Rugbywêreldbeker 1995
Rugbywêreldbeker 1995 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Suid-Afrika |
Datums | 25 Mei – 24 Junie |
Aantal nasies | 16 (52 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Suid-Afrika |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Derde plek | Frankryk |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 32 |
Bywoning | 1 100 000 (gem. 34 375 per wedstryd) |
Drieë | 189 (gemiddeld 5.91 per wedstryd) |
Meeste punte | Thierry Lacroix (112)[1] |
Meeste drieë | Jonah Lomu Marc Ellis (7 drieë elk)[2] |
← 1991
|
1999 →
|
Die Rugbywêreldbeker 1995 is van 25 Mei tot 24 Junie 1995 in Suid-Afrika beslis. Dit was die derde rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in Afrika. Dit was die eerste wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; later het dié land ook die Krieketwêreldbeker 2003 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebied. Dit was ook die eerste keer wat ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan weer aan ’n internasionale byeenkoms kon deelneem ná die lang stryd teen apartheid en as ’t ware die eerste groot toernooi vir en in Suid-Afrika ná die einde van dié politieke stelsel. Saam met die Afrikanasiesbeker 1996 was die Rugbywêreldbeker 1995 een van twee groot sportkompetisies in Suid-Afrika binne een jaar.
Die toernooi se formaat van 1987 en 1991 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1995 deelgeneem: die gasheer Suid-Afrika, die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1991-toernooi (Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland), asook die sewe beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, die Ivoorkus, Japan, Roemenië, Tonga en Wallis). Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 in die destydse Vyfnasies gekwalifiseer. Net soos Suid-Afrika het die Ivoorkus vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Namibië het vir die eerste keer aan ’n kwalifisering deelgeneem en vyf wedstryde gewen, maar hulle kon egter nie vir die Rugbywêreldbeker 1995 kwalifiseer nie nadat die beslissende wedstryd teen Marokko in ’n gelykop geëindig het.
Suid-Afrika het die eindstryd op Ellispark in Johannesburg teen Nieu-Seeland met 15–12 gewen, nadat ’n bykomende tien minute ekstra tyd toegestaan is toe die telling 9–9 was.[3] Suid-Afrika het daarmee ná Nieu-Seeland in 1987 die tweede gasheer geword wat die rugbywêreldbekertoernooi tuis gewen het en die derde agtereenvolgende kampioen van die Suidelike Halfrond geword, ná Nieu-Seeland in 1987 en Australië in 1991. Daarbenewens was dit die eerste eindwedstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee spanne van die Suidelike Halfrond gesien het. Frankryk het in die derde en Engeland in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig.
Die Rugbywêreldbeker 1995 het om verskeie redes geskiedenis gemaak: Dit was die eerste groot sporttoernooi op die Afrikavasteland, die eerste rugbywêreldbekertoernooi wat heeltemal in een land aangebied is en die laaste groot toernooi van rugby se amateurera; twee maande later het die IRVR met die professionalisering van dié sport begin. Die Rugbywêreldbeker 1995 word ook wyd onthou vir die samewerking van alle Suid-Afrikaners onder die bewind van Nelson Mandela se regering van nasionale eenheid. Die oorhandiging van die Webb Ellis-beker deur ’n in die Springboktrui geklede Nelson Mandela aan die Springbokkaptein Francois Pienaar is waarskynlik die bekendste gebeurtenis van die Rugbywêreldbeker 1995 en versinnebeeld die versoening tussen “swart” en “wit Suid-Afrikaners”. Die oomblik is glo een van die beroemdste finale van enige sportsoort.[4] Dit was ook die laaste toernooi met die aantal van 16 nasionale rugbyspanne; vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 is die aantal na 20 verhoog. Vir die eerste keer in ’n rugbywêreldbekertoernooi was ’n drie gelyk aan vyf punte; voorheen was dit vier. Daarbenewens het die Rugbywêreldbeker 1995 die opkoms van die Nieu-Seelander Jonah Lomu as ’n rugbyster gesien.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland en die Rugbywêreldbeker 1991 in al die destydse Vyfnasies aangebied is, was Suid-Afrika die enigste rugbynasie, wat tot dusver nog nie ’n rugbywêreldbekertoernooi aangebied het nie. Weens sy apartheidsbeleid was die land egter uit alle vorme van internasionale rugby geskors, hoewel enkele nasionale rugbyspanne steeds toere na Suid-Afrika onderneem het.
