Gaan na inhoud

Santa Maria Novella

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Basiliek van Santa Maria Novella

Die Santa Maria Novella is 'n kerk wat geleë is in Florence, Italië teenoor die stad se hoof spoorwegstasie, waaraan dit ook sy naam verleen. Chronologies-gesien is dit die eerste groot basiliek wat in Florence gebou is, en die stad se hoof Dominikaanse kerk.

Die kerk en aangrensende klooster bevat 'n groot hoeveelheid kunsskatte en begrafnismonumente. Veral bekend is die fresko's deur meesters van die Gotiese kuns, en die skilderkuns van die vroeë Renaissance. Die kerk was gefinansier deur die belangrikste Florentynse families, wat sodoende voorsorg getref het daarvoor dat hulle begrafniskapelle op gewyde grond sou verkry.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die kant van Via degli Avelli

Die kerk was die S. Maria Novella ("Nuwe")[1] genoem en is gebou op die perseel van die 9de eeuse oratorium van Santa Maria delle Vigne. Toe die terrein in 1221 aan die Dominikaanse Orde toegewys is, het hulle besluit om 'n nuwe kerk en aangrensende klooster te bou. Die kerk is ontwerp deur twee Dominikaanse broeders, broeders Sisto Fiorentino en Ristoro da Campi. Bouwerk het in die middel van die 13de eeu (ongeveer 1246) begin en het 80 jaar geduur. Die [1] bouwerk is beëindig onder toesig van broeder Iacopo Talenti met die voltooiing van die Romaans-Gotiese kloktoring en sakristie. In 1360 is 'n reeks Gotiese arkades by die fasade gevoeg; dit was bedoel om verskeie sarkofae te bevat.[1] Die kerk is in 1420 ingewy.

Syaansig van Piazza Unità d'Italia

Leon Battista Alberti het op versoek van Giovanni di Paolo Rucellai, 'n plaaslike tekstielhandelaar, die boonste deel van die groen marmer van Prato (ook serpentino genoem) en die wit marmerfasade van die kerk (1456-1470), ontwerp. Hy was toe reeds beroemd as die argitek van die Tempio Malatestiano in Rimini, en nog meer vir sy verhandeling oor argitektuur getitel De re aedificatoria. Alberti het ook die fasade vir die Rucellai-paleis in Florence ontwerp.

Alberti het gepoog om die ideale van humanistiese argitektuur, naamlik, proporsionele en klassiek geïnspireerde detail, op die ontwerp aan te bring, terwyl hy ook harmonie geskep het met die reeds bestaande middeleeuse deel van die fasade. [2] Sy bydrae bestaan uit 'n breë fries wat versier is met vierkante, en die volle boonste deel, insluitende die vier witgroen pilasters en 'n ronde venster, gekroon deur 'n pediment met die Dominikaanse son-embleem. Weerskante daarvan is enorme S-vormige volute. Die vier kolomme met die Korinthiese hoofletters aan die onderste deel van die fasade is ook bygevoeg. Die pediment en die fries is duidelik geïnspireer deur die oudheid, maar die S-geboë rolle in die boonste deel is nuut en sonder presedent in die oudheid. Die rolle (of variasies daarvan) wat in kerke regoor Italië voorkom, kry hul oorsprong uit die ontwerp van hierdie kerk. Die rolle het 'n jarelange argitektoniese probleem oor hoe om oordragte van wye na noue verdiepings te doen, opgelos.  [2]

Die fries onder die pediment dra die naam van die beskermheer: IOHAN(N)ES ORICELLARIUS PAU(LI) F(ILIUS) AN(NO) SAL(UTIS) MCCCCLXX (Giovanni Rucellai - seun van Paolo in die verlossingsjaar 1470).

Interieur

[wysig | wysig bron]

Die uitgestrekte interieur is gebaseer op 'n basilika-plan, en ontwerp as 'n Egiptiese kruis (T-vormig). Dit word verdeel in 'n skip, twee gange met vensters en 'n kort transept. Die groot skip is 100 meter lank en gee 'n indruk van soberheid. Die steunpilare is eenvormig en beskik oor Korinthiese kolomme wat puntige Gotiese boë bo dra. Die ribbe en boë is almal swart en van wit polichroom.

