Shona (taal)
Voorkoms
Shona chiShona | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Zimbabwe Mosambiek Zambië Botswana | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 10,7 miljoen (moedertaal) 1,8 miljoen (tweede taal in Zimbabwe)[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Sentraal Shona | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Zimbabwe | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sn
| |
ISO 639-2: | sna
| |
ISO 639-3: | sna
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Shona (chiShona in Shona) is 'n Bantoetaal, inheems aan die Mashona-stam van Zimbabwe, Suid-Zambië en Mosambiek. Shona bestaan uit 'n aantal dialekte, naamlik Zezuru, Karanga, Manyika, Ndau en Korekore. Sekere taalkundiges beskou Karanga enersyds as 'n taal op sigself, of wend dit aan as 'n omvattende term vir al die variante.[2] Shona is een van die belangrikste tale in Zimbabwe, tesame met Noord-Ndebele en die amptelike besigheidstaal, Engels, en een van die amptelike tale van dié land.
Volgens Ethnologue[3] word die vyf hoofdialekte van Shona deur 10,7 miljoen mense as moedertaal gepraat, wat dit die tweede grootste van die Bantoetale maak. Zoeloe is eerste met 12 miljoen moedertaalsprekers.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Shona" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Februarie 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
- ↑ Werner, Alice (1917). "The Language of Southern Rhodesia". Bulletin of the School of Oriental Studies, University of London (Cambridge University Press). 1 (1): 106–108. Besoek op 25 Januarie 2022.
- ↑ "Summary by language size" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2019. Besoek op 21 Januarie 2016.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Zulu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Shona.