Ná die einde van apartheid en Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sporttoernooie het dié land in 1992 weer ’n volle lid van die IRVR geword. Vervolgens is die Rugbywêreldbeker 1995 aan Suid-Afrika toegewys.
Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is onderhandelinge tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se beheerliggame gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Een jaar later, in 1996, is die eerste Drienasiesreeks tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beslis. Sedert Argentinië se aansluiting in 2012 staan dié toernooi as Die Rugbykampioenskap bekend.
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1995 gekwalifiseer: Die agt spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1991 tot die kwarteindrondte gevorder het, het saam met die gasheer Suid-Afrika regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland. Om die oorblywende sewe plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 35 nasionale rugbyspanne meegeding.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | Gasheer | Eerste | – | Debuut | A |
Australië | Regstreeks | Derde | 1991 | Kampioen (1991) | A |
Engeland | 1991 | Naaswenner (1991) | B | ||
Frankryk | 1991 | Naaswenner (1987) | D | ||
Ierland | 1991 | Kwarteindrondte (1987, 1991) | C | ||
Kanada | 1991 | Kwarteindrondte (1991) | A | ||
Nieu-Seeland | 1991 | Kampioen (1987) | C | ||
Skotland | 1991 | Vierde plek (1991) | D | ||
Samoa | Tweede | 1991 | Kwarteindrondte (1991) | D | |
Argentinië | Kwalifiseringsrondte | Derde | 1991 | Groepfase (1987, 1991) | B |
Italië | Derde | 1991 | Groepfase (1987, 1991) | B | |
Ivoorkus | Eerste | – | Debuut | D | |
Japan | Derde | 1991 | Groepfase (1987, 1991) | C | |
Roemenië | Derde | 1991 | Groepfase (1987, 1991) | A | |
Tonga | Tweede | 1987 | Groepfase (1987) | B | |
Wallis | Derde | 1991 | Derde plek (1987) | C |
Stadions
[wysig | wysig bron]Altesaam is nege stadions in nege stede dwarsdeur Suid-Afrika vir die Rugbywêreldbeker 1995 gebruik. Van die stadions is met die oog op die toernooi opgeknap. Ses van die nege stadions is Suid-Afrikaanse toetsgronde. In die vier grootste stadions is die uitklopfase en die eindstryd is op die Johannesburgse Ellispark beslis.
Oorspronklik is ook wedstryde in Brakpan, Germiston, Pietermaritzburg, Potchefstroom en Witbank beplan, maar dié wedstryde is na ander plekke verskuif. Hierdeur is die aantal plekke van 14 tot nege verminder. Die redenasie vir hierdie stap was die geriewe vir beide die pers en die toeskouers, maar ook veiligheid. Die stap is in Januarie 1994 gedoen. Verdere veranderinge is in April onderneem, só is aandwedstryde na stadions met goeie spreiligte verskuif.