Daar word 'n trompe l'oeil-effek geskep waardeur die naaf na die apsis se kant toe langer lyk as die werklike lengte daarvan, omdat die steunpilare tussen die skip en die gang progressief nader kom soos wat die kansel genader word.

Baie van die vensters beskik oor loodglas wat uit die 14de en 15de eeu dateer, soos die Madonna en Kind uit die 15de eeu en die heilige Johannes en Philippi (ontwerp deur Filippino Lippi), wat albei in die Filippo Strozzi-Kapel gevind kan word. Sommige loodglasvensters is met verloop van die eeue beskadig en vervang. Die een aan die westekant, 'n uitbeelding van die Kroning van Maria, dateer uit die 14de eeu, en is gebaseer op 'n ontwerp van Andrea di Bonaiuto da Firenze.

Die preekstoel wat deur die Rucellai-gesin in 1443 aangevra is, is ontwerp deur Filippo Brunelleschi en uitgevoer deur sy aangenome seun Andrea Calvalcanti. Hierdie preekstoel het 'n besondere historiese belang, aangesien die eerste mondelinge aanval op Galileo Galilei vanaf die kansel gemaak is, wat uiteindelik tot sy beskuldiging gelei het.

Die Heilige Drie-eenheid deur Masaccio.

Die Heilige Drie-eenheiddeur Masaccio, wat feitlik halfpad langs die linkerkantse gang geleë is, is 'n baanbreker werk uit die vroeë Renaissance-werke van Masaccio] wat sy nuwe idees oor perspektief en wiskundige proporsies vertoon. Die betekenis daarvan vir die skilderkuns kan maklik vergelyk word met die belangrikheid van Filippo Brunelleschi ten opsigte van argitektuur en Donatello ten opsigte van beeldhouwerk. Die beskermhere was die regter en sy vrou, lede van die Lenzi-familie, wat hier op hul knieë uitgebeeld word. Die kadawergraf beskik oor 'n Latynse epigram met die inskrywing: "Ek was eens wat jy is, en wat ek is, sal jy word."

Van besonderse belang in die regterkantse gang is die Tomba della Beata Villana, 'n monument deur Bernardo Rossellino wat in 1451 gemaak is. In dieselfde gang lê die graftombes van die biskoppe van Fiesole, een deur Tino di Camaino en een deur Nino Pisano.

Die kansel (of die Cappella Tornabuoni) bevat 'n reeks bekende fresko's wat vanaf 1485 tot 1490 geskilder is deur Domenico Ghirlandaio wie se leerling die jong Michelangelo was. Die fresko's verteenwoordig temas uit die lewens van die Maagd en Johannes die Doper. Dit bevat uitbeeldings van verskeie lede van belangrike Florentynse families. Die boogdak bevat skilderye van die Evangeliste. Op die agterste muur is die skilderye Sint Dominic brand die Ketterboeke en Sint Petrus se Martelaarskap, die Aankondiging en Sint Johannes gaan die woestyn binne.

Die loodglasvensters is in 1492 gemaak deur die Florentynse kunstenaar Alessandro Agolanti, ook bekend as Il Bidello, en is gebaseer op tekenprente deur Ghirlandaio.

Die brons kruis op die hoofaltaar is deur Giambologna (16de eeu).

Filippo Strozzi-kapel

[wysig | wysig bron]

Die Strozzi-kapel is aan die regterkant van die hoofaltaar geleë. Die reeks fresko's deur Filippino Lippi beeld die lewens van die apostels Filippus en Jakobus uit, en is in 1502 voltooi. Op die regterkantste muur is die fresko St Philip Driving the Dragon from the Temple of Hieropolis en in die halfmaanvormige deel daarbo die Crucifixion of St Philip . Op die linkerkantse muur is die fresko St John the Evangelist Resuscitating Druisana en in die halfmaanvormige deel daarbo The Torture of St John the Evangelist. Adam, Noah, Abraham en Jakob word op die boogdak voorgestel. Agter die altaar is die graf van Filippo Strozzi met 'n beeld van Benedetto da Maiano (1491).

