Spinasiebeet
Spinasiebeet | |
---|---|
Rooispinasie groei by "Slow Food Nation" | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | |
Subspesie: | B. vulgaris subsp. cicla |
Sinonieme[1][2] | |
|
Spinasiebeet of Snybeet (Beta vulgaris subsp. vulgaris var. vulgaris, soms ook Beta vulgaris subsp. vulgaris var. cicla),[3] is 'n blaarryke plant van die amarantfamilie (Amaranthaceae) waarvan die blare of blaarstele as 'n groente geëet word. Dit word in verskeie kulture se kookkuns gebruik. Die blare kan groen of rooierig gekleur wees; spinasiebeet se stingels wissel ook in kleur.[3] Spinasie word gekweek om hoogs voedsame blare te hê en word beskou as een van die gesondste groentes beskikbaar, dit maak dit 'n gewilde toevoeging tot 'n gesonde dieet (soos ander groen blaargroentes).[4] Spinasie bestaan al vir eeue lank, maar as gevolg van sy ooreenkoms met beet is dit moeilik om die presiese ontwikkeling van die verskillende variëteite van spinasie en beet te bepaal.[5]
Verbouing
[wysig | wysig bron]Blare
[wysig | wysig bron]Spinasiebeet word in September en Oktober in oop beddings gesaai. Soms word daar in Januarie en Februarie gesaai vir 'n laat oes. Die ryafstand is 20 cm en in die ry is die plantafstand 5 cm. As die plant 10-15 cm hoog is, word die blare afgesny. Na 'n paar weke kan die hergroei ook weer geoes word. Oes is moontlik tot einde Maart.
Blaarstele
[wysig | wysig bron]Hiervoor word met 'n ryspasiëring van 40-45 cm gesaai en in die ry uitgedun tot 'n plantafstand van 30-35 cm. Hierdie metode skep groot plante met groot blare. Die dik, vlesige blaarstele, waarvan die mesofil verwyder is, word soos aspersies geëet, maar dit het baie minder smaak as aspersies.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Hierdie plant, behandel as 'n subspesie van Beta vulgaris, is die eerste keer gepubliseer in Synopsis der Deutschen und Schweizer Flora 2: 720. 1846. Sy basioniem is B. vulgaris var. cicla L. "Naam – Beta vulgaris subsp. cicla (L.) W.D.J.Koch". Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botanical Garden. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 26 Augustus 2011.
Basionym: Beta vulgaris var. cicla L.
- ↑ 2,0 2,1 Die basioniem B. vulgaris subsp. cicla (B. vulgaris var. cicla L.) is oorspronklik beskryf en gepubliseer in Species Plantarum 1: 222. 1753. "Name – Beta vulgaris var. cicla L." Tropicos (in Portugees). Saint Louis, Missouri: Missouri Botanical Garden. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2019. Besoek op 26 Augustus 2011.
Annotation: as "Cicla"
- ↑ 3,0 3,1 [1] 17 November 2011, The New York Times
- ↑ whfoods.org Geargiveer 21 April 2021 op Wayback Machine, World's Healthiest Foods, George Mateljan Foundation, 17 November 2011
- ↑ cliffordawright.com, 17 November 2011, Clifford A. Wright