Johannesburg, Gauteng | Pretoria, Gauteng | Kaapstad, Wes-Kaap | Durban, KwaZulu-Natal |
---|---|---|---|
Ellispark | Loftus Versfeld | Nuweland | Kings Park |
26°11′51″S 28°3′39″O / 26.19750°S 28.06083°O | 25°45′12″S 28°13′22″O / 25.75333°S 28.22278°O | 33°58′14″S 18°28′6″O / 33.97056°S 18.46833°O | 29°49′30″S 31°1′47″O / 29.82500°S 31.02972°O |
Kapasiteit: 60 000 | Kapasiteit: 50 000 | Kapasiteit: 50 000 | Kapasiteit: 50 000 |
Bloemfontein, Vrystaat | Rugbywêreldbeker 1995 (Suid-Afrika) | ||
Vrystaatstadion | |||
29°7′2″S 26°12′32″O / 29.11722°S 26.20889°O | |||
Kapasiteit: 40 000 | |||
Port Elizabeth, Oos-Kaap | Rustenburg, Noordwes | Oos-Londen, Oos-Kaap | Stellenbosch, Wes-Kaap |
Boet Erasmus-stadion | Olympia-park | Basil Kenyon-stadion | Danie Craven-stadion |
33°58′55″S 25°38′22″O / 33.98194°S 25.63944°O | 25°39′45″S 27°13′19″O / 25.66250°S 27.22194°O | 33°0′24″S 27°54′19″O / 33.00667°S 27.90528°O | 33°56′24″S 18°52′25″O / 33.94000°S 18.87361°O |
Kapasiteit: 38 950 | Kapasiteit: 30 000 | Kapasiteit: 22 000 | Kapasiteit: 16 000 |
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Rugbywêreldbeker 1995 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 25 Mei 1995 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en die verdedigende kampioen Australië afgeskop. Die toernooi het geëindig op Ellispark in Johannesburg op 24 Junie met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1995 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
[wysig | wysig bron]Groep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Die groepwedstryde is op die volgende stede verdeel:
- Groep A: Kaapstad, Port Elizabeth en Stellenbosch
- Groep B: Durban en Oos-Londen
- Groep C: Johannesburg en Bloemfontein
- Groep D: Pretoria en Rustenburg
Groepfase
[wysig | wysig bron]Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 1987 en 1991 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Twee vir ’n gelykop;
- Een vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
1995-effek op 1999-kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die nominale 1999-gasheer (Wallis), die verdedigende kampioen (Suid-Afrika), die naaswenner (Nieu-Seeland) en die derde plek-span (Frankryk) het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer.
Wedstrydbeamptes
[wysig | wysig bron]’n Paneel van 22 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die kwarteindrondte |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Suid-Afrika | 3 | 3 | 0 | 0 | 68 | 26 | +42 | 6 | 9 |
Australië | 3 | 2 | 0 | 1 | 87 | 41 | +46 | 11 | 7 |
Kanada | 3 | 1 | 0 | 2 | 45 | 50 | –5 | 4 | 5 |
Roemenië | 3 | 0 | 0 | 3 | 14 | 97 | –83 | 1 | 3 |
25 Mei 1995 | Suid-Afrika | 27–18 | Australië | Nuweland, Kaapstad | |
15:30 (SAST) | Drieë: Pieter Hendriks, Joel Stransky Doelskop: Joel Stransky Strafdoele: Joel Stransky (4) Skepdoel: Joel Stransky |
Verslag | Drieë: Phil Kearns, Michael Lynagh Doelskop: Michael Lynagh Strafdoele: Michael Lynagh (2) |
Bywoning: 51 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
|
26 Mei 1995 | Kanada | 34–3 | Roemenië | Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth | |
20:00 (SAST) | Drieë: Al Charron, Colin McKenzie, Rod Snow Doelskoppe: Gareth Rees (2) Strafdoele: Gareth Rees (4) Skepdoel: Gareth Rees |
Verslag | Strafdoel: Neculai Nichitean | Bywoning: 18 000 Skeidsregter: Colin Hawke (NZL) | |