Gondi-kapel

[wysig | wysig bron]

Hierdie kapel, ontwerp deur Giuliano da Sangallo, is aan die linkerkant van die hoofaltaar geleë en dateer uit die laaste jare van die 13de eeu. Op die agterkantse muur is die beroemde Kruisbeeld deur Filippo Brunelleschi]. Dit is een van sy min beelde. Volgens legende was hy so gewalg deur die "primitiewe" kruisiging van Donatello in die Basiliek van Santa Croce in Florence dat hy besluit het om die beeld te maak. Die boogdak bevat fragmente van fresko's van 13de-eeuse Griekse skilders. Die polichroom marmerversiering is aangebring deur Giuliano da Sangallo (ca. 1503). Die loodglasvenster dateer uit die 20ste eeu.

Cappella Strozzi di Mantova

[wysig | wysig bron]

Die Cappella Strozzi di Mantova is aan die einde van die linkerkantse transept geleë. Die fresko's is deur Nardo di Cione (1350-1357) en aangevra deur Tommaso Strozzi, 'n voorouer van Filippo Strozzi. Die fresko's is geïnspireer deur Dante se Goddelike Komedie: met die Laaste Oordeel (op die agterkantse muur; insluitende 'n portret van Dante), die hel (aan die regterkantse muur) en die paradys (aan die linkerkantse muur). Die hoofaltaarstuk van Die Verlosser met die Madonna en die heiliges is deur Nardo di Cione se broer, Andrea di Cione, beter bekend as Orcagna. Die groot loodglasvenster aan die agterkant is van 'n tekenprent gemaak deur die twee broers.

Della Pura-kapel

[wysig | wysig bron]

Die Della Pura-kapel is noord van die ou begraafplaas geleë. Dit dateer uit 1474 en is met Renaissance-kolomme gebou. Dit is in 1841 deur Gaetano Baccani herstel. Aan die linkerkant is daar 'n halfmaanvormige deel met 'n 14de-eeuse fresko getitel Madonna and Child with St Catherine. Op die voorste altaar is daar 'n houtkruisiging deur Baccio da Montelupo (1501).

Rucellai-kapel

[wysig | wysig bron]

Die Rucellai kapel, aan die einde van die regterkantse gang, dateer uit die 14de eeu. Behalwe vir die graf van Paolo Rucellai (15de eeu) en die marmerbeeld van die Madonna en die Kind deur Nino Pisano, bevat dit verskeie kunsskatte soos oorblyfsels van fresko's deur die Maestro di Santa Cecilia (einde 13de - begin 14de eeu). Die paneel aan die linkerkantse muur, Die martelaarskap van St Catherine, is deur Giuliano Bugiardini geskilder (moontlik met behulp van Michelangelo). Die brons graftombe in die middel van die vloer is in 1425 deur Lorenzo Ghiberti gemaak.

Bardi-kapel

[wysig | wysig bron]

Die Bardi-kapel, die tweede kapel aan die regterkant van die apsis, is deur Riccardo Bardi op die been gebring en dateer uit die vroeë 14de eeu. Die hoë reliëf op 'n pilaar beeld 'St Gregory blessing Riccardo Bardi uit. Die mure toon 'n paar vroeë 14de-eeuse fresko's wat aan Spinello Aretino toegeskryf word. Die Madonna del Rosario op die altaar is deur Giorgio Vasari (1568)

Sakristie

[wysig | wysig bron]

Die sakristie aan die einde van die linkerkantse gang is in 1380 deur die Cavalcanti-familie gebou as die Kapel van die Aankondiging. Dit huisves, na 'n onlangse tydperk van veertien jaar se restourasie en opknapping, die enorme Crucifix with the Madonna and John the Evangelist, te wete 'n vroeë werk deur Giotto. Die sakristie word ook versier deur 'n geglasuurde terra cotta en 'n marmerstuk deur Giovanni della Robbia (1498). Die kaste is in 1593 deur Bernardo Buontalenti ontwerp. Die skilderye aan die muur word toegeskryf aan Giorgio Vasari en aan ander kontemporêre Florentynse skilders. Die groot Gotiese raam met drie onthullende vensters teen die agterste muur dateer uit 1386 en is gebaseer op tekenprente deur Niccolò di Pietro Gerini

