Simon Harmer
Simon Harmer | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Simon Ross Harmer | |||||
Gebore | 10 Februarie 1989 Pretoria, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm-wegbreek | |||||
Rol | Veelsydige speler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 321) | 2 Januarie 2015 v Wes-Indië | |||||
Laaste Toets | 31 Maart 2022 v Bangladesj | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2009–2011 | Oostelike Provinsie | |||||
2011–2019 | Warriors | |||||
2016 | Grens | |||||
2017–tans | Essex | |||||
2018–2019 | Jozi Stars | |||||
2021 | Titane | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | T20 | |
Wedstryde | 5 | 0 | 170 | 93 | 124 | |
Lopies aangeteken | 58 | 4763 | 1136 | 874 | ||
Kolfgemiddeld | 11.60 | 23.81 | 21.43 | 17.83 | ||
100s/50s | 0/0 | 2/24 | 0/0 | 0/0 | ||
Hoogste telling | 13 | 102* | 44* | 43 | ||
Aflewerings geboul | 1,148 | 40,775 | 4440 | 2336 | ||
Paaltjies | 20 | 726 | 96 | 105 | ||
Boulgemiddeld | 29.40 | 26.61 | 38.03 | 28.03 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | - | 42 | 0 | 0 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | - | 10 | 0 | - | ||
Beste boulontleding | 4/61 | 9/80 | 4/42 | 4/19 | ||
Vangskote/Stonkings | 1/- | 168/- | 63/- | 62/- | ||
Bron: cricinfo, 31 Desember 2021 |
Simon Ross Harmer (gebore 10 Februarie 1989, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, 'n veelsydige regterhandse middelkolwer en wegbreekbouler vir die eersterangse Warriors, sowel as die Suid-Afrikaanse A-span, Suid-Afrikaanse Universiteite (kaptein), en mees onlangs die Proteas.
Harmer maak sy eersterangse debuut vir die Warriors in die 2010–2011 seisoen teen die Kaapse Kobras deur 5 vir 98 in die eerste beurt en 1 vir 53 in die tweede beurt te neem, saam met sy 46 en 69* lopies met die kolf aangeteken.[1] Hy speel gereelde wedstryde vir die Warriors-span in 2011–2012, en eindig die seisoen as die voorste paaltjienemer in sy volle nuwelingseisoen, naamlik 44 paaltjies.[2]
Harmer maak sy toetsdebuut vir die Proteas in die Nuwejaarstoets van 2015 op Nuweland, Kaapstad, teen die Wes-Indiese Eilande. Hy neem sy toetsdebuutpaaltjie deur Devon Smith te boul in die lááste boulbeurt voor ete op dag een,[3] en eindig die beurt met puik syfers van 26 beurte, 5 leeg, 71 lopies en 3 paaltjies.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ http://www.espncricinfo.com/southafrica/content/player/432960.html#bataves
- ↑ http://stats.espncricinfo.com/ci/engine/records/bowling/most_wickets_career.html?id=6838;type=tournament
- ↑ http://www.espncricinfo.com/south-africa-v-west-indies-2014-15/content/story/815081.html
- ↑ http://www.espncricinfo.com/south-africa-v-west-indies-2014-15/engine/match/722333.html
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Simon Harmer by Cricinfo
- Simon Harmer by CricketArchive
Suid-Afrika se huidige nasionale krieketspan |
---|
- Temba Bavuma [toets- en EDI-kaptein]
- Gerald Coetzee
- Tony de Zorzi
- Marco Jansen
- Janneman Malan
- Keshav Maharaj
- Aiden Markram [T20-kaptein]
- David Miller |
Wysig hierdie sjabloon |