30 Mei 1995 | Suid-Afrika | 21–8 | Roemenië | Nuweland, Kaapstad | |
14:30 (SAST) | Drieë: Adriaan Richter (2) Doelskop: Gavin Johnson Strafdoele: Gavin Johnson (3) |
Verslag | Drie: Andrei Guranescu Strafdoel: Ilie Ivancuic |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Ken McCartney (Sko) | |
|
31 Mei 1995 | Australië | 27–11 | Kanada | Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth | |
13:00 (SAST) | Drieë: Michael Lynagh, Tabua Tamanivalu, Joe Roff Doelskoppe: Michael Lynagh (3) Strafdoele: Michael Lynagh (2) |
Verslag | Drie: Al Charron Strafdoele: Gareth Rees (2) |
Bywoning: 16 000 Skeidsregter: Patrick Robin (Fra) | |
|
3 Junie 1995 | Australië | 42–3 | Roemenië | Danie Craven-stadion, Stellenbosch | |
15:00 (SAST) | Drieë: Damian Smith, David Wilson, Joe Roff (2), Michael Foley, Matt Burke Doelskoppe: Matt Burke (2), John Eales (4) |
Verslag | Strafdoel: Ilie Ivancuic | Bywoning: 15 542 Skeidsregter: Naoki Saito (JPN) | |
|
3 Junie 1995 | Suid-Afrika | 20–0 | Kanada | Boet Erasmus-stadion, Port Elizabeth | |
20:20 (SAST) | Drieë: Adriaan Richter (2) Doelskoppe: Joel Stransky (2) Strafdoele: Joel Stransky (2) Kaart: James Dalton 74' |
Verslag | Kaarte: Gareth Rees 74', Rod Snow 74' | Bywoning: 31 000 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
|
Groep B
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 95 | 60 | +35 | 12 | 9 |
Samoa | 3 | 2 | 0 | 1 | 96 | 88 | +8 | 13 | 7 |
Italië | 3 | 1 | 0 | 2 | 69 | 94 | –25 | 7 | 5 |
Argentinië | 3 | 0 | 0 | 3 | 69 | 87 | –18 | 8 | 3 |
27 Mei 1995 | Italië | 18–42 | Samoa | Basil Kenyon-stadion, Oos-Londen | |
13:00 (SAST) | Drieë: Paolo Vaccari, Massimo Cuttitta Doelskop: Diego Domínguez Strafdoel: Diego Domínguez Skepdoel: Diego Domínguez |
Verslag | Drieë: Brian Lima (2), George Harder (2), Darren Kellet, Shem Tatupu Doelskoppe: Darren Kellet (3) Strafdoele: Darren Kellet (2) |
Bywoning: 12 000 Skeidsregter: Joël Dume (Fra) | |
27 Mei 1995 | Argentinië | 18–24 | Engeland | Kings Park, Durban | |
17:00 (SAST) | Drieë: Lisandro Arbizu, Patricio Noriega Doelskop: Lisandro Arbizu Strafdoele: Lisandro Arbizu (2) |
Verslag | Drieë: Rob Andrew (6) Doelskoppe: Rob Andrew (2) |
Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
30 Mei 1995 | Samoa | 32–26 | Argentinië | Basil Kenyon-stadion, Oos-Londen | |
12:30 (SAST) | Drieë: Pat Lam, George Leaupepe, George Harder Doelskop: Darren Kellet Strafdoele: Darren Kellet (5) |
Verslag | Drieë: Strafdrie, Rodrigo Crexell Doelskoppe: José Cilley (2) Strafdoele: José Cilley (4) |
Bywoning: 15 000 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
|
31 Mei 1995 | Engeland | 27–20 | Italië | Kings Park, Durban | |
17:00 (SAST) | Drieë: Rory Underwood, Tony Underwood Doelskop: Rob Andrew Strafdoele: Rob Andrew (5) |
Verslag | Drieë: Massimo Cuttitta, Paolo Vaccari Doelskoppe: Diego Domínguez (2) Strafdoele: Diego Domínguez (2) |
Bywoning: 21 000 Skeidsregter: Stephen Hilditch (Irl) | |
|
4 Junie 1995 | Argentinië | 25–31 | Italië | Basil Kenyon-stadion, Oos-Londen | |
13:00 (SAST) | Drieë: Matías Corral, Rolando Martín, Strafdrie, José Cilley Doelskop: José Cilley Strafdoel: José Cilley |
Verslag | Drieë: Paolo Vaccari, Mario Gerosa, Diego Domínguez Doelskoppe: Diego Domínguez (2) Strafdoele: Diego Domínguez (4) |
Bywoning: 12 000 Skeidsregter: Clayton Thomas (Wal) | |