Spaanse Kapel

[wysig | wysig bron]
Fresko deur Andrea di Bonaiuto da Firenze in die Spaanse Kapel: Allegorie van die Aktiewe en Triomfantelike Kerk en van die Dominikaanse-orde (c. 1365)

Die Spaanse kapel (of Cappellone degli Spagnoli) was die voormalige vergaderhuis van die klooster. Dit is aan die noordekant van die groen Klooster (Chiostro Verde) geleë. Dit is in opdrag van Buonamico (Mico) Guidalotti as sy begrafniskapel aangevra. Bouwerk het in c. 1343 begin, en is in 1355 voltooi. Die Guidalotti-kapel is later hernoem na die Spaanse kapel omdat Cosimo I dit aan Eleonora van Toledo en haar Spaanse gevolg opgedra het. Binne die Spaanse kapel is daar 'n kleiner kapel van die Allerheiligste Sakrament.

Die Spaanse kapel is van 1365 tot 1367 deur Andrea di Bonaiuto, ook bekend as Andrea da Firenze, gedekoreer. Die groot fresko aan die regterkantse muur beeld 'n Allegorie van die Aktiewe en Triomfantelike Kerk en van die Dominikaanse orde uit. Dit is veral interessant omdat dit op die agtergrond 'n groot pienk gebou vertoon wat volgens sommige 'n mate van insig mag bied in die oorspronklike ontwerpe vir die Duomo van Florence deur Arnolfo di Cambio (voordat Brunelleschi se koepel gebou is ). So 'n interpretasie is egter fantasie, aangesien die Duomo nooit bedoel was om pienk te wees nie, en ook nie bedoel was om 'n kloktoring aan die agterkant te hê nie. Hierdie fresko bevat ook portrette van Pous Benedictus IX, kardinaal-broeder Niccolò Albertini, hertog Guido di Poppi, Arnolfo di Cambio en die digter Petrarch.

Die fresko's aan die ander mure verteenwoordig tonele uit die lewens van Christus en Sint Petrus op die ingangsmuur (meestal verwoes weens die latere installasie van 'n koorafdeling), The Triumph of St Thomas Aquinas en die Allegory of Christian Learning aan die linkerkantse muur, en die groot Crucifixion with the Way to Calvalry and the Descent into Limbo op die boog van die altaarmuur.

Die vierdelige boogdak bevat tonele van Christus se opstanding, die navicella, die Hemelvaart en Pinkster. Die vyf-paneel Gotiese poliptiek wat waarskynlik oorspronklik gemaak is vir die altaar van die kapel, en wat die Madonna Enthroned with Child and Four Saints deur Bernardo Daddi uitbeeld, dateer uit 1344 en word tans uitgestal in 'n klein museumarea wat bereik kan word deur glasdeure aan die einde van die klooster. Saam kombineer die komplekse ikonografie van die boogdakplafon en mure en altaar om die boodskap van Dominikaanse orde as 'n gids tot die redding van siele oor te dra.

Argitektuur

[wysig | wysig bron]

Giorgio Vasari was die argitek wat in 1567 opdrag gekry het van Groothertog Cosimo I vir die eerste verbouing van die kerk. Die opdrag het ingesluit dat die oorspronklike rood skerm ( 'n Skerm, tipies van gevormde hout of klip gemaak, wat die naaf of skip van 'n kerk, van die kansel van die kerk skei. Roodskerms word in die hele Wes-Europa aangetref, en dateer hoofsaaklik uit die 14de tot die 16de eeu.) en solder verwyder moes word, en dat ses kapelle bygevoeg moes word tussen die kolomme.

'n Sfeer (aan die linkerkant) en 'n gnomon (aan die regterkant) is in 1572 deur Ignazio Danti, 'n sterrekundige of astroloog van Cosimo I, tot die blinde boë van die onderste fasade bygevoeg. Die tweede verbouing is ontwerp deur Enrico Romoli en is tussen 1858 en 1860 uitgevoer.

