberg |
16 Junie 1938 18:00 | ||||
Italië | 2–1 | Brasilië | Stade Vélodrome, Marseille Toeskouers: 33 000 Skeidsregter: Hans Wüthrich (Switserland) | |
Colaussi 51' Meazza 60' (straf) |
Verslag | 87' Romeu |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]19 Junie 1938 17:00 | ||||
Swede | 2–4 | Brasilië | Parc Lescure, Bordeaux Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: John Langenus (België) | |
Jonasson 28' Nyberg 38' |
Verslag | 44' Romeu 63', 74' Leônidas 80' Perácio |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]19 Junie 1938 17:00 | ||||
Hongarye | 2–4 | Italië | Stade Olympique de Colombes, Parys Toeskouers: 45 124 Skeidsregter: Georges Capdeville (Frankryk) | |
Titkos 8' Sárosi 70' |
Verslag | 6', 35' Colaussi 16', 82' Piola |
Sokkerwêreldkampioen 1938 |
---|
Italië |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8][9] Die ranglys vir die 1938-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Italië | 4 | 4 | 0 | 0 | 11 | 5 | +6 | 8 | |
2 | Hongarye | 4 | 3 | 0 | 1 | 15 | 5 | +10 | 6 | |
3 | Brasilië | 4 | 2 | 1 | 1 | 14 | 11 | +3 | 5 | |
4 | Swede | 3 | 1 | 0 | 2 | 11 | 9 | +2 | 2 | |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Tsjeggo-Slowakye | 2 | 1 | 1 | 0 | 5 | 3 | +2 | 3 | |
6 | Frankryk | 2 | 1 | 0 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 2 | |
7 | Switserland | 2 | 0 | 1 | 1 | 1 | 3 | −2 | 1 | |
8 | Kuba | 2 | 0 | 1 | 1 | 3 | 11 | −8 | 1 | |
In die agtste eindrondte uitgeskakel | ||||||||||
9 | Roemenië | 1 | 0 | 1 | 0 | 3 | 3 | ±0 | 1 | |
10 | Nazi-Duitsland | 1 | 0 | 1 | 0 | 1 | 1 | ±0 | 1 | |
11 | Pole | 1 | 0 | 0 | 1 | 5 | 6 | −1 | 0 | |
12 | Noorweë | 1 | 0 | 0 | 1 | 1 | 2 | −1 | 0 | |
13 | België | 1 | 0 | 0 | 1 | 1 | 3 | −2 | 0 | |
14 | Nederland | 1 | 0 | 0 | 1 | 0 | 3 | −3 | 0 | |
15 | Nederlands-Indië | 1 | 0 | 0 | 1 | 0 | 6 | −6 | 0 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2018. Besoek op 26 Mei 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) John Ashdown (22 April 2014). "World Cup: 25 stunning moments … No11: Austria's Wunderteam". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "The FIFA World Cup™ Final Draw History" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ 7,0 7,1 Swede is bekroon met ’n wedstryd sonder teenstander, aangesien Oostenryk nie in staat was om deel te neem nie as gevolg van die Oostenrykse “Anschluss” by Nazi-Duitsland in Maart 1938.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938. |
- (en) fifa.com: France 1938: Azzurri retain crown
- (en) worldcup-history.com: France, 1938
- (en) rsssf.com: World Cup 1938