4 Junie 1995 | Engeland | 44–22 | Samoa | Kings Park, Durban | |
20:00 (SAST) | Drieë: Rory Underwood (2), Neil Back, Strafdrie Doelskoppe: Jon Callard (3) Strafdoele: Jon Callard (5) Skepdoel: Mike Catt |
Verslag | Drieë: Fata Sini (2), Mike Umaga Doelskoppe: Tupo Fa’amasino (2) Strafdoel: Tupo Fa’amasino |
Bywoning: 20 000 Skeidsregter: Patrick Robin (Fra) | |
|
Groep C
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 3 | 3 | 0 | 0 | 222 | 45 | +177 | 29 | 9 |
Ierland | 3 | 2 | 0 | 1 | 93 | 94 | –1 | 13 | 7 |
Wallis | 3 | 1 | 0 | 2 | 89 | 68 | +21 | 9 | 5 |
Japan | 3 | 0 | 0 | 3 | 55 | 252 | –197 | 8 | 3 |
27 Mei 1995 | Japan | 10–57 | Wallis | Vrystaat-stadion, Bloemfontein | |
15:00 (SAST) | Drieë: Osamu Ota (2) | Verslag | Drieë: Gareth Thomas (3), Ieuan Evans (2), Andrew Moore, Hemi Taylor Doelskoppe: Neil Jenkins (5) Strafdoele: Neil Jenkins (4) |
Bywoning: 25 000 Skeidsregter: Efrahim Sklar (Arg) | |
|
27 Mei 1995 | Ierland | 19–43 | Nieu-Seeland | Ellispark, Johannesburg | |
20:00 (SAST) | Drieë: David Corkery, Denis McBride, Gary Halpin Doelskoppe: Eric Elwood (2) |
Verslag | Drieë: Jonah Lomu (2), Josh Kronfeld, Frank Bunce, Glen Osborne Doelskoppe: Andrew Mehrtens (3) Strafdoele: Andrew Mehrtens (4) |
Bywoning: 38 000 Skeidsregter: Wayne Erickson (Aus) | |
|
31 Mei 1995 | Ierland | 50–28 | Japan | Vrystaat-stadion, Bloemfontein | |
15:00 (SAST) | Drieë: Neil Francis, Simon Geoghegan, David Corkery, Eddie Halvey, Niall Hogan, 2 Strafdrieë Doelskoppe: Paul Burke (6) Strafdoel: Paul Burke |
Verslag | Drieë: Sinali-Tui Latu, Ko Izawa, Seiji Hirao, Masanori Takura Doelskoppe: Yoshihito Yoshida (4) |
Bywoning: 15 000 Skeidsregter: Stef Neethling (RSA) | |
|
31 Mei 1995 | Nieu-Seeland | 34–9 | Wallis | Ellispark, Johannesburg | |
20:00 (SAST) | Drieë: Marc Ellis, Walter Little, Josh Kronfeld Doelskoppe: Andrew Mehrtens (2) Strafdoele: Andrew Mehrtens (4) Skepdoel: Andrew Mehrtens |
Verslag | Strafdoele: Neil Jenkins (2) Skepdoel: Neil Jenkins |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
4 Junie 1995 | Japan | 17–145 | Nieu-Seeland | Vrystaat-stadion, Bloemfontein | |
15:00 (SAST) | Drieë: Hiroyuki Kajihara (2) Doelskoppe: Keiji Hirose (2) Strafdoel: Keiji Hirose |
Verslag | Drieë: Marc Ellis (6), Eric Rush (3), Jeff Wilson (3), Robin Brooke (2), Glen Osborne (2), Richard Loe, Simon Culhane, Paul Henderson, Craig Dowd, Alama Ieremia Doelskoppe: Simon Culhane (20) |
Bywoning: 25 000 Skeidsregter: George Gadjovich (Kan) | |
|
4 Junie 1995 | Ierland | 24–23 | Wallis | Ellispark, Johannesburg | |
17:00 (SAST) | Drieë: Eddie Halvey, Nick Popplewell, Denis McBride Doelskoppe: Eric Elwood (3) Strafdoel: Eric Elwood |
Verslag | Drieë: Jonathan Humphreys, Hemi Taylor Doelskoppe: Neil Jenkins (2) Strafdoele: Neil Jenkins (2) Skepdoel: Adrian Davies |
Bywoning: 35 000 Skeidsregter: Ian Rogers (RSA) | |
|
Groep D
[wysig | wysig bron]Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 3 | 0 | 0 | 114 | 47 | +67 | 13 | 9 |
Skotland | 3 | 2 | 0 | 1 | 149 | 27 | +122 | 17 | 7 |
Tonga | 3 | 1 | 0 | 2 | 44 | 90 | –46 | 6 | 5 |
Ivoorkus | 3 | 0 | 0 | 3 | 29 | 172 | –143 | 3 | 3 |
26 Mei 1995 | Ivoorkus | 0–89 | Skotland | Olympia-park, Rustenburg | |
16:00 (SAST) | Verslag | Drieë: Gavin Hastings (4), Kenny Logan (2), Peter Walton (2), Peter Wright, Craig Chalmers, Tony Stanger, Paul Burnell, Graham Shiel Doelskoppe: Gavin Hastings (9) Strafdoele: Gavin Hastings (2) |