Piazza Santa Maria Novella.

Die plein voor die kerk is deur Cosimo I gebruik vir die jaarlikse strydwa-wedren (Palio dei Cocchi). Dit het tussen 1563 tot laat in die 19de eeu voortgeduur. Die twee obeliske van die Corsa dei Cocchi het die begin en die einde van die wedloop aangedui. Dit is opgestel om 'n antieke Romeinse sirkus na te boots. Die obeliske rus op brons skilpaaie wat in 1608 gemaak is deur die beeldhouer Giambologna.

Lys van kunswerke

[wysig | wysig bron]

Kunstenaars wat kunswerke vir die kerk gemaak het sluit in:

  • Sandro Botticelli – vroeë werk, 'n geboortetoneel bo die deur (Aanbidding deur die Drie Wyses (1475))[3]
  • Baccio D'Agnolo – houtsneewerk
  • Bronzino – die Wonderwerk van Jesus
  • Filippo BrunelleschiDie kruisiging (tussen 1410 en 1425)
  • Tino da Camaino – Borsbeeld van Sint Antoninus (in terra cotta); die Graftombe van die Biskop van Fiesole
  • Nardo di Cione – fresko's van die Goddelike Oordeel
  • Duccio – Rucellai Madonna
  • Lorenzo Ghiberti – grafsteen van Leonardo Dati (1423)[4]
  • Domenico Ghirlandaio – fresko's (laat 15de eeu) in die Tornabuoni-kapel, ontwerp van die loodglas venster
  • Filippino Lippi – fresko's in die Strozzi-kapel wat die lewe van Philippi die Apostel uitbeeld; loodglas venster
  • Benedetto da Maiano – die Graftomb van Filippo Strozzi (1491) aan die agterkant van die Strozzi-kapel.
  • Giacomo Marchetti : Martelaarskap van Sint Lourens.
  • MasaccioDie Drie-eenheid[5]
  • Nino Pisano – Madonna met Kind (1368)[6]
  • Bernardo Rossellino – Monument aan die Beata Villana (1451)[7][8]
  • Santi di Tito – Lasarus uit die dood opgewek[9]
  • Paolo Uccello – fresko's in die kloosters
  • Giorgio VasariMadonna van die bidsnoer (1568)

Lys van teraardebestellings

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Decker, Heinrich (1969) [1967]. The Renaissance in Italy: Architecture • Sculpture • Frescoes. New York: The Viking Press. p. 24. ISBN 0-670-59395-8.
  2. 2,0 2,1 De La Croix, Horst; Tansey, Richard G.; Kirkpatrick, Diane. Gardner's Art Through the Ages (9th uitg.). Harcourt Brace Jovanovich. p. 610. ISBN 0155037692.
  3. H. Riaño, Peio (1 Augustus 2013). "Homosexuales que hicieron brillar a la Iglesia". El Confidencial (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2018. Besoek op 3 Februarie 2018.
  4. Roberts, Ann (5 Desember 2016). Dominican Women and Renaissance Art: The Convent of San Domenico of Pisa. Routledge. p. 153. ISBN 9781351943000.
  5. Cole, Bruce "Masaccio".. Cambridge University Press. 
  6. Kleinhenz, Christopher (2 Augustus 2004). Medieval Italy: An Encyclopedia. Routledge. p. 944. ISBN 9781135948801.
  7. Erasmo, Mario (30 November 2017). Strolling through Florence: The Definitive Walking Guide to the Renaissance City. I.B.Tauris. p. 135. ISBN 9781786722768.
  8. Wackernagel, Martin (2011). The World of the Florentine Renaissance Artist: Projects and Patrons, Workshop and Art Market. University of Toronto Press. p. 41. ISBN 9781442611849.
  9. Starke, Mariana (1839). Travels in Europe : for the use of travellers on the continent, and likewise in the Island of Sicily; not comprised in any of the former editions, to which is added an account of the remains of ancient Italy and also of the roads leading to those remains. A. & W. Galignani & Company. p. 73.
  10. "Lessons for Theresa May and the EU from 15th-century Florence". The Economist (in Engels). 24 September 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2018.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]