Bywoning: 24 000 Skeidsregter: Felise Vito (Sam) | ||
|
26 Mei 1995 | Frankryk | 38–10 | Tonga | Loftus Versfeld, Pretoria | |
18:00 (SAST) | Drieë: Thierry Lacroix (2), Aubin Hueber, Philippe Saint-André Doelskoppe: Thierry Lacroix (3) Strafdoele: Thierry Lacroix (3) Skepdoel: Yann Delaigue |
Verslag | Drie: Tevita Va’enuku Doelskop: Sateki Tuipulotu Strafdoel: Sateki Tuipulotu Kaart: Feleti Mahoni 70' |
Bywoning: 22 000 Skeidsregter: Steve Lander (Eng) | |
|
30 Mei 1995 | Frankryk | 54–18 | Ivoorkus | Olympia-park, Rustenburg | |
18:00 (SAST) | Drieë: Thierry Lacroix (2), Abdelatif Benazzi, William Téchoueyres, Sébastien Viars, Guy Accoceberry, Philippe Saint-André, Arnaud Costes Doelskoppe: Christophe Deylaud (2), Thierry Lacroix (2) Strafdoele: Thierry Lacroix (2) |
Verslag | Drieë: Aboubacar Soulama, Aboubakar Camara Doelskop: Victor Kouassi Strafdoele: Victor Kouassi (2) |
Bywoning: 17 000 Skeidsregter: Han Moon-Soo (Kor) | |
|
30 Mei 1995 | Skotland | 41–5 | Tonga | Loftus Versfeld, Pretoria | |
20:00 (SAST) | Drieë: Scott Hastings, Eric Peters, Gavin Hastings Doelskop: Gavin Hastings Strafdoele: Gavin Hastings (8) |
Verslag | Drie: Ipolito Fenukitau | Bywoning: 21 000 Skeidsregter: Barry Leask (Aus) | |
|
3 Junie 1995 | Ivoorkus | 11–29 | Tonga | Olympia-park, Rustenburg | |
13:00 (SAST) | Drie: Alfred Okou Strafdoele: Athanase Dali (2) |
Verslag | Drieë: Manakaetau 'Otai, Sateki Tuipulotu, Strafdrie, Pouvalu Latukefu Doelskoppe: Sateki Tuipulotu (3) Strafdoel: Sateki Tuipulotu |
Bywoning: 16 000 Skeidsregter: Don Reordan (VSA) | |
|
3 Junie 1995 | Frankryk | 22–19 | Skotland | Loftus Versfeld, Pretoria | |
17:00 (SAST) | Drie: Émile Ntamack Doelskop: Thierry Lacroix Strafdoele: Thierry Lacroix (5) |
Verslag | Drie: Rob Wainwright Doelskop: Gavin Hastings Strafdoele: Gavin Hastings (4) |
Bywoning: 40 000 Skeidsregter: Wayne Erickson (Aus) | |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
10 Junie – Johannesburg | ||||||||||
Suid-Afrika | 42 | |||||||||
17 Junie – Durban | ||||||||||
Samoa | 14 | |||||||||
Suid-Afrika | 19 | |||||||||
10 Junie – Durban | ||||||||||
Frankryk | 15 | |||||||||
Frankryk | 36 | |||||||||
24 Junie – Johannesburg | ||||||||||
Ierland | 12 | |||||||||
Suid-Afrika | 15 | |||||||||
11 Junie – Kaapstad | ||||||||||
Nieu-Seeland | 12 | |||||||||
Engeland | 25 | |||||||||
18 Junie – Kaapstad | ||||||||||
Australië | 22 | |||||||||
Engeland | 29 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
11 Junie – Pretoria | ||||||||||
Nieu-Seeland | 45 | 22 Junie – Pretoria | ||||||||
Nieu-Seeland | 48 | |||||||||
Frankryk | 19 | |||||||||
Skotland | 30 | |||||||||
Engeland | 9 | |||||||||
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]10 Junie 1995 | Frankryk | 36–12 | Ierland | Kings Park, Durban | |
13:10 (SAST) | Drieë: Philippe Saint-André, Émile Ntamack Doelskop: Thierry Lacroix Strafdoele: Thierry Lacroix (8) |
Verslag | Strafdoele: Eric Elwood (4) | Bywoning: 20 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
10 Junie 1995 | Suid-Afrika | 42–14 | Samoa | Ellispark, Johannesburg | |
15:30 (SAST) | Drieë: Chester Williams (4), Chris Rossouw, Mark Andrews Doelskoppe: Gavin Johnson (3) Strafdoele: Gavin Johnson (2) |
Verslag | Drieë: Shem Tatupu, Toetu Nu’uali’itia Doelskoppe: Tupo Fa’amasin (2) |
Bywoning: 50 000 Skeidsregter: Jim Fleming (Sko) | |
|
11 Junie 1995 | Engeland | 25–22 | Australië | Nuweland, Kaapstad | |
13:00 (SAST) | Drie: Tony Underwood Doelskop: Rob Andrew Strafdoele: Rob Andrew (5) Skepdoel: Rob Andrew |
Verslag | Drie: Damian Smith Doelskop: Michael Lynagh Strafdoele: Michael Lynagh (5) |
Bywoning: 35 448 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
|
11 Junie 1995 | Nieu-Seeland | 48–30 | Skotland | Loftus Versfeld, Pretoria | |
15:30 (SAST) | Drieë: Walter Little (2), Jonah Lomu, Andrew Mehrtens, Frank Bunce, Sean Fitzpatrick Doelskoppe: Andrew Mehrtens (6) Strafdoele: Andrew Mehrtens (2) |
Verslag | Drieë: Doddie Weir (2), Scott Hastings Doelskoppe: Gavin Hastings (3) Strafdoele: Gavin Hastings (3) |
Bywoning: 28 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]17 Junie 1995 | Suid-Afrika | 19–15 | Frankryk | Kings Park, Durban | |
16:30 (SAST) | Drie: Ruben Kruger Doelskop: Joel Stransky Strafdoele: Joel Stransky (4) |
Verslag | Strafdoele: Thierry Lacroix (5) | Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Derek Bevan (Wal) | |
18 Junie 1995 | Engeland | 29–45 | Nieu-Seeland | Nuweland, Kaapstad | |
15:00 (SAST) | Drieë: Will Carling (2), Rory Underwood (2) Doelskoppe: Rob Andrew (3) Strafdoel: Rob Andrew |
Verslag | Drieë: Jonah Lomu (4), Josh Kronfeld, Graeme Bachop Doelskoppe: Andrew Mehrtens (3) Strafdoel: Andrew Mehrtens Skepdoele: Zinzan Brooke, Andrew Mehrtens |
Bywoning: 51 000 Skeidsregter: Stephen Hilditch (Irl) | |
|
Bronseindstryd
[wysig | wysig bron]22 Junie 1995 | Frankryk | 19–9 | Engeland | Loftus Versfeld, Pretoria | |
17:00 (SAST) | Drieë: Olivier Roumat, Émile Ntamack Strafdoele: Thierry Lacroix (3) |
Verslag | Strafdoele: Rob Andrew (3) | Bywoning: 38 000 Skeidsregter: David Bishop (NZL) | |
|
Eindstryd
[wysig | wysig bron]24 Junie 1995 | Suid-Afrika | 15–12 (e.t.) | Nieu-Seeland | Ellispark, Johannesburg | |
15:00 (SAST) | Strafdoele: Joel Stransky (3) Skepdoele: Joel Stransky (2) |
Verslag | Strafdoele: Andrew Mehrtens (3) Skepdoel: Andrew Mehrtens |
Bywoning: 62 000 Skeidsregter: Ed Morrison (Eng) | |
|
Rugbywêreldkampioen 1995 |
---|
Suid-Afrika |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Finale puntestand
[wysig | wysig bron]Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1995.[14]
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Suid-Afrika | A | 6 | 6 | 0 | 0 | 144 | 13 | 8 | 18 | 3 |
2 | Nieu-Seeland | C | 6 | 5 | 0 | 1 | 327 | 41 | 34 | 14 | 4 |
3 | Frankryk | D | 6 | 5 | 0 | 1 | 184 | 17 | 9 | 26 | 1 |
4 | Engeland | B | 6 | 4 | 0 | 2 | 158 | 11 | 8 | 25 | 4 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Skotland | D | 4 | 2 | 0 | 2 | 179 | 20 | 14 | 17 | 0 |
6 | Samoa | B | 4 | 2 | 0 | 2 | 110 | 14 | 8 | 8 | 0 |
7 | Australië | A | 4 | 2 | 0 | 2 | 109 | 12 | 11 | 9 | 0 |
8 | Ierland | C | 4 | 2 | 0 | 2 | 105 | 13 | 11 | 6 | 0 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Wallis | C | 3 | 1 | 0 | 2 | 89 | 9 | 7 | 8 | 2 |
10 | Italië | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 69 | 7 | 5 | 7 | 1 |
11 | Kanada | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 45 | 4 | 2 | 6 | 1 |
12 | Tonga | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 44 | 6 | 4 | 2 | 0 |
13 | Argentinië | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 69 | 8 | 4 | 7 | 0 |
14 | Japan | C | 3 | 0 | 0 | 3 | 55 | 8 | 6 | 1 | 0 |
15 | Ivoorkus | D | 3 | 0 | 0 | 3 | 29 | 3 | 1 | 4 | 0 |
16 | Roemenië | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 14 | 1 | 0 | 2 | 0 |
Algeheel | 32 | 1730 | 189 | 130 | 158 | 16 |
Meeste punte en drieë
[wysig | wysig bron]Meeste punte aangeteken:[1]
|
Meeste drieë gedruk:[2] |
Rolprent
[wysig | wysig bron]Die Rugbywêreldbeker 1995 vorm die hoofonderwerp van die 2009-rolprent Invictus (Latyn; Afrikaans: “Die onoorwonne”). Dié rolprent is op die boek Playing the Enemy deur John Carlin gebaseer en beskryf hoe die destydse Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela tydens die toernooi met sy ondersteuning vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke, Suid-Afrika oor rassegrense heen verenig het. Die regie is behartig deur Clint Eastwood en die hoofkaraktere Nelson Mandela en Francois Pienaar word deur Morgan Freeman en Matt Damon onderskeidelik vertolk.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Rugby World Cup 1995: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Rugby World Cup 1995: Player Stats". rugbyworldcup.com. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "1995: Party time for SA". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Rugby World Cup history". BBC. 7 Oktober 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "'Battle of Boet Erasmus' remembered". Nuus24. 3 Junie 2015. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 (en) "Statsguru / Test matches / Player records / Rugby World Cup / Tries scored: greater than or equal to 3". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2018. Besoek op 3 November 2018.
- ↑ 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "World Cup records". BBC. 26 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) Tony Smith (6 Oktober 2019). "Rugby World Cup: Where are the 1995 All Blacks now?". Stuff. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ 9,0 9,1 (en) "All Time RWC Player Records". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2016. Besoek op 24 Januarie 2016.
- ↑ (en) "All Time RWC Team Records". rugbyworldcup.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2016. Besoek op 24 Januarie 2016.
- ↑ (en) Robert Colereports (26 Mei 1995). "Tonga rattle French until sending-off". The Independent. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) Pirate Irwin (4 Oktober 2007). "Max Brito at end of tether after 12-year struggle". Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 Oktober 2019.
- ↑ (en) "1995: England 25–22 Australia". BBC. 24 September 2003. Besoek op 28 Oktober 2024.
- ↑ (en) "Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records". ESPNscrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2020. Besoek op 23 Junie 2020.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
- (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
- (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Rugbywêreldbeker 1995. |
- (en) Amptelike Rugbywêreldbekerwebwerf
- (en) Volledige uitslae en statistiek by ESPN
- (en) Mandela and Pienaar crown a new South Africa – Reliving Rugby World Cup 1995
- (en) Rugby World Cup Standings – 1995
- (en) Rugbywêreldbekerskeidsregters by RugbyRefs.com Geargiveer 1 April 2015 op Wayback Machine
- (en) John Carlin: How apartheid died on a rugby field, 7 Oktober 2008, Cape Argus, bl. 13 & iol.co.za